|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 211
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die weersien met Cyrenius
211 (Die Heer): “Toe Cyrenius aan die oewer kom, sê hy aan die hooggeplaastes wat hom geluk wens: “Ek dank julle vir julle opregte meelewing met die ongeluk wat my sekerlik te wagte sou gestaan het; maar dit is uiters verbasingwekkend, hoe die geweldig tekere gaande storm so skielik gaan lê het. Dit laat my heeltemal dink aan dieselfde gebeurtenis by Ostrasine in Egipte. Daar was toe `n wonderbaarlik Kind van `n Judese familie wat daarheen gevlug het. Hy kon die storm ook so skielik laat bedaar, terwyl Hy omgekeerd ook `n storm te voorskyn kon roep. Dit sal ongeveer twintig jaar gelede wees. Ek het al alles probeer om te laat uitvind waar daardie gesin bly, maar tot nog toe was dit alles tevergeefs. Ek het nou ook al lank nie meer aan daardie gesin gedink nie; maar die skielike ophou van hierdie storm het, wat daardie vergelykbare verskynsel, wat ek, netsoos wat ek gesê het, al voorheen meegemaak het, weer in my herinnering geroep.
[2] Dit is werklik hoogs merkwaardig! As so `n storm hier begin raas duur dit etlike dae tot die groot see weer so rustig geword het dat mens dit met `n skip kan aandurf om op die see te gaan, - en kyk nou net hoe rustig die hele see geword het, sonder enige golfslag! Wat my ook so wonderlik vreemd voorkom, is hoe my skip, as te ware deur `n geheime krag getrek, vinnig die oewer genader het. Ek sê vir julle dat dit nie op natuurlike wyse gebeur het nie!”
[3] `n Hooggeplaaste persoon sê aan Cyrenius: “Kyk eers na die oop vooruitstekende plek in die see. Daar sien jy nog die vier mense. `n Man van ongeveer twintig jaar oud wat tydens die storm Sy hande uitgestrek het om die storm die swye op te lê, en die storm het geswyg. Ons weet nie wie Hy is nie, maar beskou Hom in die eerste instansie tog as `n Profeet van die Judeërs; want `n Judeër is Hy, aan Sy klere te sien. Of Hy die storm werklik deur Sy magswoord laat bedaar het, durf ons nie met sekerheid beweer nie, maar dit bly merkwaardig dat die storm presies op die oomblik toe hy Sy bevel hardop uitgespreek het, gaan lê het. Dit sou werklik die moeite werd wees om uit te vind wat en wie hierdie Man is.”
[4] Cyrenius sê: “Wag eers, daar gaan nou vir my `n lig op! Dit kan baie maklik wees dat dié Man nou juis die wonderlike Seun is van daardie gesin waaroor ek so pas gepraat het. Ek moet self met Hom praat!”
[5] Toe hardloop Cyrenius na die plek waar Ons vier nog gestaan het en vanwaar Ons die nou rustige see met sy veelsoortige verskynsels gadeslaan, asook die mees verskillende soorte seevisse en ander gediertes, wat hulle hier, gedwing deur My wil, moes laat sien.
[6] Toe Cyrenius by Ons aankom, vra hy aan Josef, wat hy hom nog taamlik goed herinner: “Vriend, is jy nie dieselfde Judeër wat ongeveer twintig jaar gelede vanweë die vervolging deur die ou Herodus, met sy klein gesin met my hulp na Egipte, en wel na Ostrasine gevlug het nie? En as jy dit is, sê my dan ook wat van daardie klein wonderbaarlike Jongetjie geword het, wat ek as `n God aangesien het!”
[7] Josef maak `n diep buiging en sê: “Eerbiedwaardige, dit is `n te groot eer wat u Ons, arme timmerliede uit Nasaret, bewys het deur self na Ons toe te kom, terwyl u tog maar hoef te gebied dat Ons na u moes kom! Maar noudat u al hier is, sê ek u met my hart vol dankbaarheid vir al die goeie, wat u my en my gesin inderdaad ongeveer twintig jaar gelede, reeds hier en later in Egipte, bewys het, dat ek werklik dieselfde timmerman Josef is en dat ook hierdie nou volwasse jong Man, nou ook timmerman, presies dieselfde is wat u toe as `n wonderbaarlike Jongetjie leer ken het.”
[8] Toe Cyrenius dit hoor, begin sy gesig werklik te straal van vreugde.
[9] Hy omarm Josef en oorlaai hom met kusse en wend hom toe tot My en sê: “O Heer, ag U my, groot sondaar in U oë, wel waardig om U ook te kus?”
[10] Ek sê: “Heil aan jou en alle heidene, dat julle My in julle sonde baie vroeër herken het, as die Judeërs in hulle lig! Daarom sal ook die lig van die lewe van die Judeërs ontneem word en aan julle heidene gegee word. Kom jy maar en kus My! Want wie met jou liefde na My toe kom, ook al kleef daar soveel sonde aan sy siel soos wat daar gras op die hele aarde en sand in die groot see is, Ek sal hom nie verstoot nie, maar hom opneem netsoos `n vader sy seun sou opneem, wat weliswaar vir hom verlore gegaan het, maar wat hy weer teruggevind het!”
