Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Hoe mens God waarlik vereer. Jesus as voorbeeld vir die mense

213 (Die Heer): “Aan die einde van Josef se verhaal sê `n hoë raadsheer aan Cyrenius: “As dit alles waar blyk te wees wat daar oor hierdie Mens vertel word, moet Hy sonder meer `n God wees; want niemand het ooit gehoor dat `n natuurlike mens, slegs deur die mag van sy wil, sulke dade verrig het nie. Ons het ook wel `n hele boel towenaars gesien wat allerlei wonderlike dade verrig het, - maar meestal kom mens baie gou daaragter, hoe en met welke middele. Ook in die verre agterland van Egipte moet daar mense wees wat deur hulle wil en hulle blik in staat is om alle diere te tem, - maar dit is tog alles niks vergeleke met die vermoë van hierdie Mens nie!

[2] Hy wil dit, en die elemente onderwerp hulle aan Sy wil. Hy gee bevele aan die diere van die see, netsoos `n veldheer aan sy troepe en hulle gehoorsaam sy bevel. Ekself het geen verdere teken as bewys nodig dat Sy hele wese van volledig goddelike natuur moet wees nie! Want wie in staat is tot dit wat hierdie Man kan en vermag, moet ook tot alle ander dinge in staat wees. Van hierdie Man sou ek durf te beweer, dat Hy ook `n wêreld sou kan skep as Hy dit wil. Daarom sou ons Hom dan ook goddelike eer moet bewys!”

[3] Nou sê Ek aan die raadsheer: “Hoe sou julle dit dan aanpak om My goddelike eer te bewys?”

[4] Die raadsheer sê: “Wel, netsoos ons by ons die opperste god Jupiter vereer of netsoos julle priesters hulle onsigbare JaHWeH vereer!”

[5] Ek sê: “Vriend, aan beide vererings is My waarlik niks geleë nie, omdat die een nóg die ander `n juiste en ware verering van God is!

[6] Die ware en voor God geldende verering bestaan uit die volgende: ten eerste dat mens sonder twyfel en vas glo aan slegs één ware God, wat hemel en aarde en alles wat daar is, geskape het; ten tweede dat mens hierdie een deur die geloof erken en God bo alles liefhet en volgens Sy wil leef en handel; en ten derde dat mens ook sy naaste so liefhet soos homself.

[7] Sien, uit hierdie drie dinge bestaan die ware verering van God; al die ander is ydel en het vir God nie die geringste waarde nie!

[8] Slegs wat in liefde gedoen word, is `n ware iets vir God; maar wat mens doen uit `n sekere vrees vir God se mag, om God sagter en milder te stem, is vir God `n gruwel. Want vir die verrigting van die sogenaamde godsdienstige handelings, wat met alle moontlike seremonie plaasvind, word nou eenmaal altyd en oral bepaalde priesters aangewys. Hulle beskou hulleself daarom ook as baie waardiger as die ander mense en kyk op hulle neer, hulle laat hulle enorm eer bewys en sit tot hul boordjie toe vol hoogmoed. Ten slotte beskou hulle hulself as gode en spreek vanuit hulle eie willekeur reg oor hulle arme naaste, wat gereeld duisend keer beter is as die verwaande en heerssugtige priesters. Dink jy egter dat God vreugde en plesier sal beleef aan sulke opgeblase pronkerige vererings, wat deur die so pas beskryfde priesters uitgevoer word en waarvoor die volk hulle duur moet betaal?

[9] Ek sê jou: wanneer daar so `n diens gehou word ter ere van God en God in Sy allerhoogste wysheid vreugde daaraan sou moes beleef, sou Hy geen God wees nie, maar sou netsoos die diensdoende priester, `n blinde dom mens vol hoogmoed en vol heerssug wees. Hoe kan iemand die ware God daartoe in staat ag, wat deur Sy ewige Liefde, Wysheid en Mag tog alles uit Homself geskape het en deur Sy ewige Goedheid en Erbarming ook alles ewig laat voortbestaan? Waar is in God se hele oneindigheid `n wese, wat hom met sukses teen God sou kan verset en dit teen Hom sou kan opneem? Alles wat die eindelose skeppingsruimte bevat, is immers God se gedagte en wil! As God hierdie aarde nie meer sou wil laat bestaan nie, wanneer hulle met Hom sou wil stry, hoef Hy immers maar te wil dat hulle nie meer bestaan nie, en hulle sal nie meer daar wees nie! En daarom het God van die mense, wat Hy tot Sy ware kinders wil maak en opvoed, geen ander verering nodig as dat hulle Hom as `n ware, heilige Vader bo alles liefhet en altyd graag doen wat Hy hulle as Sy wil te kenne gee nie.

[10] Daarom sê Ek aan julle almal hier: Wat groot is in die oë van die wêreld, is vir God `n gruwel! Maar waaragtig groot is vir God `n deemoedige mens, wat Hom bo alles liefhet en sy naaste soos homself en wat hom nie as `n meester bo hulle verhef nie maar slegs as `n vriend wat hulle goed wil doen.

[11] Neem julle nou `n voorbeeld van My! Netsoos Ek is, is daar sekerlik geen tweede in die wêreld nie! Hemel en aarde staan onder My mag en My gesag, en tog is Ek met heel My hart sagmoedig en deemoedig en is Ek hier om julle almal, hoog en laag, te dien. Doen julle dieselfde, dan sal julle My daardeur die beste eer!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205