Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer besleg die stryd tussen die Damaskeners en die herbergiers van Emmaus

178 Die maaltyd duur ongeveer `n halfuur en toe Ons almal voldoende geëet en Ons versterk het, ontstaan daar buite op straat weer `n opskudding en `n groot lawaai, waarop meerdere mense baie gou na Ons toe in die groot eetsaal kom en hulle wil met Nikodemus praat.

[2] Hy staan op en vra met ernstige blik wat daar tog aan die gang was en wat hulle so laat in die aand nog wil hê.

[3] `n Damaskener kom na vore en sê: “Heer, ons het nou eers verseker aan die wete gekom, dat u die gesaghebber van hierdie plek is en daarom het ons na u toe gekom om `n klag in te dien, dat ons hier as reisende handelaars baie sleg ontvang is! Ons wil volgens alle redelikheid alles betaal wat ons gebruik, - maar ons laat ons nie die vel oor die ore trek deur die verskriklike hebsugtige liede uit Emmaus nie! Ons verlang `n geregtelike uitspraak en anders doen ons `n beroep op die keiser, wie se troue onderdane ons is!”

[4] Nikodemus vervolg: “En waaruit bestaan dan eintlik die onreg wat julle hier in hierdie plek aangedoen is?”

[5] Die woordvoerder sê: “Streng regverdige meester! Ons het ons waens en lasdiere buite op `n groot oop plek gestal en is toe in groepe verdeel en na verskillende herberge van hierdie plek gegaan, omdat ons geen plek in hierdie groot herberg kon kry nie. Toe het ons onsself met baie dun koste versterk en wou alles wat ons gebruik het ook onmiddellik volgens alle redelikheid betaal, - maar nou het die herbergiers ons so veel bereken, dat ons dit in Damaskus nie sou gevra het aan `n gas as hy `n hele jaar by ons sou eet en drink nie, ofskoon mens by ons tog ook niks vir niks kry nie! So-iets het ons egter nog nêrens meegemaak nie!”

[6] Nikodemus sê: “Wat het julle dan geëet en gedrink en hoeveel het die mense julle daarvoor gereken?”

[7] Die woordvoerder sê: “Streng regverdige meester! Ons het elkeen `n nie al te groot vis gekry, `n stuk gesuurde brood en `n beker baie middelmatige wyn, niks meer nie en ook niks minder nie. En daarvoor wil hierdie woekeraars van elkeen - sê - honderd silwerstukke hê; vir daardie geld kan jy na die verre Indië en vandaar weer terugreis! Nee, so-iets het ek nog nooit gehoor nie! - Wat sê u daarvan, streng en regverdige meester?”

[8] Nikodemus sê: “Het julle die geld wat die herbergiers van julle wil hê dalk ook al betaal?”

[9] Die woordvoerder sê: “Streng regverdige meester! Dan was ons wel groot dwase gewees! Daardie opskudding midde op straat het immers juis ontstaan, omdat ons hulle die verlangde geld wyslik nie gegee het nie! Gelyk aan straatrowers wil hulle ons nou ons koopware afneem en om die rede soek ons nou regsbeskerming by u teen daardie growwe geweld; kry ons dit nie, dan sal hierdie vreeslike liede uit Emmaus die Damaskeners leer ken!”

[10] Nikodemus sê: “Wel, julle het die kwessie nou na vore gebring en vir julle sal ook reg en geregtigheid geskied, wanneer alles presies so is soos wat julle my gesê het. Voordat ek julle reg egter kan laat geskied, moet ek ook julle teenstanders hoor om te weet wat hulle uiteindelik teen julle klag aan te voer het! Dit moet julle natuurlik wel toestaan!”

[11] Die woordvoerder sê: “Dit vind ons natuurlik goed; laat hulle maar kom!”

[12] Nikodemus sê: “Indien hier iemand van die hoogs onredelike herbergiers en herbergbesitters aanwesig is, laat hom dan na vore kom en spreek!”

