Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die betekenis van die Judese volk vir die heidene

126 Jored en sy seun Jorab begelei My tot by Malaves, waar die dankbare bewoners ons gou tegemoet kom en vir ons wou sorg. Maar ons neem niks aan nie, raai hulle egter nog `n keer aan om standvastig te bly in die ontvang van die leer. Dit beloof hulle ook baie nadruklik, en vra My na watter plek Ek nou heengaan.

[2] En Ek sê vir hulle: 'Na Samosata! As julle `n vaartuig daarheen gereed het, dan kan julle My daarheen bring.'

[3] Toe sê die gemoedelike, gedienstige mense uit Malaves: 'O groot Heer en Leraar, ons het wel twee vaartuie waarop U en U begeleiers baie gerieflik binne `n paar uur van hier na Samosata kan kom; maar slegs die terugbring van die vaartuie is daarna taamlik moeilik. Hulle moet stroomopwaarts getrek word, en wel met osse en muildiere, en dit kan slegs gebeur as daar goedereskepe van Serrhe af tydens gunstige `n waterstand stroomopwaarts na Melitene vaar. Hulle neem dan sulke kleinere vaartuie op sleeptou en bring hulle na die plek terug wat die eienaar van die skip aangegee het. Maar dit maak nie saak nie; ons sal `n paar betroubare skippers saamgee, en die sal dan wel in Samosata daarvoor sorg dat die vaartuig so vinnig moontlik teruggebring word. As dit vir U, o Heer en Leraar, nou pas, kan U Uself dadelik inskeep en wegvaar!' 

[4] Ek sê: 'Baie goed, beste mense; maar gee vir ons in plaas van twee skippers, vier saam, dan staan Ek daarvoor in dat hulle vandag nog, lank voor sonsondergang, met die twee skepe sal terugkom!'

[5] Die Malavese sê: 'Dit sou normaal gespreek nie moontlik wees nie; maar vir U, o Heer, is niks onmoontlik nie! Want ons het al aan die lyf ondervind dat U woord en wil dadelik `n vaste vorm aanneem.' 

[6] Toe gaan daar dadelik vyf skippers saam in plaas van vier; drie neem die leiding oor die grootste vaartuig, en twee gaan op die kleinste skip, waarop Ek met die twaalf leerlinge plaasneem. Hierdie vaartuie was eintlik meer soorte vlotte as skepe; hulle was slegs voorsien van relings en sitbanke, en elk het `n dak van growwe seildoek gehad.

[7] Toe Ek met die oudste leerlinge op die kleinere vaartuig plaasgeneem het, groet Jored en sy seun My baie hartlik en vra My of Ek hulle tog nog `n keer persoonlik sou wil opsoek, maar by `n hernude besoek langer in hulle midde sou vertoef as hierdie keer.

[8] Ek groet hulle ook en sê: 'Bly aktief in My leer, dan sal Ek nie net baie dikwels by julle wees nie, maar uiteindelik selfs te midde van julle gaan woon! Bring ons groete en seën oor aan almal wat van goeie wil is!'

[9] Daarop word die vaartuie losgemaak, die kleinste voorop en die grootste enige oomblikke later, en dit vaar agter ons.

[10] Toe ons alleen was, sê Petrus: 'Heer, dit sou haas beter gewees het om maar steeds by die heidene te bly en die Judeërs te laat vir wat hulle is; want dit is tog hartverwarmend om te sien hoe gretig hierdie mense die lewenswoorde in hulle opneem. Die vernietiging van hulle drie afgodsbeelde het hulle baie lig opgeneem, en bykans niemand, behalwe die vyf vroue, het hulle daaroor bekommerd gemaak nie, en uiteindelik was selfs die vroue ook nie so moeilik te oortuig nie. En as mens dit eers op die keper beskou dan het so `n heiden, soos wat Jored was en is, met sy hele huis, tog wel honderdmaal meer gesonde verstand as `n Joodse oudste of skrifgeleerde. Hoe sou dit in Jerusalem gegaan het as U by die Fariseërs in die tempel ook so sou uitgedun het soos drie dae gelede in Chotinodora?! Ek sê met steeds meer insig en oortuiging: Van alle volke is die Judeërs U groot erbarming, geduld en begrip die minste werd. - Wat vind U van my mening?' 

[11] Ek sê: 'Kyk, jy praat volgens die verstand wat jy het! As jy `n veld sien wat dig begroeid is met allerlei onkruid, moet jou gesonde verstand jou tog wel sê: Dit moet goeie, vrugbare grond wees! Dit sal die moeite die beste loon om die veld van onkruid te suiwer en dan koring daarin te saai; dit kan honderdvoudige vrug oplewer! As jy egter `n veld sien met weinig onkruid, waar maar hier en daar `n skraal grassprietjie baie spaarsaam groei, sal dit dan die moeite en die werk wel loon om die veld in `n vrugbare koringakker te verander? Sekerlik nie, want waar die grond geen voedsel het vir onkruid nie, sal dit beslis ook nie vir koring hê nie. Jy sal op so `n veld baie goeie, kragtige bemesting moet bring om die kaal veld vir die koring vrugbaar te maak. 

[12] Kyk eers watter tekens hier gedoen moes word om hierdie heidene te laat glo! Die tekens was kragtige bemesting, sodat die leer as lewenskoring op hulle gemoedsveld kon ontkiem en tot `n toekomstige vrug kon opgroei. Toe Ek egter anderhalfjaar gelede by julle Judeërs gekom het, was slegs `n woord voldoende en julle het My gevolg, sonder dat julle presies geweet het Wie julle volg. Julle gemoedsbodem was wel begroeid met baie onkruid, en menige doringstruike het julle harte omring, - maar daarnaas was daar tog ook nog baie ruimte vir die koring op die veld. 

[13] Maar by hierdie heidene sou ons tien jaar lank kon gepraat het sonder dat hulle hulleself sou bekeer het tot die lig van die lewe uit God, omdat hulle ondanks die talle, groot tekens nog hewige teenstand sou bied. Nou hoort hulle wel by ons, meer as talle Judeërs, want vanweë hulle starheid, sal die lig ook van die Judeërs ontneem word en aan die heidene gegee word, maar ondanks dit alles mag jy nooit vergeet dat die heil van die mense maar net van Jerusalem af uitgaan nie, en alle voorspellings wat aan die Judeërs gegee is, sal op die plek in vervulling gaan vir alle mense van die aarde! Maar ondanks dit alles sal ons nou ook die heidene besoek en hulle voorberei op wat hulle na My hemelvaart kan verwag, naamlik die uitstorting van die Heilige Gees uit God.

[14] Maar let nou almal op; want ons kom nou op `n plek in die rivier waar dit meer stilstaan as om te stroom! Daar moet die roeispane ywerig gehanteer word, omdat mens andersins maklik deur rivierrowers ingehaal en oorval kan word. Maar tog moet beide ons skippers die vaartuig maar laat gaan soos wat dit gaan; want Ek wil met hierdie rowers praat en hulle van hulle handewerk afbring!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205