|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 32
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die sesde gebod
32 Helias sê: “O Majesteit en Heer, kyk, ek is `n maagd en het nog nooit met `n man gemeenskap gehad nie, daarom sou dit miskien vir my nie so baie betaamlik wees om oor die sesde gebod opmerkings te maak nie! Ek wil U daarom vra of U daarvan sou wou afsien, o Heer, om my oor die sesde gebod te laat praat.”
[2] Ek sê: “O My liewe dogter, as jy heimlik by jouself in die geheel geen kennis oor die gebod sou gehad het nie, dan sou Ek jou egter ook nie daaroor laat praat het nie, maar omdat jy die gebod goed ken, hoewel jy nog nooit iets met `n man gehad het nie, kan jy ook baie gepas oor die gebod praat. Spreek dus maar vrylik!”
[3] Helias sê toe weer haar spreuk: “O Heer, wie U wil doen, begaan geen sonde nie! Dus sal ek dan ook op gepaste wyse spreek. “Jy sal nie egbreek nie!”, lui die sesde gebod letterlik. Maar volgens dit wat die rabbi my geleer het, beteken dit ook: “Jy sal jou kuis en rein voor God en die mense gedra, - want wie onkuis en onrein leef en handel, is netso goed `n sondaar as `n egbreker, `n ontugtige en `n hoereloper!” Dit het my rabbi my geleer.
[4] My enigste kritiek is dat Moses, ten eerste by die opstel van die basisgebooie in die twintigste hoofstuk van sy tweede boek, slegs die egbreek verbied, hoewel hy daarna in die derde boek, ongeveer vanaf die agtiende hoofstuk, baie uitvoerig daaroor praat - wat ek egter ook nog nie gelees het nie, omdat my rabbi dit nie vir my goedgevind het nie. En ten tweede het God, deur Moses, die gebod gegee, netsoos `n aantal ander, volgens die woordelike Hebreeuse teks* (Jy man, sal, en nie jy vrou, sal nie) steeds maar net aan die manlike geslag en dink hy slegs selde aan die vrou.
[5] Wie is die “jy” wat nie mag egbreek nie? In die wet is die enkelvoudige gebod slegs op één mens of slegs op één geslag geoordeel en wel duidelik op die manlike, en aan die vroulike is nie gedink nie. Jy kan natuurlik wel sê: as die man nie mag egbreek nie, dan kan `n vrou dit ook nie, omdat sy nie sonder `n man kan sondig nie. Maar na my mening is juis die vrou deur haar bekoorlikheid die element wat die man die meeste tot egbreek verlei en daarom sou dan ook spesiaal aan die vrou gesê moet word dat sy geen man tot egbreek mag verlei en ook self geen egbreek mag pleeg nie. Want as die vrou volledig trou aan die man is, dan sal daar beslis nêrens meer sprake wees van egbreek nie. Maar in die basiswet vorm die vrou egter `n uitsondering en eers in die latere voorskrifte van Moses word daar aan haar gedink.
[6] Ek sou nou wel eens wou weet, waarom dit op hierdie manier gebeur! En waarom dink Moses in die wet in `n veel mindere mate aan die vrou as aan die man? Behoort die vrou dan minder tot die mensdom as die man?”
[7] Ek sê: “Wel, hierdie kritiek van jou mag nog gehoor word, hoewel ook hierdie die waarheid slegs benader! Kyk, ook hier kom dit weer vernaamlik aan op ware en suiwer naasteliefde en dit het netsowel op die vrou betrekking as op die man!
[8] Sou jy dit byvoorbeeld aangenaam vind as jy die vrou van `n fatsoenlike man was, wanneer die vrou van jou buurman jou man sou begeer en dinge met hom sou doen wat nie goedgekeur kon word nie? As jy in jou hart egter beslis nie sou kon wens dat so-iets jou oorkom nie, dan moet jy jou ook net so teenoor jou buurvrou gedra as wat jy sou begeer dat sy haar teenoor jou moet gedra. En wat dus in die wet aan die man gesê is, geld ook in gelyke mate vir die vrou.
[9] Slegs om die rede gee God volgens die (Hebreeuse) teks die basiswet skynbaar net aan die man, netsoos Hy aan die kop van die mens die vernaamste sintuie gegee het en deur middel van die sintuie die verstand in die harsings. Netsoos God eers net teen die verstand van die mens spreek, so spreek Hy ook teen die man, wat voortaan die hoof van die vrou is netsoos die vrou in sekere sin die liggaam van die man is. As die hoof van `n mens nou verlig en baie wys is, sal sy hele liggaam dan nie ook in `n gelyke mate mede-wys wees nie?
[10] As die verstand van die mens goed verlig is, dan sal ook weldra die hart van die mens, wat hom graag sal voeg volgens die orde van die verstand, goed verlig word. Die vrou kom ook ooreen met die hart van die man en wanneer die man as die hoof, dus goed verlig is, dan sal die vrou, as sy hart, ook net so goed verlig word en wees.
[11] Daar staan immers van oudsher geskryf, dat man en vrou één liggaam is. Wat dus aan die man gesê is, is ook aan die vrou gesê.
[12] En kyk, daarmee het Ek nou ook bewys dat jou twyfel ongegrond is en het Ek jou die ware lig van die wet getoon, wat jy vas en seker goed begryp het. En omdat jy dit goed begryp het, kan jy nou wel verder gaan met jou kritiek.”
|
|
|
|
|