Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die goddelike leiding van die mense

151 (RafaEl): “Maar julle totaal verkeerde en van God volledig afgewykte tempelwesens is nog buitengewoon ver daarvan af en julle sal julle nog steeds verder daarvan verwyder! Julle hoop op `n Messias vir hierdie wêreld wat julle sal bevry van die deur julle meer as alles gehate onderworpenheid aan die Romeine en wat van julle weer `n groot en gevreesde volk sal maak; maar so `n Messias sal in der ewigheid nooit kom nie.

[2] Die beloofde, ware Messias het egter in die persoon van die deur julle so gehate Galileër tot julle gekom en Hy wil by julle `n geestelike ryk op aarde stig en julle die verlore paradys gee, wat bestaan uit die kennis van die enigste, ware God en Sy wil wat heeltemal by julle verlore gegaan het, wat oneindig veel hoër staan as alle ryke en skatte van die aarde; maar dit wil julle nie, en julle agtervolg die Mees Heilige van alle Gewydheid in God en wil Hom selfs vang en doodmaak.

[3] Oordeel nou self of julle deur die dink- en handelswyse ooit die toestand van die ware volmaakte lewe van `n mens kan bereik! Spreek nou en gee my `n goeie antwoord!”

[4] Een fariseër sê: “Ja, ja, jy het werklik baie korrek gespreek, en ons sien nou die groot waarheid in, dat ons onsself deur ons eie skuld so oneindig ver verwyder het van die ware doel van die menslike lewe; maar ons sien nou ook dat ons op hierdie wyse so goed as reddeloos verlore is. Want die tempel sal in sy oorgrote verblinding nie sy ingesteldheid verander nie, en dus is ons verlore, en die betekenis van die teken aan die hemel gedurende die vorige nag het egter nou eers vir ons heeltemal duidelik geword.

[5] Wat ons vier hier betref, ons sal ons met al ons kragte inspan om die weë te gaan bewandel wat jy ons gewys het; maar van ons soort is daar nog enkele duisende, wat nog veel erger en slegter is as wat ons ooit was en by wie die lig nooit ontsteek sal word nie. Wat sal daar met hulle gebeur as hulle hardnekkig in hulle boosheid sal volhard?”

[6] RafaEl sê: “Julle het die geleentheid en dit sal nog `n kort tyd so bly. Wie vrywillig sal kom, sal aangeneem word; wie egter nie sal kom nie, maar volhard in sy blindheid, sal ten gronde gaan. Want aan niemand word die leer vir die verkryging van die innerlike lewe opgedring nie, want daaraan sou hy vir sy siel ook niks hê nie. Die natuurlike lewe op hierdie aarde word wel vir die mens gegee, - maar die innerlike lewe moet hy op eie krag verwerf.

[7] Ek sê vir julle: Die geheim en die behoefte aan die innerlike volmaakte lewe, lê in elke mens so digby jou duidelik voorhande, dat die son op die helderste middaguur nie helderder sou kan skyn nie! Maar uiteindelik help dit tog nie veel by die noodsaaklike vryheid van die menslike siel om self te beslis nie, omdat die mens van nature traag en dus passief is, wat ook weer noodsaaklik is, omdat die mens andersins geen geleentheid sou gehad het om homself tot lewe te wek, om op die manier volkome selfstandig meester oor sy ware lewe te word.

[8] Maar die meeste mense van hierdie aarde laat hulleself nog nie eens uit hulle soet traagheidsslaap so ver wakkerskud dat hulle tenminste één keer kon meemaak hoe heerlik en aangenaam die komende dag aanbreek nie. Hulle slaap liewer tot halfpad in die dag, en as hulle dan tog eindelik wakker geword het, is hulle eers eg geërger dat dit al klaarligte dag is en hulle nie nog `n tydjie baie rustig kon bly slaap nie.

[9] Dan vra ek in naam van die Heer: Met wie moet jy daardie soort mense dan vergelyk? Die diere het hulle tyd van rus en slaap. As hulle wakker is, is hulle op hulle manier besig, netsoos die miere en die bye, en sorg nougeset vir hulle toekoms - want dit lê in hulle instink; - maar die mens, wat noodsaaklikerwys `n geheel vrye wil het, skep ondanks alle openbarings genoeë in sy traagheid en wil nie die lig, maar alleen die nag en die volledige duisternis hê, sodat hy voortdurend des te behaagliker sy doodbringende slaap kan voortsit.

