|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 170
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die handelskaravaan uit Damaskus
170 Ek het dit nog maar net gesê, of daar kom Helias, wat ook nog by Ons was, vinnig na My toe en sê vol angs en vrees: “Maar Heer, Heer, om hemels wil, wat is dit nou? Ek kyk na die uit die rigting van die môre komende karavaan, hoe dit met kamele en lasperde in ons rigting beweeg, - maar nou kom daar `n ander, baie vreeslik uitsiende karavaan agter aan! In plaas van kamele en lasperde sien jy verskriklike lykende vurige drake, en in plaas van mense sien jy egte duiwelsgestaltes wat met gloeiende slange omvou en op hulle bors met `n doodskop getooi is! O Heer, Heer, wat het dit nou opeens te beteken?”
[2] Na die verhaal wat deur Helias in één asem vertel is, gaan almal na die rand van die heuwel wat aan die môresy lê en sien die nie bepaald aangenaam uitsiende verskyning, en stel bietjie angstige vrae, wat dit nou tog weer te beteken het.
[3] Ek sê: “Kyk en verstaan! Dat die voorste karavaan uit louter wêreldse en op wins beluste koopliede bestaan, dit sal julle hopelik wel reeds lankal besef het; want `n koopman uit Damaskus is geen haar beter as `n dief en `n straatrower nie. Hierdie koopliede is baie hoflik en beleef teen die koper, sodat hy maar so veel moontlik vir baie geld van hulle kan koop. As hulle dit eenmaal verkoop het, dan sou hulle, as hulle nie bang was vir die wêreldse wette nie, die koper eerder vermoor, die verkoopte ware van hom afneem en hom bowendien beroof van sy orige geld en besittings. Maar ondanks sulke innerlike oorleg en strewe is hulle vir die wêreld gesiene en hooggewaardeerde mense, en hulle medemens kan hulleself nooit diep genoeg voor hulle buig nie.
[4] Omdat julle almal egter, wat nou My leerlinge en vriende is, die betreffende soort `n bietjie beter in hulle ware innerlike gestalte sal leer ken as wat tot nou toe die geval was, open Ek julle innerlike oog en julle sien met julle liggaamlike oë die voorste wêreldse karavaan, netsoos elke gesonde menseoog dit kan sien; maar daaragter sien julle die ooreenkomstige innerlike geestelike karavaan.
[5] Die gloeiende drake gee die brandende begeerte aan, om alle skatte van hierdie aarde te wil besit. Die op drake ryende duiwels is die koopliede in hulle wêreldse gesindheid. Die slange om hulle liggaam gee hulle koopmanslis, slimheid en sluheid weer. Die doodskoppe dui op die groot moordlus van sulke ware wêreldse duiwels. Want as dit vir hulle moontlik sou wees, dan sou hulle dadelik alle ryk mense vermoor om hulleself op die maklikste manier in die volledige besit van alle goedere en skatte van hierdie aarde te stel. Omdat dit hier by hierdie koopliede die geval is en Ek wel weet dat julle self gereeld nog hoog opsien na sulke mense, moes Ek hulle vir die oë van julle siel goed onthul!
[6] Omdat julle dit nou volledig volgens die innerlike waarheid gesien het, sal julle innerlike oog nou weer gesluit word, en sien julle weer slegs die uiterlike karavaan onder langs hierdie heuwel verbygaan! - Hoe geval hierdie beeld julle?”
[7] Toe sê Nikodemus: “Heer, ek het al `n aantal knegte na die herberg gestuur met die streng opdrag om daarvoor te sorg dat hierdie karavaan vir geen geld in my herberg onderdak vind of kry nie! Dit sou vir my mooi wees om sulke wesens onderdak te gee! Ek sal as burgemeester dadelik alle maatreëls tref, sodat hulle ver verby ons woonplekke onderdak sal moet soek. Sulke wesens sou ons origens baie vriendelike plekkie immers dermate verpes, dat niemand daarna meer sou kan lewe nie! Ja, daar moet dadelik baie skerp teenmaatreëls getref en in werking gestel word om so `n onheil van ons plek af te wend! - Heer, is dit nie korrek nie?”
[8] Ek sê: “Dat jy hulle nie in jou herberg opneem nie, daaraan doen jy goed; maar om die karavaan ook uit die hele plek te weer, sou onverstandig wees! Want ten eerste staan die karavaan onder beskerming van die Romeinse wette wat vir alle handelaars geld en wat hulle vrye deurtog toestaan, en ten tweede is daar ook in hierdie plek baie mense wat vanweë hulle innerlike geaardheid geen haar beter is as hierdie handelaars nie en dus glad geen gevaar loop slegter te word as wat hulle al lankal is nie; en ten slotte as derde punt kan daar selfs by hierdie Damaskene sommige pogings aangewend word of hulle gesindheid hulle miskien vir `n deel tog nog sou kan en wil verander nie. Want by baie mense, hoe sleg hulle ookal is, is op hierdie wêreld altyd nog vroeër en makliker verbetering moontlik, as later aan die anderkant vir die naakte siel.
