Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die ryk van God

127 Daarop sê die towenaar: “O Heer, hoe is dit moontlik, - hoe kan die swak en nietige mens die ryk van God geweld aandoen en dit as te ware na hom toe trek? Verder vra ek my af waar die ware ryk van God homself bevind, as die mens dit kan gryp en na hom toe kan trek!”

[2] Ek sê: “Jy het nou in `n kort tyd van enkele ure al so veel gehoor en My selfs herken, weet jy dan nou nog nie wat God se ryk is, en waaruit dit bestaan nie?

[3] Die volledige ken en opvolg van God se wil is die ware Godsryk in julle! Maar as mens God se wil ken is dit tog nie so maklik om hom op te volg soos wat jy dit vir jou voorstel nie; want die wêreldse mense verset hulle daarteen en vervolg diegene wat God se ryk werklik wil verwerf. Daarom moet diegene wat die ryk van God volledig hulle eie wil maak, geen vrees hê vir hulle wat slegs die liggaam van die mens kan doodmaak, maar die siel geen skade kan toebring nie; die mens moet veeleer God vrees, wat volgens Sy ewig onveranderlike orde ook die siel na die hel kan verstoot!

[4] Wie God meer vrees as die mense, en ondanks die vervolging van die mense God se wil ken en ook doen, trek God se ryk met geweld na hom toe; en wie dit doen, sal dit ook sonder die enigste twyfel verwerf.

[5] Maar daar kom nog ietwat by, wat ook behoort by die met geweld na hom toe trek van God se ryk, en dit is die volgende: Dat die mens hom in alle wêreldse sake self so veel moontlik moet verloën, almal wat hom beledig van harte vergewe, teen niemand `n wrok koester of toornig is nie, bid vir die een wat hom vervloek, goed doen aan hulle wat hom kwaad doen, hom bo niemand verhef nie, wat so nou en dan die versoekings wat op hom afkom geduldig verdra en hom onthou van vraatsug, swelgery, hoerery en egbreek. Wie al hierdie dinge in praktyk bring, doen God se ryk ook geweld aan en trek dit met krag na hom toe.

[6] Wie egter God ook wel erken, Hom bo alles ag en liefhet en ook sy naaste soos homself, maar daarby tog ook die wêreld ag en vrees, en nie openlik vir My Naam durf uitkom nie, omdat dit in wêreldse opsig nadelig vir hom sou kon wees, die doen God se ryk geen geweld aan nie en sal dit op hierdie wêreld ook nie volledig ontvang nie, en aan die anderkant nog veel stryd te stry hê voordat hy voleindig is.

[7] Wie nou weet en glo dat Ek die beloofde Messias is, moet ook doen wat Ek leer, geleer het en verder nog sal leer, anders is hy My nie waardig nie en sal Ek hom by die ontwikkeling van sy innerlike lewe nie besonder behulpsaam wees nie. Ek is die lewe van die siel, deur My gees in haar, wat liefde tot God heet. Wie dus God bo alles liefhet en daarom ook altyd Sy wil doen, sy siel is vervul van My Gees en dit is die voleinding en die ewige lewe van die siel.

[8] As iemand My egter ken, maar desondanks tog die wêreld vrees en vir homself sê: “Ja ek erken die Messias geheel en al en glo heimlik alles wat Hy leer, en handel ook daarvolgens; maar omdat die wêreld nou eenmaal so is en mens tog daarmee moet lewe, laat ek uiterlik vir die wêreld niks merk van wat ek heimlik in myself bely nie, sodat niemand kwaad oor my kan spreek nie!”, die bely My Wese en Naam nie eg nie, en het die ware en volkome lewensegte liefde tot God nog nie en op hierdie manier sal hy nouliks gedurende die aardse lewe die volheid van God se ryk ten deel val; want die volheid van God se ryk bestaan immers juis uit die hoogste liefde tot God, en sy het geen vrees of angs vir die wêreld nie.

[9] Wie My voor die wêreld bely, wanneer dit nodig is, hom sal Ek ook erken voor die Vader in die hemel; wie My egter nie voor die wêreld bely wanneer dit nodig is nie, hom sal Ek ook nie bely voor die Vader in die hemel nie.”

[10] Toe vra die towenaar dadelik daarop: “Heer, wie is dan U Vader en waar is die hemel? Kan U as Heer van die ewigheid dan ook `n Vader hê?”

[11] Ek sê: “Die Ewige Liefde in God is die Vader, en Sy onbegrensde Wysheid is die hemel.

[12] Wie God bo alles liefhet, bely God en dus vir My voor die hele wêreld, en Ek bely hom ook in My liefde, en daaruit bestaan die ware, ewige lewe van die siel van die mens. En deurdat die mens juis deur die lewende liefde tot God ook tot die hoogste wysheid kom en moet kom - dit is dan die hemel of God se ryk, - daardeur het die mens ook God se ryk in hom gekry, wat dan ewig nie meer van hom afgeneem kan word nie. Dit het Ek nou vir julle uitgelê; onthou dit, griffel dit in jou hart en handel daarvolgens, dan sal julle die ewige en ware lewe in julle hê! - Maar gun My nou net so `n bietjie rus, en dink na oor wat Ek julle nou vertel en getoon het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205