Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die weg na die lewensvervolmaking

103 Na `n lang tyd van opperste verbasing sê die towenaar: “Wonderlike magtige jong man! As jy geen God is nie, dan kan ek my geen God meer voorstel nie; want hierdie twee dade van jou is vir `n geskape mens, wat uit `n vrou gebore is, onmoontlik. Daarvoor is die almagtige krag van `n ware God nodig! Dit is my beker en dit my onskatbare, waardevolle diamant, netsoos daar maar weinig sal wees. Hy moet wel deur die lug hierheen gekom het en dus die baie groot afstand vinniger as `n bliksem afgelê het. Maar dan moes mens tog by sy aankoms `n suisende geluid gehoor het! Maar niks van dit alles nie; met ontsaglike snelheid en sonder enige geluid was die klip daar! Ja, hoe moet jy jou voorstel dat dit vir `n mens moontlik is? Kort en klaar, ons het in jou die god, wat ewig vir ons verborge was, ten slotte tog gevind! Maar nou is net jou almagtige krag nog in staat om ons hier by jou weg te kry!”

[2] RafaEl sê: “O vriende en broers, want dit sê julle nou van my, beskou my tog as niks meer as `n mens wat deur God se barmhartigheid meer volmaak is as wat julle self nou nog is! Wat is ek vergeleke met God? `n Kragtelose absolute niks! Alles wat ek doen, doen ek maar net deur die Gees van God, wat my innerlik vervul, omdat dit vol is van die liefde tot God en daardeur ook vol van God se wil. Wat hierdie wil van God in my dus wil, gebeur; want die woord en die wil van God is die eintlike egte iets, die wese en bestaan van alle dinge en wesens, en dit is alom die volbragte daad self.

[3] In my is egter slegs `n vonkie van God se Gees; maar dit staan in verbinding met die ewige oneindige Gees van God. En wat die ewige oneindige Gees van God wil, dit wil ook die noue met Hom verbonde vonkie in my, waarvan ek altyd bewus is, en wat niks anders kan - wil as wat God wil nie, en dus gebeur ook oombliklik wat God se Gees in my wil.

[4] In julle lê weliswaar ook dieselfde vonk verborge, maar nog netsoos die lewende kiem in `n saadkorrel. Solank die saadkorrel nie in die aarde kom nie, bly hy skynbaar dood; eers wanneer al die buitenste en stoflike wegval in die aarde en slegs die sielesubstansie daarvan hom met die lewende kiemgees verenig, begin die gees werksaam word, en doen wonders wat julle al tallose male gesien het.

[5] Maar so moet ook die stoflike mens deur die vrye wil van sy siel, al die materiële strewe in homself, as te ware dood en vernietig. Hy moet aan niks meer wat van die wêreld is, op `n bepaalde manier geheg wees nie. Sy strewe moet wees om God steeds meer te erken, lief te hê en die wil van God, wat aan hom geopenbaar is, in alles te vervul, ook al sou dit die siel en haar liggaam nog sulke groot offers kos.

[6] Daardeur word dan die goddelike gees in die mens vaardig, vul weldra die hele mens, maak hom aan God gelyk en gee aan hom alle krag en mag en die ewige onverwoesbare lewe.

[7] Daarom het ek julle al vroeër gesê, dat `n mens God as die ewige liefde, - wysheid en waarheid, ook maar net deur die suiwer liefde tot Hom en deur die waarheid daaruit kan vind, en verder op geen enkele ander manier nie.

[8] Hang maar net `n saadkorrel in die lug en laat hom nog so deur die felste sonlig beskyn, sal hy verdroog, nie ontkiem en geen vrug dra nie! En kyk, so gaan dit ook met `n mens wat God in die uiterlike lig van die wêreldse wysheid soek! Hy verdroog en verkommer daarby, en al sy ydel moeite en werk is vir niks gewees nie.

[9] Wanneer `n nog lewende en gesonde saadkorrel in die aarde geplaas word, is dit `n beeld en `n gelykenis en beteken soveel as: `n mens moet begin om alle wellustige wêreldse luste te verloën! Hy moet vol deemoed, sagmoedigheid, geduld, liefde en erbarming vir sy medemens word, dan sal hy daardeur ook vol liefde tot God word! Sodra die mens dit is, lê hy reeds as `n goeie lewensvatbare en kiemkragtige saadkorrel in die aarde van die ware lewe. Hy word heeltemal deur sy gees uit God deurdring, wat hom laat opgroei en ryp word vir die ewige lewe uit God en vir die aanskoue van God.

[10] Wie dit in homself tot stand bring, het God, wat andersins ewig verborge is, gevind en sal Hom dan ook nooit in der ewigheid meer verloor nie. So het ek dit gedoen en is nou wat ek is, en die vele wat julle daar voor julle sien, is dit vir die grootste deel ook of nog meer as ek. As julle dit sal doen, sal ook julle dieselfde bereik; maar dan moet julle nog baie wêreldse sake geheel en al uit julleself verban. - Het julle my goed begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205