[11] Toe Ons Cyrenius sulke woorde uit My mond verneem, was hy tot trane toe beweeg, hy kom na My toe, omarm My en kus My sonder ophou. Eers daarna dank hy My vir die wonderbaarlike redding uit die groot lewensgevaar. Terselfdertyd nooi hy Ons uit om saam na sy woonplek te gaan, waar hy Ons gasheer wil wees en Ons hom alles moes vertel wat daar in die tussentyd met Ons gebeur het.
[12] Maar Ek sê: “Liewe Cyrenius, vanaand sal Ons wel gehoor gee aan jou wens; maar more vroeg moet Ons by hierdie Griek wees, wat meer as sewe uur hiervandaan woon, omdat Ons daar `n nuwe woonhuis en `n groot varkstal moet bou.”
[13] Cyrenius sê: “Goed, my goddelike Vriend, - ekself sal julle daarheen begelei en omdat ek nou `n tyd lank nie hoef te werk nie, sal ek ook enkele dae by Julle bly. Want noudat ek Julle weer eenmaal gevind het, wil ek Julle nie so gou weer uit die oog verloor nie!”
[14] Ek sê: “Dit is alles baie goed, die beste en mooi van jou, en Ons sal ook gehoor gee aan jou uitnodiging. Maar nou sou Ons graag nog `n tydjie hier bly; want Ek wil My broer Jakobus en ook hierdie brawe Griek Anastocles die verskillende diere van die see laat sien en daarvoor sal Ons nog wel `n paar uur nodig hê.”
[15] Cyrenius sê: “O Heer, dit sou ekself ook wel graag wil sien en seker ook die ander daar, wat in die klein hawe op my wag!”
[16] Ek sê: “Baie goed, laat hulle almal hier kom, want dit is die gunstigste plek daarvoor!”
[17] Toe laat Cyrenius alle ander na hom toe kom, en daar was byna sewentig. Hulle gaan langs die rand van die verhoogde vooruitstekende plek staan en was baie gou buite hulleself van verbasing, toe hulle op die spieëlgladde see-oppervlak diere sien verbytrek wat hulle nog nooit tevore gesien het nie.
[18] Cyrenius sê vol verbasing: “O eindeloos groot fantasie van die een ware God! Wat `n oneindige groot volheid van beliggaamde gedagtes van God! Wat `n oneindige verskeidenheid! Wat `n kolosse van seemonsters kom telkens weer hiernatoe, aangetrek deur `n onsigbare skeppende krag! Ruim `n uur duur hierdie wonderbaarlike prosessie al, en nog lank is die einde nie in sig nie! Nie eens `n duisendste deel ken ons by naam nie en U, o Heer, roep hulle in U wil volgens U wysheid sekerlik by hulle naam en alle diere volg U almagtige roep! O, almal wat hier is moet goed kyk, want julle sien nou wat die oog van `n sterflike mens nog nooit gesien het nie!”
[19] `n Hooggeplaasde vra aan Cyrenius of Ek dit alles veroorsaak.”
[20] Cyrenius sê: “Wie anders? Ons beide in elk geval nie!”
[21] Die hooggeplaasde sê: “As die Man dit kan doen, dan moet Hy sonder meer `n God wees, en dan sal ons Hom wel goddelike eer moet laat bewys deur ons priesters!”
[22] Cyrenius sê: “Doen dit maar nie; want ek ken Hom al lank en weet die beste wat Hy wil en wat Hom welgevallig is! Met `n priester sou ons Hom maar net van ons verdryf.”
[23] Toe Ons Cyrenius dit aan die hooggeplaasde gesê het, neem hy die woord priester nie meer in die mond nie.
[24] Daar kom nou die mees seldsame skulp- en skaaldiere verby geswem en Cyrenius spreek die wens uit dat hy, as aandenkings aan hierdie wonderbaarlike dag, graag enkele van die pragtige skulpe en horings sou besit.
[25] Ek sê aan hom: “Sê dan aan een van jou dienare, dat hy met `n vaartuig op die water hiernatoe moet kom, dan sal Ek hom van daaraf wel aanwys welke eksemplare, wat al volwasse is, hy uit die water moet haal!”
[26] Dit gebeur onmiddellik. Binne enkele oomblikke roei onder die vooruitstekende rotspunt drie aansienlikee vaartuie en die handige vissers haal almal deur My aangewese, prageksemplare uit die water en vul hulle bote daarmee.
[27] Toe sê Ek aan Cyrenius: “Laat hulle vir vannag in kalkhoudende water lê, haal môre elke eksemplaar behoedsaam daaruit en reinig die mooi skulp van die vlesige inhoud, droog hom goed af en vryf hom dan aan die binnekant in met bietjie nardus-olie! Dan kan hulle in jou skatkamer as aandenkings bewaar word!”
[28] Ook dit word noukeurig uitgevoer en Cyrenius kom daardeur aan `n skat, wat enkele duisende ponde goud werd was.
[29] Na twee uur was die verbytrekkende stoet ten einde, en maak Ons aanstaltes om Ons plek te verlaat.”
|
|
|
|
|