Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer en die tempelpriesters

Die genesing van `n sieke by Bethesda.

(Evangelie van Johannes 5:1-13)

1 Ek het egter saam met My studente op hierdie dag tot naby Jerusalem gegaan, waar ons losies geneem het in `n herberg wat Ek en My studente goed geken het. Die herbergier was besonder verheug oor ons besoek en het ons heelwat vertel oor die heersende, slegte toestande in Jerusalem en het `n uitstekende aandete vir ons laat voorberei.

[2] Maar EK sê aan hom: “Kom maar môre na die tempel, dan sal jy sien hoe Ek met die Fariseërs sal handel! Môre sal julle presies en sonder enige voorbehoud te wete kom met wie julle in My Persoon te maak het!”

[3] Daaroor was ons herbergier baie bly en hy het ons nog voldoende brood en wyn gebring. Weliswaar het hy al baie oor My gehoor, maar ook hy het nog nie geweet wie Ek nou eintlik presies was nie, hoewel My studente `n aantal aanwysings aan hom gegee het, wat hy goed opgeneem het. Spoedig daarna het ons onsself ter ruste begewe.

[4] Op die oggend van die Sabbat het ons (*Johannes 5:1) na Jerusalem opgetrek. Waarom dan ‘op’? Omdat die groot stad en veral die tempel op `n taamlike uitgestrekte, rotsagtige bergrug gebou was en die tempel met sy uitgestrekte suilegange, ringmure en hooggeleë tuine op die hoogte geleë was. Dat die herbergier, wie se huis in die dal gestaan het, met ons saam opgegaan het, spreek vanself. *(Alle teksverse is deur Lorber of die uitgewer aangebring.)

[5] Toe ons in die nabyheid van die tempel gekom het, moes ons eerste langs `n bad, genaamd Bethesda (Vedes da = dit gee opwekking of genesing), wat naby die skaapstal van die tempel was, omring deur vyf suilegange, verbygaan. (Johannes 5:2) In hierdie gange het daar altyd heelwat siekes, soos blindes, verlamdes, mense met verskrompelde ledemate en mense met allerlei ander siektes gelê en hulle het gewag totdat die water in beweging gekom het. (Johannes 5:3) Volgens `n baie ou oorlewering uit die tyd van Melgisédek, en volgens die vaste geloof, veral van die arm volk, het daar van tyd tot tyd `n engel uit die hemel neergedaal, wat die water in beweging gebring het. Weliswaar het die mense nie die engel gesien nie, maar hulle het sy aanwesigheid afgelei uit die vreemde beweging van die water. (Johannes 5:4a).

[6] Die geleerde Fariseërs het persoonlik weliswaar nie aan die neerdaling van die engel geglo nie, maar net soos die Romeine en die Grieke het hulle die bad maar net as `n spesiale, geneeskundige bron beskou; maar hulle het egter tog voordeel daarin gesien om die volk by die vrome, ou geloof te hou. (Johannes 5:4b).

[7] Wanneer die water egter beweeg het - wat elke week een- of tweemaal voorgekom het, het dit werklik so `n buitengewone genesende krag gehad, dat elkeen met watter besmetlike siekte dan ook, genees is as hy die geluk gehad het om eerste in die water te kom. (Johannes 5:4) Dit spreek vanself dat ook net die rykes en welgesteldes die voordeel gehad het en dat die armes, omdat hulle niks kon betaal nie, dikwels jarelank tevergeefs moes wag totdat `n verpleër, wat barmhartiger was, so `n arme eerste in die water gedompel het, waarop hy dan ook gesond geword het.

[8] Ons herbergier het hom baie daaroor opgewen en het hierdie handelwyse as `n gemene, onregverdige saak bestempel. Ook het hy My aandag gevestig op `n arme bejaarde man, wat alreeds agt-en-dertig jaar op genesing gewag het (Johannes 5:5) sonder dat so `n op geld belustige verpleër ook maar daaraan gedink het om hom na soveel jaar eindelik eerste na die bewegende water te bring.

[9] Daardeur is Ek natuurlik baie getref en EK sê aan die herbergier: “Hoewel dit vandag Sabbat is, moet hierdie man tog dadelik gehelp word!”

[10] Omdat Ek ten eerste Self geweet het en ook van die opregte herbergier gehoor het, wat hierdie man se toestand was, het Ek dadelik na hom toe gegaan en gevra: “Wil jy gesond word?” (Johannes 5, 6)

[11] Daarop het DIE SIEKE met `n treurige gesig geantwoord: “Goeie Heer! Ek het niemand wat my eerste in die bad kan bring as die water in beweging kom nie en as ek self gaan, gaan `n ander wat begunstig is, vóór my in die water in. (Johannes 5:7) Hoe kan ek dan ooit gesond word?!”

[12] Toe sê EK: “Staan dan op, neem jou bed op en gaan terug na waar jy vandaan gekom het!” (Johannes 5:8)

[13] En dadelik het die sieke gesond geword, sy skamele bed opgeneem en soos wat gebruiklik was, na `n priester gegaan, om hom te laat sien dat hy genees was en dit nog wel op `n Sabbat, hoewel jarelange ervaring geleer het dat die water dan byna nooit beweeg is nie. (Johannes 5:9) Daarom het dit die Judeërs dadelik opgeval dat hierdie man op `n Sabbat gesond geword het.

[14] Oor sy genesing sou hulle (DIE JUDEËRS) nie soveel gesê het nie, maar dat hy op die Sabbat sy bed gedra het, was vir hulle wel `n groot misstap en hulle sê: “Dit is vandag Sabbat en dan is dit nie gepas om `n bed te dra nie!” (Johannes 5:10; Ex. 20:10; Jer. 17:21-22)

[15] Hy (DIE GENEESDE MAN) het egter geantwoord: “Luister! Hy wat my gesond gemaak het, het ook aan my gesê: “Neem jou bed op en gaan heen!” (Johannes 5:11) Iemand wat so `n mag het en so `n weldaad aan my bewys het, het ek ook op hierdie Sabbat gehoorsaam! Want `n volle agt-en-dertig jaar lank het niemand so `n weldaad aan my bewys as hierdie man nie! Waarom sou ek Hom dan ook nie op die Sabbat gehoorsaam nie?!”

[16] Toe vra DIE JUDEËRS hom: “Wie is dan die man wat vandag op `n Sabbat aan jou gesê het: Neem jou bed op en gaan heen!?” (Johannes 5:12)

[17] Die geneesde man aan wie dit gevra is, het egter nie geweet wie Ek was en hoe Ek geheet het nie. Hy kon My ook nie uitwys nie, omdat Ek die plek vinnig verlaat het, vanweë die talle mense wat daar versamel was. (Johannes 5:13)