Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer spreek oor die skrifgeleerde

199 Ek open dadelik My mond en spreek: “Op Moses se stoel sit nou wel die fariseërs en skrifgeleerdes. Hou julle by alles waarvan hulle julle sê dat julle dit moet doen omdat Moses en die profete dit gesê het, en doen dit ook; maar julle moet julle nie rig volgens hulle werke nie en nie doen netsoos hulle nie!

[2] Alles wat hulle sê wat julle moet doen, is meestal goed en waar; maar hulle doen self nie wat hulle julle leer nie. Hulle verplig julle tot swaar en gereelde ondraaglike laste en lê dit op die skouers van die mense; maar self wil hulle dit met geen vinger aanraak nie.

[3] Alle werk wat goed blyk te wees, doen hulle maar net om deur die mense gesien te word as dienare van God! Daarom doen hulle ook gewigtig oor hulle memoranda (dit was aantekeninge vir diegene wat duur betaal het vir groot en lang gebede en offers vir hulle welsyn); daarom ook is die some aan hulle gewade so groot (die groot some aan hulle gewade dui op `n streng en ononderbroke offer gebedsdiens, wat dan egter ook maar net bestaan het uit die langer dra van die groot some).

[4] By die maaltye sit hulle graag aan die hoof van die tafel, so ook in die skole, en stel dit op prys dat mense hulle groet op die mark (`n groot plek waar baie mense saam is), en dat hulle deur die mense “rabbi” (beteken leermeester: vertaler) genoem word.

[5] Maar julle, ook al sou julle My leerlinge wees en wil word, moet julle julle nie so laat noem nie! Want slegs één is daar julle waaragtige meester, en dit is Ek (Messias); julle is slegs gelyke broers onder mekaar.

[6] Julle moet vanaf nou ook niemand op aarde in die volle sin van die waarheid vader noem nie; want slegs één is daar julle ware Vader, naamlik die Ewige in die hemel!

[7] En nogmaals sê Ek vir julle dat julle julle nooit as te nimmer deur iemand meester in My leer moet laat noem en jou so laat begroet nie; want julle weet nou wie julle Heer is.

[8] Ook moet daar onder julle geen rangorde bestaan netsoos dit nou in die tempel en die wêreld van die mense bestaan nie, maar laat die grootste en hoogste onder julle, dienaar en kneg wees van die ander broers! Want wie homself verhoog, sal verneder word; wie homself egter uit liefde tot sy broers verneder, sal verhoog word!”

[9] Toe die fariseërs hierdie leer van My verneem en My woedend aankyk, roep die hele volk My luidkeels toe: “O Heer, U alleen is waaragtig; so moes dit onder alle mense gewees het, dan sou hierdie aarde reeds `n ware hemel gewees het! Maar netsoos dit nou gaan onder die mense, dat elkeen gereeld om `n nouliks voor te stel kleinigheid meer en hoër wil wees as sy naaste, is die aarde `n ware hel; want in die ingebeelde grootheidswaan vervolg die een mens die ander en bring, met sy onversadigbare hoogmoed, die swakkere in verdrukking. O, arme en swak mensdom van hierdie aarde, vir vele sou dit beter gewees het as hulle nooit gebore was nie!

[10] O meester, ons sien in dat U woord `n ware Godswoord is, maar wie hulle wat dit moet hoor, bevind hulle met huid en haar in die hel. Daarom sal U goddelike woord hulle ook nie tot heil strek nie, want diegene op wie dit die meeste van toepassing is, trek hom die minste daarvan aan. Want nou reeds laat hulle van woede hulle tande sien en kyk soos hongerige wolwe en hiënas reikhalsend uit na `n lam op die weide!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205