[10] Wat kan God, wat nie met Sy almag op die lewe van `n mens, netsoos by die plante en diere, kan en mag inwerk ten opsigte van die menselewe - wat volkome vry en volledig selfstandig moet wees - om geen geoordeelde diere- of plantelewe daarvan te maak nie, anders doen as wat sorgsame ouers, vir wie die geluk en welsyn van hulle kinders hulle na aan die hart lê, vir hulle slaapsugtige kinders doen?

[11] Hulle probeer die kleintjies deur middel van allerlei lawaai te wek; en as die kinders die bed nog steeds nie wil verlaat nie, dan moet hulle - naamlik die ouers - `n roede gryp en die kinders wat te slaapsugtig is, die enigste ietwat onaangename adviese gee, en so word hulle op `n voor die hand liggende en doeltreffende wyse aangegee dat dit al ruimskoots tyd is om op te staan en met die werk van die klaarligte dag te begin.

[12] En kyk, dieselfde doen juis nou, netsoos ook altyd, die Heer met die mense! Keer op keer roep Hy hulle deur Sy verligte bodes om op die reeds volkome klaarligte dag wakker te word, maar die kinders trek hulle niks aan van die geroep van die bodes nie, bespot hulle selfs, jaag hulle die huis uit en doen hulle selfs kwaad aan. Dan kom die Vader Self en sê luid: “Maar kinders, dit is al heeltemal dag; staan op en begin met julle maklike daaglikse besigheid!”

[13] Dan doen die kinders, netsoos die Israeliete ten tyde van Moses, asof hulle oombliklik ontwaak en opstaan om hulle ligte daaglikse werksaamhede te gaan verrig. Maar as die Vader die slaapvertrek weer vir `n kort rukkie verlaat, dan dink die kinders nie meer aan Sy oproep nie, maar sluimer dadelik weer in en slaap nog vaster as voorheen.

[14] Die Vader stuur weer bodes om vas te stel of die kinders al uit die bed is; maar hulle kom terug en sê: “Vader, U kinders is nou nog dieper aan die slaap as ooit tevore!” Dan sê die Vader: “O, dit sal nie werk nie! Daarvan moet ons hulle afbring; want andersins sal hulle almal ten gronde gaan. Nou moet die roede gebruik word!”

[15] Dan kom die Vader nogmaals Self met die roede. En kyk, `n paar kinders spring uit angs vir die roede tog uit die bed van die dood, klee hulle en gaan nog heeltemal slaapdronk aan met hulle daagliks werk, en brom omdat die Vader hulle met die roede wakker gemaak en aan die werk gesit het, maar die grootste deel van die kinders laat die roede op hulle neerkom, ontsteek in blinde woede, staan haastig op, stort hulle dan op die Vader en wurg Hom. Wat verdien sulke kinders dan?”

[16] Die fariseërs sê: “O, wee sulke kinders! Die diep beledigde Vader sal ontsettend kwaad vir hulle word en hulle verstoot uit Sy huis en hulle nooit meer as Sy kinders erken nie. Hulle sal in die vreemde en in die wildernisse van die aarde soos honde onder die onbarmhartige heidene moet ronddwaal en oral die miserabelste slawedienste moet verrig. Wie sal hom dan oor hulle ontferm?”

[17] RafaEl sê: “Alleen die Vader, indien hulle weer berouvol na Hom sal terugkeer; maar diegene wat nie wil terugkeer nie, sal die Vader juis nie laat opsoek en tot terugkeer maan nie, maar hulle sal net so lank in die ellende gelaat word totdat hulle hulleself tot terugkeer sal dwing.

[18] Maar julle behoort nou tot die kinders wat hulle tog nog, ook al was dit met veel moeite van die kant van die Vader en onder veel gebrom van hulle kant, op klaarligte dag uit die bed laat jaag het. Omdat julle nou eenmaal uit die bed is, gaan dan nie meer daarin nie, maar bly op die dag van die Vader buite op die veld, dan sal die Vader se liefde vir julle opneem en julle help met die werk vir die vervolmaking van julle lewe; as julle egter na julle ou bed sal terugkeer, dan sal julle oorgelewer word aan die hartelose tugmeesters wat heet: armoede, nood, ellende, blindheid, verlatenheid, pyn en vertwyfeling!

[19] Want die mens dra die sewe geeste van God in hom, wat die saligste ewige lewe in hom berei. Eweneens het hy die sewe geeste van die hel in hom wat ek hiervoor genoem het. Dit veroorsaak in hom onder hulle voorwaarde die ewige dood en sy kwellings.

[20] Wat ek julle nou gesê het, is ewige waarheid uit God. As julle jul daarvolgens sal rig, sal julle sondes julle vergewe word, en julle sal die vervolmaking van die lewe van julle siel bereik.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205