[13] Daar bevind hom drie herbergiers onder die vreemde aanklaers; hulle kom na vore en sê: “Ons ontken nie dat ons die deur hulle genoemde bedrag vir die aandmaaltyd werklik verlang het nie, wat inderdaad veel te veel is; maar ons was ook verskillende kere in Damaskus gewees, waar ons ons koopware op die mark gebring het. Ons het altyd maar drie dae daar gebly en het daar in die herberge ook so verskriklik baie moes betaal. Wanneer ons van hulle nou tien keer soveel vra as van ander reisigers, neem ons maar net van hulle terug wat hulle al lank gelede te veel van ons geneem het. En wanneer ons dit doen, dink ons dat ons volgens die wet van Moses, wat lui “oog om oog, tand om tand” geen onreg begaan nie!”

[14] Nikodemus sê nou: “Ja, dan word dit wel moeilik om sowel die een as die ander party volledig gelyk te gee! Want julle, Damaskeners, het liefdeloos gehandel ten aansien van hierdie mense uit Emmaus, en die doen julle nou onreg aan! Julle begryp dus wel dat dit moeilik is om `n korrekte oordeel te vel. Tref daarom `n beskikking en verreken met mekaar wat elkeen te veel verlang het, dan sal julle stryd in die oë van God en die regverdig denkende en willende mense ten einde wees!”

[15] Die woordvoerder uit Damaskus sê: “Streng regverdige meester, ons ken maar één reg en dit heet by ons redelikheid! Dit klop dat in ons groot stad op die openbare markdae van die handelaars iets meer gevra word as van diegene wat hulle ware koop; maar wat ook waar is, is dat hierdie mense uit Emmaus ons nou ewe veel bereken het as wat hulle by ons, en dit in tien jaar tyd, te veel betaal het. Daaraan kan ons egter heeltemal niks doen nie, omdat ons geen herbergbesitters is nie, maar slegs baie eenvoudige handelaars, wat oral handel dryf met dit wat deur die vaardigheid van hulle hande gemaak is. As hierdie woekeraars uit Emmaus hulle wil verhaal by ons Damaskeners, dan moet hulle dit in Damaskus by die herbergbesitters doen, maar nie by ons nie, omdat ons hulle nooit afgeset het met die artikels wat hulle van ons gekoop het!”

[16] Daarop sê die herbergiers uit Emmaus: “Dit sal ons sekerlik nie doen nie, want ons het gesweer om daardie peperdure Damaskus nooit meer te besoek nie! Hulle moet ons nou hier betaal wat ons verlang en hulle tuis by hulle dure herbergbesitters skadeloos stel!”

[17] Nou kom Nikodemus na My toe en vra My wat hy moes doen.

[18] Ek sê: “Die Damaskeners het gelyk en die herbergiers uit Emmaus is hoogs onredelike woekeraars! Hulle moet verlang wat regverdig is en dit wil sê, dat elk van die handelaars hulle per persoon slegs twee muntstukke hoef te betaal en geen stater meer nie! As die handelaars uit Emmaus in Damaskus afgeset is, is dit hulle eie skuld; hulle wil hulle daar as ryk mense voordoen en swelg en bras gereeld buitensporig, en die Damaskeners het gelyk dat hulle hulle daar behoorlik voor laat betaal. As die rekening volgens hulle in Damaskus te hoog was, het hulle toe immers `n klag kon indien by die regters daar! Was hulle toe ten gevolge van hulle grootdoenery eens met die rekening, dan moet hulle dit ook nou daarmee eens wees! En wanneer hulle hierdie Damaskeners eiemagtig geweld wil aandoen, sal hulle ook geweld aangedoen word! Hulle kan nou die een of die ander kies en doen wat hulle wil; maar dan sal ook Ons doen wat Ons wil!”

[19] Hierdie woorde van My het die Damaskeners baie goed gehoor, maar die drietal uit Emmaus eweneens.

