|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 160
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Geloof en beskouing. Die geestelike ontwikkelingsgang van die man uit Opper-Egipte
160 Petrus sê: “Ja, vriend, as jy weet wat ons weet, wat wil jy dan nog meer? Is dan “vas en onwrikbaar glo” nie dieselfde as “beskouing in die gees” nie?”
[2] Die man uit Opper-Egipte sê: “Daarmee het jy wel ten dele gelyk, maar tog nie heeltemal nie! Die vaste en onwrikbare geloof van die siel wek in die mens wel `n volledige strewe en `n hoopvolle vertroue, dat hy wat hy glo ook eens werklik kan en sal beskou; as die geloof in krag en vastheid toeneem, groei egter ook die begeerte en die verlange om die geloof ook eenmaal in sy volheid te beskou en daardeur ten volle deel daaraan te hê. En kyk, vriend, so staan die geestelike beskouing wel onbeskryflik veel hoër as die suiwer geloof; want die geestelike waarneem is immers die ewige kroon van die geloof!”
[3] Petrus sê: “Ja, daarin het jy wel heeltemal gelyk; maar die Heer is nou eenmaal nie baie vrygewig met die gawe van die beskouing nie. So nou en dan het Hy ons enkele oomblikke die geestelike sig toegestaan; maar van `n blywendheid van die saligmakende vermoë van die siel, was tot nou toe nog geen sprake nie.”
[4] Die man uit Opper-Egipte sê: “Wel, dit bedoel ek ook! Hy het julle dit egter al meermale belowe. Daardie vermoë sal julle ook eers kry, wanneer julle in die gees volkome uit Hom wedergebore word. En dan moet ons as mense, wat nog in die vlees is, ook nie dink dat ons niks anders te doen het as maar net die wonders van Sy oneindige skeppings te aanskou nie; want ons het hier op hierdie aarde uit liefde tot Hom en uit liefde tot die naaste nog baie pligte te vervul, en dit beteken nie net beskou nie. Maar die mens moet hom ook so nou en dan `n Sabbatsrus gun, en dan kan en moet hy beskou, of hom altans oefen in die innerlik geestelike waarneming. Die blywende volledige beskouing kry die mens eers na die aflê van die liggaam. - Dink jy dit ook nie?”
[5] Petrus sê: “Nou verseker, maar ek verwonder my hoe jy in julle wildernis tot die innerlike, ware lewenswysheid gekom het! Wie was jou leraar?”
[6] Die man uit Opper-Egipte sê: “Merendeels ekself deur my rustelose soek en ondersoek! Maar my vader was landmeter in Memphis, Thebe en Diathira, en die kuns het ek van hom geleer. Toe ek die kuns volledig onder die knie het, begin hy my in die groot, verborge geheime van die tempel in Jabusimbil in te wy; maar hy sterf nog voor ek in alles ingewy was.
[7] Sy dood was vir my `n verlies van duisend lewens. Ek trek daarom met my metgeselle so ver as dit maar moontlik was Nyl opwaarts. Daar vind ons grotte, wat ons voldoende beskutting gee teen die gloeiende sonstrale. Die grotte lê naby aan die Nyl, wat met duisend watervalle tussen die magtige rotswande deurkronkel. Verder as tot daar kon jy nie meer langs die rivier gaan nie, tensy ons veel verder na benede na regs sou afgebuig het die groot woestyn in en dan die weg van die Nubiërs gevolg het; maar sonder water sou ons daar, saam met die bokke wat ons saamgeneem het, baie gou versmag het. Kortom, by die grotte vind ons nog `n laaste plekkie waar bietjie gras groei en kon ons diere voldoende voedsel vind. En so besluit ons om met ons klein gesinne daar te bly.
[8] Toe ek die eerste nag, my in die beskerming van die groot God aanbevelend, in die grot oornag, verskyn my gestorwe vader in my droom, en leer my wat ek moes doen, en hoe ek my moes gedra om verder daar te kan lewe. Hy vertel my ook, dat daar in die omgewing baie roofdiere, leeus, luiperds en selfs reusagtige groot arende was, en hy leer my hoe ek ongewapend, alleen deur die vaste vertroue op die groot God en deur `n vaste, volledig onverskrokke wil, meester oor al die diere kon word.
[9] Toe ek die môre ontwaak en uit die grot na buite stap, kom daar ook al `n geweldige leeu baie behaaglik na die grot toe, wat vermoedelik sy woning was. Toe hy my sien staan hy stil en begin geweldig met sy stert te slaan. Ek kom hom met my onverskrokke, vaste wil tegemoet en beveel hom, terwyl ek hom vas aankyk, om hierdie omgewing vir altyd te verlaat. En kyk, die leeu draai hom om en verdwyn êrens in die woestyn! Dieselfde gebeur baie gou daarna met twee luiperds, en op dieselfde dag met `n reuse arend wat `n ogie op ons weiende bokke gehad het.
[10] Ek het my dus reeds op die eerste dag daarvan oortuig, wat `n mens, in waaragtige vertroue op die enige ware, groot God en deur sy onverskrokke vaste wil, alles kan doen. Ek gaan in die aand voor die grot staan, vertrou alles toe aan die beskerming van die almagtige groot God en beveel die hele natuur, om ons met rus te laat. Dit gebeur dan ook.”
|
|
|
|
|