Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die towenaar vra na die weg van die openbaring

105 Die towenaar sê: “Ja, nou eers begryp ons dit beter; want ons dink nog te veel volgens ons vanouds vertroude menslike voorstellings, waarvolgens ons die saak so bekyk, dat God as die allerhoogste, as te ware bo alle sterre wonende wese, Hom op hierdie aarde maar net aan die mense sou kan openbaar, wat danksy hulle hoogs moontlike aansien hier op aarde in `n sekere sin in rang aan Hom gelyk was. As die een of ander baie eenvoudige persoon dan voorgee dat hy van God Self `n openbaring ontvang het, dan word so `n verklaring deur die priesters as `n hoogs strafbare misdaad teen die eindelose gewydheid en majesteit van God beskou en verdoem, en die eenvoudige profeet moes vir die misdaad meestal met die dood boet. Dit is helaas maar al te waar.

[2] Maar God wis tog ook wel dat dit so met ons priesters gesteld is! Kon Hy Hom dan nie `n keer aan `n opperpriester sodanig openbaar dat hy kon insien dat die openbaring van God kom nie, waarby God in die openbaring duidelik kon aangegee het wat Hy van `n priester en wat Hy van `n leek verwag? As so-iets ooit sou gebeur het, dan sou daar waarskynlik geen enkele arme, klein profeet ter dood veroordeel gewees het vanweë `n openbaring wat aan hom deur God gegee was nie; want dan sou alle priesters van hoër hand immers geweet het dat ook `n baie gewone mens, ja selfs `n slaaf, of selfs `n vrou, van God `n openbaring kon kry. Dan sou sulke mense nooit deur geen enkele priester meer vervolg geword het nie, maar daarenteen hoog geëer gewees het, en elkeen sou gelowig na hom geluister het. Maar ons kan ons egter nie herinner dat `n opperpriester by ons ooit so `n openbaring en aanwysing van God gekry het nie.

[3] En juis omdat so-iets nooit gebeur het nie, moes ons immers bly by dit wat van oudsher by ons ingestel was. As ek dit nou so rustig verstandelik beskou, dan kom dit vir my voor dat ons priesters tog nie heeltemal alleen skuldig is aan ons heillose, lang lewensduisternis nie, maar ook die byna ewige ontbreek van `n hoër, duidelik herkenbare openbaring, komende en uitgaande van God, natuurlik aan die persoon van `n opperpriester of `n koning, of aan beide tegelyk, wat duidelik nog meer resultaat sou gehad het.

[4] Dit is natuurlik maar net my mening, en ek het glad nie die bedoeling om hierdie as die enigste korrekte te laat geld nie; maar as ek dit met my menslike verstand bekyk, kom dit vir my voor dat wanneer `n goddelike openbaring aan die volk gegee word deur mense wat al sedert onheuglike tye by die volk hoog in aansien staan, dit duidelik meer uitwerking sal hê as wanneer dit vernaamlik gegee word aan mense wat tot die onderste laag van die volk behoort en ook nie die middele het om `n openbaring, ook al is dit hoe waar en juis, aan die ander mense oor te dra nie, en wel die allerminste as voorskrif vir die priesters en konings. As `n openbaring die weg van bo af na die volk sou volg, dan sou daarmee tog beslis veel en eintlik haas alles gewen wees. Wat sê jy, jong, goddelik wyse en magtige vriend daarvan?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205