Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die gees, die mees innerlike krag

75 Agricola sê: “Hemelse vriend, dit is werklik onmoontlik om dit vir iemand nog helderder en duideliker uit te lê as wat jy dit vir my en ons almal gedoen het! Maar dat ons alles nog nie ten volle so kan begryp soos jy nie, sal vir jou sekerlik nog veel duideliker wees as vir ons, want sake waarvoor die aardse mens nog nie voldoende begripsvermoë het nie, kan hy ook met die beste wil van die wêreld nooit in die korrekte lig sien nie. Maar wat wel volledig duidelik vir my geword het, is dat alle egte realiteite eintlik slegs in die suiwer geestelike gesoek moet word en dan ook ongetwyfeld daar te vinde is. Ek sou slegs vir jou, beste hemelse vriend, nog om `n paar konkrete voorbeelde wil vra om nog beter te kan begryp wat jy ons oor die suiwer geestelike geleer het. Want kyk, ons Romeine het `n ou spreuk en dit lui: Longum iter per praecepta, brevis et efficax per exempla! (Lank is die weg deur onderrig, kort en vrugbaar deur voorbeelde!) En dit is beslis `n ou en baie ware stelling. `n Klein en kort voorbeeld sê vir `n ondersoekende mens gereeld en bykans altyd meer as wat alle teoretiese leerstellings en grondbeginsels in staat is om te sê, en juis om die rede vra ek jou dan ook om enkele klein en goeie voorbeelde.”

[2] RafaEl sê: “Ja, my vriend, jy sou nog veel meer baie voor die hand liggende duidelike voorbeelde gegee kan word, maar daarmee sal jy die suiwer geestelike tog nie heeltemal met jou natuurlike sintuie kan begryp nie. Die Gees, wat oral die mees innerlike krag is, deurdring alles, sien alles en bedwing alles - en dit sal jou gees ook doen, maar nog nie vandag en ook nie more nie, maar eers wanneer alles in jou in die volle waarheid georden sal wees.

[3] Kyk net na die leerlinge van die Heer, waarvan daar nou nog twee benede in die tempel is; één van die twee is aan die wêreld verslaaf! Sien, hierdie leerlinge - met uitsondering van die een - het al byna die punt bereik waarop ek my, as suiwer gees, nou bevind; maar dit was vir hulle beslis nie so maklik om sover te kom as wat jy jou dit miskien voorstel nie. Hulle was merendeels vissers aan die meer van Galilea in die omgewing van Kapernaum en was in besit van huise en grond en het vroue en kinders, en sien, hulle het alles verlaat en volg die Heer gewillig en met groot vreugde, terwille van God se ryk en om Sy Krag en Mag te verkry! En omdat hulle suiwer terwille van die ryk van God die hele wêreld die rug toegekeer het, het hulle ook in `n kort tyd in hulleself dit bereik wat jy as `n groot man van die wêreld eers geleidelik aan sal kan bereik.

[4] Jy sal dit bereik na gelang van jou liefde tot JaHWeH God en na gelang van jou liefde tot jou medemens; want die sterkte van jou liefde tot God en tot jou naaste sal jou aangee hoeveel daar van God se ryk in jou ontwaak en ryp geword het.

[5] God se ryk in jou is hierdie liefde in jou, en die liefde is ook jou gees as die enigste waarheid, werklikheid en die ewige, onverganklike lewe. Wel, dat dit is netsoos wat ek dit nou vir jou aangegee het, kan selfs die beste gekose voorbeeld jou nie laat sien nie, maar moet dit in jouself ervaar. Tot op die oomblik dat jy dit self ervaar, geld: Glo en hoop op die sekere vervulling van alles wat die Heer as die oerewige waarheid aan jou en aan julle almal getrou belowe het!

[6] Desondanks wil ek jou egter tog `n paar tekens as voorbeeld gee, waardeur jy nog iets duideliker sal sien, dat alle oerstof en alle realiteite slegs in die gees te vinde is. Julle Romeine het ook `n spreuk, wat ons hier baie goed kan aanhaal. Kyk, julle spreuk lui as volg: Quod a principio non valet, aut valere nequit, etiam in successu non aliquid valere potest; ex nihilo nihil erit. (Wat van die begin af geen krag het of kan hê nie, kan ook later niks tot stand bring nie; uit niks kom niks voort nie). Daaruit volg menslik geredeneer baie duidelik dat die suiwer geestelike `n reële iets moet wees; want as dit volgens die materiële voorstellings van die mens een of ander niks sou gewees het wat onmoontlik van homself bewus kan wees, hoe sou dit dan ooit in ewigheid iets kan word wat van homself bewus is?!

[7] Omdat alles wat daar is, uit die suiwer geestelike kan plaasvind en ontstaan en bestaan, moet die suiwer geestelike immers vóór alles `n ware “iets” wees, sodat elke ander iets daaruit oorsaaklik kan voortkom. In die saadkorrel is derhalwe slegs die gees wat in die kiemhuls rus `n werklike iets, terwyl die hele res van die saadliggaam op sigself heeltemal niks is nie, maar dit wat dit is, slegs daar is deur die daarin wonende gees. Hierdie gees werk volgens die intelligensie wat in hom woon, deur die krag van sy wil, en daaruit ontstaan `n plant, `n struik, `n boom, `n dier, en selfs `n hele wêreld.

[8] Wat die gees in homself is, het ek jou inmiddels al meermale uitgelê. Maar dit kan jy nou nog nie tot in die diepste betekenis begryp nie, omdat jou eie gees jouself nog nie deurdring nie, maar jy kan tog al in soverre in jou siel `n voorstelling daarvan maak, dat die oerbeginsel van die gees `n lewende en in hom van homself oorduidelik bewuste vuur en lig is, en derhalwe die hoogste liefde en die hoogste wysheid self is. Meer kan ook die Heer Self nie vir jou daaroor sê nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205