Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer vra aan die fariseërs wat hulle van die Messias dink. Die wese van die mens. Oor die drie-enige wese van God

198 So spreek die volk onder mekaar. Maar die fariseërs en skrifgeleerdes, wat ook weer aanwesig was, hoor nie hoe die volk oor My spreek nie; maar wel hoor hulle dat Ek die Sadduseërs die mond gesnoer het. Heimlik was hulle baie bly daaroor, omdat hulle `n groot hekel gehad het aan die Sadduseërs. Maar nou kry hulle weer moed om verder te probeer of hulle My miskien tog op een of ander manier in My woorde kon vang.

[2] Daar kom `n skrifgeleerde na My toe, wat sê: “Heer, ek is daarvan oortuig dat Jy werklik in alle erns `n seldsame wyse Man is, en baie deskundig op die gebied van die skrif; sê my daarom: Wat is eintlik die belangrikste gebod van die hele wet?”

[3] Ek sê: “Die belangrikste en alles omvattende gebod lui: Jy moet JaHWeH God liefhê met jou hele hart, met jou siel en met jou hele gemoed. Kyk, dit is die belangrikste en grootste gebod! Die ander wat hieraan gelyk is, lui: Jy sal ook jou naaste liefhê soos jouself, dit wil sê, doen altyd met vreugde dit vir hom, waarvan jy sou wil dat hy dit vir jou sal doen, as jy dit sou nodig hê en dit in sy vermoë sou lê. Die hele wet en alle profete berus op hierdie twee gebooie. Of ken julle dalk `n gebod wat nog belangriker is?”

[4] Die skrifgeleerde sê: “Aan my is geen belangriker gebod bekend nie, daarom het Jy ook korrek geantwoord.”

[5] Daar was nou reeds `n hele menigte fariseërs en skrifgeleerdes om My heen en hulle pleeg oorleg wat hulle verder sou vra om My daarin te laat loop, sodat hulle My gevange kon neem.

[6] Ek sê egter aan hulle: “Luister, dat julle My aan één stryk deur vrae stel, waarvan julle vermoed dat Ek daarin sal loop, is vir elkeen hier duidelik. Ek het julle nou al `n hele aantal vrae beantwoord en julle laat sien dat Ek nie te vang is nie; daarom wil Ek julle nou weer `n vraag stel. As julle My `n antwoord daarop kan gee, mag julle ook weer die een en ander vra.”

[7] Die fariseërs sê: “Goed, vra maar, ook ons sal Jou geen antwoord skuldig bly nie.”

[8] Ek sê: Wel, sê My dan; wat dink julle van die Messias? Wie se Seun sal hy wees?”

[9] Die fariseërs sê: “Netsoos geskryf staan: Hy is `n Seun van Dawid.”

[10] Ek sê: “Hmm, merkwaardig, as dit so is, waarom noem Dawid Hom dan self in die gees `n Heer, wanneer hy sê: “die Heer het gespreek tot My Heer: gaan sit aan My regterhand, tot Ek jou vyande aan jou voete lê as voetbank!”? As Dawid Hom egter Heer noem, - hoe kan Hy dan sy Seun wees?”

[11] Daarop sê `n fariseër: “Ons weet wel dat Dawid in die gees so van die Messias gespreek het; maar wie kan begryp wat hy bedoel met die “Heer”, wat tot sy Heer gespreek het, en wie mens onder die Heer moet verstaan wat Dawid “sy Heer” noem? Want volgens die leer van Moses kan ons tog nie aanneem, dat ten tyde van Dawid reeds gedink en geglo word aan twee Meesters, waarvan elkeen heeltemal God sou wees! Die Heer wat tot die Heer van Dawid gespreek het, moet tog duidelik `n ander wees as die Heer wat Dawid “sy Heer” noem; want hoe kon Dawid anders gesê het: “Die Heer spreek tot my Heer”? Maar wie kan dit nou begryp? As jy dit begryp, lê dit vir ons dan uit, dan sal ons glo dat jy uit God se Gees spreek.”

[12] Ek sê: “Wanneer julle as sogenaamde skrifgeleerdes nie die manier van spreek van die ou Hebreeus begryp nie, hoe wil julle dan eintlik hulle gees begryp?

[13] Die Heer, JaHWeH dus, is tog seker ook `n Heer van Dawid, dus ook sy Heer gewees? En daarom het Dawid hom ook nie verkeerd uitgedruk toe hy sê: “My Heer spreek tot my Heer.” En wanneer hy so gespreek het, is dit tog ook duidelik dat beide Meesters, wat deur die manier van uitdruk slegs skynbaar twee meesters blyk te wees, in feite slegs één en dieselfde Heer is! Self sê julle tog ook: “My gees spreek tot die verstand van my siel”? Woon die gees van `n mens dan dalk nie in sy siel nie en is sodoende één met die siel, ofskoon hy as die eintlike lewenskrag in die siel edeler en volkomener is as die substansiële siel self?

[14] In God bevind hom egter ook twee te onderskeie wesenshoedanighede en tog maak dit Sy oorspronklike essensie uit en vorm sodoende Sy ondeelbare Een Oerwese.