[20] Die Damaskeners kom na My toe en die woordvoerder spreek: “Luister, vir ons totaal onbekende Vriend! U het daar die suiwerste waarheid gespreek; so was dit ook! Die mense het, omdat hulle in die buurt van die groot stad Jerusalem woon, vir ons Damaskeners `n groot geringskatting getoon en laat ons deur hulle buitensporige swelgpartye sien hoe ryk en koopkragtig hulle was in vergelyking met ons; hulle kry van ons herbergiers dan ook wat hulle verlang en toe was vir hulle niks te duur nie. Maar nou eers moes hulle spyt gekry het van hulle braspartye en wil hulle hulle skadeloos stel by ons, totaal onskuldig, wat die feite nou maar al te duidelik bewys. Maar Jy, edele en waaragtige Vriend, het nou `n volledig juiste oordeel gevel en ons voeg nou hier die versoek daaraan toe dat dit ook werklik uitgevoer word!”

[21] Nou kom die drie herbergiers baie vrypostig na vore en sê: ”Teen die uitvoering van die oordeel sal ons onsself weet te beskerm! Wie is U eintlik dat U teen ons durf op te tree en die onbetroubare Damaskeners in beskerming neem?”

[22] Ek sê: “Hier, aan My regterhand, sit die Romeinse maghebbers wat terwille van My selfs van Rome hierheen gekom het! Hulle sal julle wel sê wie Ek eintlik is, as julle jul nie wil skik volgens My oordeel nie! Maar as dit sover is, wee julle, woekersiele! By dit wat Ek gesê het, sal dit ook bly! Doen julle nou wat julle wil!”

[23] Na hierdie woorde vertrek die drie herbergiers vinnig en vat die plan op om met hulle knegte, vriende en handlangers die karavaan aan te val, wat hom buite bevind, om hulle verhaal te haal. Dit gee Ek ook aan Nikodemus en Agricola te kenne.

[24] Agricola, wat die harde drietal uit Emmaus nou gladnie meer kon hanteer nie, vra onmiddellik aan Nikodemus of daar in hierdie plek Romeinse militêre was.

[25] En Nikodemus antwoord: “Magtige vriend, hier is permanent rondom die honderd Romeinse soldate geleër!”

[26] Agricola sê: “Sê dat die kommandant hier moet kom!”

[27] Ek sê: “Vriend, as daar `n gevaar op hande is wat sekerlik dreig, kom jou welgemeende bevel wel veels te laat! Daarom het Ek langs My RafaEl reeds vir alles gesorg en die Romeinse soldate voer reeds uit wat hulle beveel word. Hulle sal die halsstarrige herbergiers spoedig hierheen bring; want toe die met hulle handlangers die waens en lasdiere nader, was hulle deur die soldate wat daar opgestel staan, omsingel en gevange geneem. Hulle sal nou ook gou hier voor die herberg gebring word en die kommandant sal binnekom om Nikodemus na sy oordeel te vra.”

[28] Agricola was dit daar natuurlik mee eens en Nikodemus vra My watter oordeel hy moes vel .

[29] Ek sê: “Jy het netnou tog gehoor wat Ek aan hierdie aanwesige Damaskeners gesê het! Maar as die herbergiers gladnie daarmee akkoord wil gaan nie, neem jy dan die bedrag wat deur My vasgestel is van die Damaskeners in ontvangs en verdeel dit by `n goeie geleentheid onder die armes! En die slegte herbergiers moet in plek daarvan drie volle dae in die kerker bly en dan by hulle vrylating ernstig vermaan en bedreig word; dit sal voldoende wees om hulle vir toekomstige gevalle nugter en redelik te stem.”

[30] Toe Ek Nikodemus daardie advies gegee het, kom die Romeinse kommandant ook reeds na Ons toe in die eetsaal, lê Nikodemus voor wat daar aan die gang was en verlang die oordeel van hom.

[31] En Nikodemus sê aan die kommandant wat Ek hom tevore gesê het.

[32] Hy gee dit dadelik deur aan die herbergiers, wat die oordeel egter onder allerlei uitvlugte nie wil aanneem nie. Maar die kommandant maak korte mette en werp hulle in `n kerker. Toe hulle dit hoor, stel die Damaskeners onmiddellik die deur My vasgestelde bedrag vir die aandmaaltyd van die hele karavaan aan Nikodemus ter hand en bedank My soveel hulle kon vir die oordeel wat deur My uitgespreek was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205