|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 29
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die vierde gebod
29 (Die Heer): “Kyk, in die vierde gebod word die kinders gebied om hulle ouers lief te hê! Die ouers is op aarde wel die direkte naaste van hulle kinders en het hulle baie lief. Hulle onderhou hulle, beskerm hulle en voed hulle op en verdien daarvoor ook beslis alle liefde en eer van die kinders.
[2] As `n goed opgevoede kind dan sy ouers liefhet en eer, sal hy hom ook inspan om alles te doen wat vir sy ouers `n ware vreugde is. En so `n kind sal daarom ook `n lang en gesonde lewe hê en dit sal met hom goed gaan op aarde; `n kind wat sy ouers liefhet en eer, sal ook sy broers en susters liefhê en eer en altyd gereed staan om alles te doen wat vir hulle goed is.
[3] Maar `n kind of iemand wat sy ouers en sy broers en susters waaragtig liefhet en eer, sal ook die ander mense liefhê, omdat hy weet en besef dat hulle almal kinders van één en dieselfde Vader in die hemel is. Uit die oorspronklike ware liefde vir die ouers word die mens tot kennis van God, van homself en ook tot die korrekte kennis van sy medemens gebring en dan sien hy baie gou en sonder veel moeite in waarom God die mense geskape het en wat hulle almal moet word. Daardeur kry hy steeds meer liefde vir God en kom daardeur tot vervolmaking van sy innerlike, ware, geestelike lewe.
[4] Sal iemand wat so sy ouers, broers, susters en ook die ander medemens liefhet en eer en daarom ook God bo alles liefhet en eer, wel ooit teen iemand kan sondig? Ek sê jou: nee, want hy sal niemand beny nie, niemand haat en vervloek nie, niemand dood nie, nie liggaamlik en netso min wat sy siel betref deur aanstoot te gee. Hy sal hom kuis en welgemanierd teenoor elkeen gedra, sal elkeen graag met syne laat, sal niemand belieg en bedrieg nie, en as hy langs die normale weg die man van `n vrou geword het, of die ingetoë jong vrou, die vrou van `n man, dan sal hy geen verlange koester na die vrou van sy naaste en sy vrou nie na die man van haar buurvrou nie, en daaruit kan jy dan verstandelik al baie goed aflei hoe en op welke wyse die wet en alle profete in die twee gebooie van die liefde vervat is, en hoe hierdie twee gebooie, wat Ek jou nou meegedeel het, geen opheffing van die wet van Moses en die ander profete toelaat nie, maar net die volledige vervulling daarvan is. Begryp jy dit nou?”
[5] Helias sê: “O Heer, U meer as wyse en meer as goeie Skepper en Vader van alle mense, nou eers begryp ek die gebooie van Moses! Want ek moet hier baie eerlik aan U erken, dat ek nooit voorheen die wet van Moses, en nog minder die spreuke en leringe van die ander profete goed begryp het nie. En hoe meer ek alles goed oorwegend met my ouers daaroor bespreek, des te meer gate en egte onvolkomenhede ontdek ek daarin, wat my dan ook dikwels op die gedagte bring dat die baie onvolmaak lykende wet van Moses óf heeltemal nie van `n baie wyse God afkomstig was nie, óf dat die later priesterkaste die Mosaïese wet heeltemal na die kant geskuif het en in plek daarvan vir hulle eie materiële welsyn `n gebrekkige, menslike maaksel opgestel het. My goeie ou rabbi het daarom baie moeite met my gehad, omdat ek hom aansienlike met sy neus op die sigbare gebreke van die Mosaïese wet gedruk het. Maar nou na U uitleg, o Heer, het die wet van Moses dadelik `n baie ander aansien gekry en kan dit ook deur elkeen beslis met vreugde en maklik in ag geneem word!”
[6] Ek sê nou baie vriendelik: “Wel, as jy soveel kritiek op die wet van Moses gehad het, wat het jy dan wel so onvolmaak en gebrekkig gevind aan die Mosaïese wet? Laat Ons ook eers jou kritiek hoor!”
[7] Helias sê, onder algemene aandag van alle aanwesiges: “O Heer, waarom sou ek dit vertel aan U, wat my gedagtes beslis veel vroeër geken het, voordat ek dit nog bedink het? Ook die almagtige en alwetende jong man daar sal dit al alles uiters noukeurig weet en daarom glo ek dat so `n hardop verkondiging van my kritiek op die Mosaïese wet heeltemal agterweë kan bly.”
[8] Ek sê: “O nee, My liewe Helias, hierdie saak steek baie anders inmekaar! Ek en die jong man weet natuurlik baie goed waaruit jou kritiek op die Mosaïese wet en ook op die profete bestaan, maar die ander, met uitsondering van jou ouers en jou broer, weet dit nie, maar sou dit nou graag wil weet, omdat jy self die begeerte om dit te weet, in hulle gewek het, en daarom het Ek jou dan ook gevra om vir Ons jou kritiek op die wet van Moses en op `n aantal profete hardop te laat hoor. Maak dus jou mond maar oop en sê sonder enige terughoudendheid alles wat jou in die wet en in die profete gebrekkig voorkom en wys ons baie moedig op die leemtes in die wet en by die profete!”
|
|
|
|
|