[9] Sien dus maar weer af van jou tweede voorneme! Maar wat die eerste betref, daarmee is Ek dit, netsoos Ek dit al in die begin gesê het, heeltemal eens; want Ons en hulle sou Ons onder één dak egter nie goed verdra het nie! Want hemel en hel moet goed van mekaar geskei wees. - Is jy tevrede met My raad?”
[10] Nikodemus sê: “O Heer, verseker; maar dit kom my nou egter wat bitter en ergerlik voor dat ook my lieflingsoord hier deur mense bewoon word, wat in hulle geaardheid ooreenkom met die handelaars uit Damaskus!”
[11] Ek sê: “Kyk, daar agter staan die sewe mense nog wat Ek in die ou hut van die ryk Barabe van die hongerdood gered het! Hulle het hulle naakte kinders na die burgers van hierdie plek gestuur sodat iemand hom tog maar oor hulle sou ontferm; maar daar het die kinders maar net klipharte gevind. As dit nou so is, hoe kan dit jou dan verbaas dat Ek die burgers van die dorp geen beter getuienis kan gee nie! As Ek jou die vooraanstaande mense van Jerusalem eers met jou innerlike oog sou laat sien, - wat sou jy dan sê?
[12] Ek sê julle daarom: hierdie wêreld lyk in alles soos die hel; sy is slegs hier verhul vir die oë van die mense, netsoos ook die hemel in woord en daad verhul is. Daarom kan die hemel hier heilbrengend op die hel inwerk; maar waar beide onthul is, gaan die inwerking sleg, of selfs in die hoogste graad al glad nie meer nie.
[13] Toe beide fariseërs hierheen gekom het, kom verhul in hulle ook die volkome hel hierheen; maar hulle kom hier, sonder om dit te vermoed, ook in die volle hemel.
[14] Die hemel het egter eweneens drie grade, netsoos ook die hel drie grade of trappe het.
[15] Die sewe manne uit Opper-Egipte verteenwoordig die onderste graad van die suiwer wysheidshemel, en alleen daarin mag die helse geeste uit Jerusalem die eerste kom. Toe begin vir hulle `n lig op te gaan, en hulle word gewaar dat hulle volledig in die boosheid van die hel was. Toe hulle steeds meer vir hulleself bewus word daarvan, daal die lig van die tweede graad van die hemel in die persoon van RafaEl tot hulle af en hulle begin `n behoefte te kry om die kwade af te lê en hulle na die lig te keer. Toe hulle in die felle waarheids- en liefdelig van die tweede hemel hulleself vir eers heeltemal goed bekyk, dring egte berou eers in hulle deur, en ontstaan in hulle `n strewe na My, die hoogste graad van die hemel. En toe Ek dan Self na hulle toe gekom het, word hulle ook dadelik heeltemal bekeer, en so is hulle nou kandidate vir die eerste graad van die hemel.
[16] As Ons hulle egter, toe hulle as ware duiwels na Ons toe gekom het, dadelik met Ons mag sou verdryf het, sou hulle nou seker nie op die gelukkige standpunt gestaan het waarop hulle nou staan nie! En sien, so is dit ook met die handelaars uit Damaskus, wat hulle nou in hierdie plek bevind, maar geen vermoede daarvan het dat God se ryk vir hulle so naby gekom het nie! Ons sal egter, as Ons by hulle is, baie gou `n geleentheid vind om hulle iets daarvan te laat merk, en dan sal wel blyk wat daar verder nog gedoen kan word.
[17] Maar nou sal Ons dan, omdat die handelaars reeds vir die grootste deel `n onderdak gevind het, ook hierdie heuwel verlaat en eers `n uurtjie na jou woonhuis gaan, en daarna eers na jou herberg om daar `n aandmaaltyd te nuttig! Dan sal wel vanself blyk wat Ons kan doen.”
[18] Agricola sê nou nog: “Heer, ek sien ons jongeres nêrens meer nie! Het hulle dalk al na benede gegaan?”
[19] Ek sê: “Maar beste vriend, het jy nie netnou gehoor wat Ek aan Lasarus gesê het nie? Hoe kan jy dan nog `n keer daarna vra?! Die jongeres is al goed versorg en bevind hulle reeds in die herberg, en wel onder die getroue hoede van RafaEl; dat hulle daar niks te kort sal kom nie, daarvan kan jy volledig verseker wees! Maar nou breek Ons op en gaan Ons na benede na die dorp! Op hierdie heuwel mag niemand My nou meer iets vra nie! So is dit!
|
|
|
|
|