Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Abraham verskyn aan die tempeldienaars

162 Petrus bring My opdrag aan die tempeldienaars oor, wat daarop vinnig na My toe kom en sê: “Heer, u het ons reeds die grootste bewyse gelewer, sodat ons nou nie die minste twyfel meer het oor wat en wie U is nie, en ons verlang daarom geen teken meer van U nie; maar as U tog een wil doen, dan sal ons U seker uit die diepste grond van ons hart dankbaar wees!”

[2] Ek sê: “Julle sien nou wel min of meer in dat Ek die beloofde Messias is, en dat daar na My geen ander meer sal kom nie; maar julle sien nog nie in dat die Messias niemand anders is as dieselfde JaHWeH wat op die berg Sinai aan Moses die wette gegee het, en daarom op die laaste feesdag in die tempel tereg van Homself kon sê: “Voor Abraham was Ek!”, waarvoor julle My dan ook wou stenig. Omdat julle dit sal insien, ervaar en daarna ook vas sal glo, sal Ek vir julle `n besondere teken doen. Let dus almal goed op wat daar gaan gebeur!

[3] Omdat Ek ook Heer van die geesteswêreld is, wil Ek nou dat My Abraham hier verskyn, en teenoor julle van My getuig; as hy daar is, kan julle self met hom praat!”

[4] Daarop daal `n ligte wolk op die heuwel neer, en uit die wolk tree Abraham te voorskyn, buig diep voor My en sê: “Hoe buitengewoon en hoe lank het ek my al verheug op die dag van U verskyning en my vreugde oorskry nou alle grense omdat ek U dag op aarde gesien het! Maar hoe baie ek my ook oor U verheug, o Heer JaHWeH Sebaot, so weinig rede het ek om my oor my nakomelinge te verheug! Waarlik, die nakomelinge van Hagar is in hulle handelswyse veel beter as die nakomelinge van Sara!

[5] O Heer, U liefde vir die ontaarde geslag en U geduld daarmee, oorskry alle grense van U oneindige skeppings!

[6] Toe ek U destyds gevra het om nog die tien stede met Sodom en Gomorra te spaar, terwille van die enkele regverdighede, lui U antwoord bitter: U sou hulle wel wil gespaar het as daar slegs tien, en ten slotte slegs twee of drie, volkome regverdiges daar was. Omdat ook dit nie daar was nie, op Lot na, spaar U die tien stede nie, red slegs vir Lot, en al die ander word deur vuur vernietig.

[7] As ek nou hierdie nakomelinge van my sien, dan is daar op die drievoudige aantal van die toenmalige inwoners van die tien stede nouliks één regverdige, en U, o Heer, spaar nog die geslag van hoereerders en egbrekers! Vir U onbegrensde liefde en groot geduld vervolg die ellendiges U en is besiel deur die kwade waan- denkbeeld om U selfs te dood.

[8] O Heer, laat U te groot geduld tog eens vaar! O Heer, ek het lank gewag vir Isak; alleen U krag het hom in die liggaam van Sara verwek. Toe hy al `n aansienlike jong man geword het, verlang U, om my geloof en gehoorsaamheid te toets, dat ek hom aan U sou offer. Ek onderwerp my aan U wil; maar Uself beveel my om die werk, wat U my opgedra het, geheel ten uitvoer te bring, besorg my `n bok, wat ek in Isak se plek moes offer, en gee my Isak terug. O, hoe het dit my hart nie goed gedoen nie!

[9] Maar dit sou beter gewees het dat ek in plek van die bok tog vir Isak geoffer het, sodat daar uit hom geen geslag voortgekom het nie, wat reeds aan die voet van die Sinai, in U heilige aanwesigheid, `n goue kalf begin aanbid het, en wat nou slegter geword het as die mees duistere heidene en ander kinders van die wêreld, wat deur die slang verwek is deur die groot hoerery van Babel. O Heer, strek eenmaal U regterhand uit en verdelg U vyande!”

[10] Hierdie woorde spreek die gees van Abraham met baie ernstige stem en groot nadruk.

[l 1] Maar Ek sê aan hom: “Jy weet dat Ek die mense voortaan nie meer deur My ywer, maar alleen deur homself wil laat rig, terwille van die enkele regverdiges wat nog nie voor die mammon van hierdie wêreld hulle knieë gebuig het nie. Daarom laat Ons die wêreld, wat uit vrye wil stom en blind is, nou haar eie weg gaan en die oordeel voltrek, wat hulle self veroorsaak en wat tot haar ondergang sal lei.

[12] Maar My ware kinders wil Ekself langs die weë van die lig en die paaie van die lewe lei. Wat te red is, sal nou ook gered word; wie hom egter nie wil laat red en nie vry wil word van die selfveroorsaakte oordeel en die dood nie, sal ook oes wat hy wil!

[13] Wil iemand die vryheid en daarmee die ewige lewe, dan sal hy dit ook vind; wil iemand egter die oordeel en die dood, dan sal ook dit sy deel wees! Want van nou af aan sal geen Judeër meer kan sê: “Ek sou ook wel die weë van die lig gegaan het as ek daar iets oor geweet het!”- Ek het oral Self geleer en gewerk, en vandag nog sal Ek sewentig leerlinge uitstuur, wat My leer na alle eindes van die hele ou Judese ryk sal uitdra en verkondig aan heidene en Judeërs, en binne een jaar sal in My Naam My oudste en eerste leerlinge die evangelie in die hele wêreld uitdra. Heil aan elkeen wat dit sal aanneem en hulle lewe daarvolgens sal rig!”

[14] Hierop buig die gees van Abraham weer diep voor My, dank My en verdwyn.

[15] Toe sê beide fariseërs: “Majesteit, Majesteit en Heer van ewigheid, dit was `n groot teken; en ons dink: as ook die ander fariseërs dit sou gesien het, sou hulle seker ook gelowig word, netsoos ons. Waarom verrig U tog nie vir hulle so `n teken nie?”

[16] Ek sê: “Omdat juis Ek die allerbeste weet wat hulle van so `n teken sou sê! Julle vier is nou wel die laastes wat nog uit die tempel te red was; met alle ander word dit niks meer nie! Ondanks dit sal Ek egter nog meermale in die tempel onderrig en ook tekens doen; julle kan julle dan self daarvan oortuig watter indruk dit op die tempeldienaars sal maak. Ja, daar sal nog veel mense in My glo, maar hierdie hoë here van die tempel sal dit in hierdie wêreld nooit!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205