[15] Die een onderskeibare wesenshoedanigheid is die liefde, as die ewige lewensvlam in God, en die ander onderskeibare wesenshoedanigheid is as uitvloeisel van die allerligste lewensvlam, die lig of die wysheid in God.

[16] Wanneer dit so is en onteenseglik nie anders nie, is die liefde in God dan nie heeltemal dieselfde heerlikheid in God as Sy wysheid nie?

[17] Maar toe Dawid sê: “Die Heer spreek tot my Heer”, het hy daarmee maar net gesê, dat die eindeloos barmhartige liefde in God haar wysheid geheel deurdring en aan haar sê: “Gaan aan My regterhand sit, word Woord en Wese, word één met al My lewensmag, dan moet alles wat `n vyand van die lig is, buig voor die liefde-lewens-mag in die lig daarvan!”

[18] Wat Dawid toe egter in die gees sê, staan nou op wonderbaarlike wyse beliggaam vóór julle! Waarom sluit julle jul oë en wil julle nie besef, dat die groot belofte nou vervul voor julle staan en spreek en julle die weë leer van die ware lewe uit en in God nie?”

[19] Toe die fariseërs dit uit My mond verneem, oorval `n soort vrees hulle vir My wysheid, sodat niemand van hulle dit gewaag het om My nog iets verder te vra om My daarmee op die proef te stel nie.

[20] En die meer gematigde tempeldienaars sê heimlik aan die woedende fariseërs: “Ons het julle tog met goeie bedoelings vooraf gesê dat daar met hierdie Man niks begin kan word nie! Want ten eerste skuil daar in Sy wil so `n onbegryplik wonderbaarlike mag dat Hy berge daarmee kan versit en vernietig, ten tweede het Hy die hele volk en alle Romeine sonder meer op Sy hand, en ten derde is Hy so onbegryplik wys dat ons Hom met al ons wysheid en al ons vrae, ook al is dit hoe slim, op geen enkele wyse in die val kan lok om Hom by die volk verdag te maak nie. Hoe meer vrae ons aan Hom stel, des te meer maak ons onsself by die volk verdag, wat ons nou so langsamerhand al begin uitlag. Watter voordeel het ons dan daarvan? Dit sou beter gewees het as ons onsself nooit met Hom ingelaat het nie. Maar nou het die kwaad vir ons al byna geskied; wat moet ons nou doen? Ons is van mening dat dit nog die verstandigste sou wees om hierdie hele aangeleentheid volledig die rug toe te keer en ons nie meer openlik daarmee besig te hou nie!

[21] As dit moontlikerwys dalk tog `n beskikking van God mag wees, verset ons onsself tevergeefs daarteen; en as dit nie die geval is nie, dan sal dit vanself oorgaan, sodat niemand hom oor enige tyd nog iets daarvan sal herinner nie, netsoos die geval reeds gereelder was nie. Dit is ons mening hieroor; maar julle kan nog altyd doen wat julle goeddink, hoewel julle nou tog wel daarvan oortuig moet wees dat ons gelyk gehad het!”

[22] `n Opperpriester sê saggies, sodat die volk niks daarvan hoor nie: “Ja, ja, julle het inderdaad wel gelyk, maar moet ons duld dat Hy ons so verneder in die oë van die volk, wat ons goeie melkkoei is?!”

[23] `n Gematigde man sê: “Dit klop alles wel, maar daarby dan `n middel om hierdie verlore saak ten goede te keer, dan sal ons julle graag met alles ondersteun. Maar ons is hier enkel van mening dat daar nie so eenvoudig `n geskikte middel te vinde sal wees nie, en slegte middele sal hierdie aangeleentheid maar net erger maak en ons situasie slegter.”

[24] `n Opperpriester sê: “Wat sou julle daarvan dink om Hom te vra of Hyself ons voor die volk as daardie een voorstel wat ons volgens Moses tog eintlik is?”

[25] `n Gematigde man sê: “Dit sou wel eens beter kan wees as alle lokvalle wat ons al vir Hom bedink het! Laat iemand dit probeer, maar opreg en in alle erns; miskien het dit tog sin. Vir sover ons dit kan beoordeel, is Hy in feite geen slegte en wraaksugtige mens nie, want ons het dit immers van alle kante gehoor dat Hy baie goed aan arm mense skyn te doen, anders sou Hy ook seker nie so hoog aangeskrewe gestaan het by die arm volk nie.”

[26] Toe oorleg hulle wie dit op hom moes neem om met My hieroor te spreek. Een van die gematigdes verklaar hom baie vinnig daartoe bereid en die een na die ander gee te kenne dat hulle daarmee eens is. Hy kom na My toe en wil My sy versoek voorlê.

[27] Maar Ek laat hom nie aan die woord kom nie en sê dadelik in sy gesig: “Ek weet maar al te goed wat jy My nou wil sê; daarom kan jy jou gerus die moeite bespaar om hier voor My ook maar één woord te verloor oor jou versoek. Maar wat Ek aan die volk en ook aan My leerlinge vóór en aan julle te sê het, dit weet Ek ook,- en dus kan jy of wel gaan of hier bly om te hoor wat Ek sal sê!”

[28] Toe die fariseër dit van My te hore gekry het, draai hy hom om en gaan weer na sy kollegas; almal spits hulle ore om te luister na wat Ek alles vóór en aan hulle tot die volk sou spreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205