Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 225

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die dood van die rabbi

225 (Die Heer): “Maar daarop sê Ek, toe Ons begin eet: “O, hoe ontsettend blind is die mens tog nie! Wat sal hy nog hê aan die paar honderd pennings? Want vandag nog, en dit binne `n uur, sal hy sterf! Maar dan sal daar `n ietwat beter persoon in sy plek kom; hy sal Ons betaal vir die werk, netsoos Ons hom ook nie die offerpennings sal weerhou nie.”

[2] Maria (Maria) sê: “My beste Seun, het Jy nou weer heldersiende geword?”

[3] Ek sê: “Dit was Ek altyd gewees! Slegs vir Nasaret en sy duistere omgewing is Ek stom; want waar geen geloof is nie, is ook geen ware verstand en geen lig nie. Verraai My dus nie! Wanneer julle egter oor `n paar uur in die stad die gekla en die betaalde geween sal verneem, gaan dan nie onmiddellik nuuskierig na die stad netsoos die ander blinde mense nie, maar bly tuis, omdat julle nou reeds weet wat daar aan die gang sal wees! En as die nuus hier bekend gemaak word, sê dan: Teen God se wil kan geen sterfling veg nie! God het dit so bepaal en kla, huil en ween het geen enkele sin nie! Maar totdat die nuus kom, kan Ons buite werk; en na die nuus laat Ons die werk lê en begeef Ons Onsself na Kapernaum. Aan die meer sal Ons werk vind tot die Sabbat!

[4] Josef sê: “Dit is alles uitstekend, maar wat sal die Nasareners met hulle groot monde daarvan sê?”

[5] Ek sê: “Hierdie dwase mag sê wat hulle wil; maar Ons doen wat Ek julle so pas aangeraai het, en dit sal dan ook goed wees!”

[6] Na hierdie woorde sê niemand meer iets nie en na die oggendmaal begin Ons dadelik aan `n klein opdrag, naamlik die vervaardiging van `n graankis vir iemand uit die buurt.

[7] Na drie uur kom daar `n swart bode uit die stad om ons die berig te bring: “Die rabbi-owerste is `n uur gelede in die sinagoge deur `n slag van JaHWeH geraak en was onmiddellik heeltemal dood. Alle pogings om hom weer tot lewe te bring, het nie gebaat nie. Die rabbi-owerste is derhalwe werklik dood. Daarom mag ons van nou af, vir drie dae lank nie meer in die openbaar werk nie!”

[8] Ek sê: “Slegs twee dae, want die derde is dit tog immers Sabbat!”

[9] Toe korrigeer ook die bode homself: “Ja, ja, dus maar twee dae!” Daarna gaan hy verder.

[10] Spoedig daarop begewe Ons Onsself op pad na Kapernaum en vind daar, in die reeds bekende herberg aan die meer, nog dieselfde dag `n goeie karweier, waaraan Ons tot die Sabbat werk, en waarmee Ons honderd muntstukke verdien het. Gedurende die Sabbat bly Ons nog in Kapernaum aan die meer en Ons voel ons daarby baie goed en vrolik. Op die Sondag keer Ons eers weer terug en verneem Ons van Ons mense tuis wat alles gebeur het. Vele het na Josef gevra en hulle daaroor verwonder, dat die anders tog so vrome man, nie aanwesig was by die begrafnis van die owerste nie.

[11] Ek vra hulle of hulle aan diegene dan ook gesê het wat Ek hulle aangeraai het en wat die ander daarop geantwoord het.

[12] Daarop sê `n diensmaagd: “Toe ons hulle so troos, gee hulle ons gelyk en gaan verder.

[13] Ek sê: “So was dit goed, - die waarheid mis nooit haar goeie doel nie! En Ons het aan die meer soveel verdien as wat die owerste Ons skuldig was vir die gelewerde werk, en dus is ook dit nou vereffen! Ons kan nou rustig die graankis vir die buurman klaarmaak.”

[14] Dadelik spring Ons aan die werk, wat Josef graag wou, omdat hy die kis al wou klaar gehad het, omdat die buurman dit ook baie nodig gehad het. Daar was egter iets merkwaardig aan die kis. Telkens as Ons daaraan begin te werk, gebeur daar iets waardeur ons óf wel opgehou word met die werk óf dae lank onderbreek word. Josef dink toe daarom dat dit deur `n bose gees veroorsaak word, en vind dat Ons Ons nou nie langer deur hom moes laat steur nie en net so lank moes deurwerk totdat die kis eindelik heeltemal klaar was. Ons doen dan ook wat Ons kon, sodat daar in die middag nog maar enkele latte aangebring moes word. En sien, die huis van iemand, wat `n klein endjie verder op gewoon het, het aan die brand geraak! Vanweë die dreigende gevaar moes Ons Ons werk vinnig in die steek laat en onmiddellik na die brand gaan om te blus.

[15] Toe sê Josef nogmaals: “Het ek geen gelyk dat daar met hierdie graankis kennelik `n bose gees in die spel is nie? Voordat Ons nog met die paar latte klaar was, moet daar `n huis begin brand, sodat Ons vandag in geen geval die kis kan klaarmaak nie! My liefste Jesus, sê eers wat Jy daarvan dink!”

[16] Seker nie wat jy daarvan dink nie, ofskoon daar wel iets daarvan waar is wat jy dink! Ons buurman, vir wie die kis is, het `n bose kneg, wat liewer die ou kis wil hê waar hy na willekeur graan kan uithaal om dit dan in die nag heimlik aan verbykomende graanhandelaars te verkoop en die geld self te hou. Ofskoon Ons meestal deur ander voorvalle van die werk afgehou is, was die bose kneg ook meermale die oorsaak dat Ons die werk aan die kis moes staak. Ook nou is hy die oorsaak van hierdie brand, ofskoon hy nou self die hardste besig is om die brand te blus.

[17] Vannag wou hy nog graag `n paar mud graan van sy meester ontvreem het, omdat die graan môre al in die nuwe kis geberg sal word, wat baie goed afgesluit kan word. Hy het egter in gedagte dat Ons nog `n paar uur vóór die aand klaar sou wees met die kis en sy meester dan ook onmiddellik daarvan sou gebruik maak. Dus het hy na die huis van hierdie buurman gegaan, wat met al sy mense op die veld aan die werk was en dit aan die brand gesteek, om te voorkom dat Ons die kis vandag nog sou klaarkry.

[18] En kyk, Josef, dit is dus ook gewis en waaragtig `n bose gees, wat hom by die buurman bevind, en Ons gereeld gehinder het by die werk aan die kis; maar `n hele boel ander dinge wat daartussen gekom het, was van natuurlike aard en toegelaat deur God.

[19] Maar die dood van die rabbi owerste lê geheel in die wil van JaHWeH besluit; want die bedrog wat hierdie rabbi in die geheim gepleeg het teenoor armes, weduwees en wese, was ten hemel skreiende. Nou weet jy hoe dit is; maar hou alles vir jouself en vererg jou dus nie!”

[20] Josef sê: “Maar die bose kneg moet Ons tog onmiddellik oorlewer aan die regbank?!”

[21] Ek sê: “Dit sal nie werk nie, omdat jy niemand het wat hom op heterdaad betrap het nie; My getuienis alleen sou vir die regters so goed as geen waarde hê nie en die kneg sou Ons dan weens openlike lastering voor die gereg kan daag. Laat Ons dit daarom nie doen nie! Maar God, wat alles sien en weet, sal die bose kneg tog wel spoedig die loon laat toekom wat hy verdien het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205