|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 210
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die reis na Tirus
210 (Die Heer): "In die môre gaan Ons al `n uur voor sonsopkoms na buite en wel nogmaals na die reeds bekende hoogte, vanwaar Ons die mooi omgewing baie goed in die oggendlig kon sien. Mens kon naamlik in die oggendlig die seegebiede agter Tirus baie beter waarneem as in die aandlig. Daarby kom nog, die in `n sekere sin opnuut tot lewe gekome natuur van die plante en meer nog van die dierewêreld; en Ons geniet meer as `n uur lank die vrye natuur.
[2] Daarna begin Josef met die Griek oor die nodige boumateriaal te praat en hy vra hom of hy wel die benodigde hoeveelheid hout besit en of dit goed gedroog was.
[3] Toe sê die Griek: “Heer Josef, iets sal daar wel wees, maar of dit voldoende is, moet jou insig bepaal! Mog daar iets te weinig wees, wel, dan het ek hier die mooi sederbos, wat sekerlik vir ons kan lewer wat ons te kort sal kom! Na die oggendmaal kan jy die boumateriaal wat ek vergaar het, na goeddunke bekyk. Vir sover ek dit kan beoordeel, dink ek wel dat daar voldoende boumateriaal sal wees.”
[4] Josef sê: “Dit is goed, dit sal ons dadelik na die oggendmaal doen en daarna `n bouplan maak!”
[5] Ek sê: “Die werk en hierdie moeite kan Ons Onsself vir vandag bespaar; want môre sal Ons geen boumateriaal en nog minder `n bouplan nodig hê nie. Ek het gedink om vandag na Tirus te gaan en `n bietjie daar rond te kyk om te sien of daar nie iemand is wat ons hulp nodig het nie.
[6] Ook daarmee gaan die Griek akkoord en sê: “Maar dan moet Ons wel probeer om met my lasdiere vinnig op pad te gaan; want dit duur ruim sewe uur om van hier na Tirus te kom!”
[7] Ons was dit met sy voorstel eens en dus begewe Ons Onsself dan ook onmiddellik na die reeds klaar staande oggendmaal, en iets minder as `n uur later was Ons al gemoedelik op weg na Tirus. Ons klein groepie gaan sonder oponthoud voort en so bereik Ons die stad na vyf uur, waaroor die Griek baie verbaas was. En hy gee openlik toe dat hy hierdie weg nog nooit in so `n kort tyd afgelê het nie; want `n gewone karavaan sou wel `n volle dag daarvoor nodig gehad het om deur die baie uitgestrekte gebied te reis. Derhalwe was hierdie reis vir Ons Griek ook `n klein wonderwerk.
[8] Toe Ons in Tirus aankom, neem Ons intrek in `n goeie herberg en die Griek bestel onmiddellik `n middagmaal volgens Judese tradisie, omdat daar `n hele boel goeie vis te kry was en aan wyn - veral uit Griekeland - was hier ook geen gebrek nie. Ons neem `n bietjie rus, omdat die reis Ons ietwat vermoei het. In die tussentyd was Ons middagmaal ook al klaar en Ons nuttig dit onmiddellik. Die Griek betaal dadelik alles en begeef hom daarna met Ons na `n plek waar mens die see en die vele skepe goed kon bekyk.
[9] Toe Ons al `n hele tyd genoeg na die see, die golwe en allerlei skepe gekyk het, sê Josef: “Noudat Ons eintlik die meeste karakteristieke van hierdie stad gesien het en die weg na die plek waar Ons vandaan gekom het netso lank is as hiernatoe, sal dit nou wel al tyd wees om Ons weer op weg huiswaarts te begeef.”
[10] Ek sê: “O Josef, dit kan nog wel wag; want hier sal die mense Ons teenwoordigheid baie gou nodig hê. Sien daar gunter eens, hoe daar nog behoorlik ver weg `n groot skip aansienlik te kampe het met die steeds toenemende storm! Op daardie skip is Ons Cyrenius, en Ons mag hom nie te gronde laat gaan nie! Hy was in Klein-Asië gewees en het nou weer tuisgekom; maar deur die storm kan hy nou nie aan land kom nie. Hy het Ons vroeër waaragtig groot vriendskap bewys en nou is dit Ons beurt om hom te help, en dit is streng gesproke die eintlike rede waarom Ek vandag hier in Tirus wil wees.”
[11] Josef sê: “Hoe kan Ons dan heeltemal oor die rasende golwe kom om die landvoog daar te kan help?”
[12] Ek sê: “Het julle dan nie gister gesien hoe My wil ook tot by die son gereik het? As Ek die son kon gebied, dan sal Ek nou ook wel in staat kan wees om die see te gebied! Ek kon dit ook wel vanuit die verte gedoen het; maar dit is nou tog beter dat Ons almal ter plaatse is, - wat julle later duidelik sal insien. Maar nou moet daar veral gehelp word - en daarna eers gepraat word!”
[13] Hierop strek Ek My hande uit oor die rasende golwe en spreek hardop: “Lê jou ter ruste, rasende monster! Ek wil dit en so is dit!”
[14] Toe Ek hierdie woorde gespreek het, was die see skielik volkome rustig en die skip van Cyrenius word deur `n onsigbare mag vinnig na die veilige oewer getrek en op hierdie wyse gered van `n sekere ondergaan met man en muis.
[15] Op die plek waar Ek dit bewerkstellig het, is egter nog meer mense, wat hulle baie verwonderd afvra wat se Mens Ek dan was, dat die elemente aan My gehoorsaam is. Sommiges dink dat Ek `n baie beroemde towenaar moes wees; ander meen egter dat Ek `n vrome Mens was en daarom onder die barmhartigheid van die gode gestaan het, wat My verhoor wanneer Ek hulle iets vra. Ander weer merk op dat Ek `n Judeër was en dat Judeërs dikwels groot profete gehad het en dat Ek miskien wel so `n Siener van die Judeërs was of miskien selfs `n Esseen was. Sodoende ontstaan daar `n druk gesprek, maar tog waag niemand hulle in My omgewing, om My te vra wie Ek was nie.
[16] Nou kom ook die skip na die oewer en elkeen hardloop daarnatoe om die landvoog te begroet. Maar Ons bly staan.”
|
|
|
|
|