|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 118
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die skuld van die vlotbase
118 Die Heer:' 'Beste vriende, nou vra Ek julle: 'Het die arbeiders in hierdie geval en onder hierdie omstandighede reg gehandel ten voorskrifte van hulle werkgewer, of nie?'
[2] Die agt vlotbase sê: 'Ja, ja, onder sulke omstandighede het die arbeiders `n baie natuurlike, goed gefundeerde reg! Want ook ons sien in dat elke mens met `n bietjie harsings en `n greintjie verstand, sonder meer die reg moet hê om te ontgin en te versamel, omdat hulle nou eenmaal op hierdie aarde geplaas is en sonder meer voedsel en `n minimale woonplek moet hê. Maar daarnaas moet `n ander mens dan nie die reg hê om die ontginner en versamelaar al die ontginde en versamelde af te neem nie!'
[3] Ek sê: 'Het die ryke self ontgin en versamel? O nee! Dit het sy arbeiders gedoen, wat ook net sulke goeie mense was soos hy! Omdat hulle vir hom gewerk, ontgin en versamel het en dus hulle goeie persoonlike reg op die beloofde loon slegs aan hom oorgedra het, maar hy hulle die beloofde loon nie gegee het en hulle tewens getiranniseer het, het hulle daarna tog die volste reg gehad om hulle eiendom van hom te eis en te neem vir wie hulle ontgin en versamel het.
[4] Sekerlik, as A byvoorbeeld ywerig ontgin en versamel het en daardeur `n voorraad aangelê het, dan sou die lui B geen reg gehad het om hom aan die voorraad van ywerige A te vergryp nie. In My gelykenis is egter juis die ryk man die lui B, en die arbeiders is die vlytige A. Maar in die geval het hulle ook die reg, wanneer hulle vir hulle moeite en werk geen ander vergoeding gegee was nie, om hulle eiendom van die onregmatige besitter terug te eis.'
[5] Die ryk vlotbase sê: 'In die geval sekerlik; maar dan het `n vors ook nie die reg om ons allerlei belastings en heffings op te lê nie! Want ook hy werk nie en hy ontgin en versamel niks, en as ons, onderdane, sterker sou wees as sy wag, sou ons hom immers ook kon ontneem wat volgens natuurlike reg ons eiendom is!'
[6] Ek sê: 'O, daar maak julle `n groot vergissing! By `n heerser is dit totaal anders, want hy is slegs die hoogste en algemene hoof van die gemeenskap en besit van die hele gemeenskap die gekroonde reg om vir hulle binnelandse orde en sekerheid sorg te dra, en hy dra daarmee ook die septer van die mag en die swaard van die wet en die algemene reg. Hy moet nie slegs vir homself, maar veeleer in alle gemeenskappe vir baie bewakers sorg en vir hulle gereedstaan, en vir hulle noodsaaklike onderhoud kan hy nie net met sy eie hande ontgin en versamel nie.
[7] Omdat die wette, die regters en die groot aantal bewakers dus merendeels in die belang van die gemeenskap steeds in stand gehou moet word, moet die gemeenskap ook graag en gewillig daaraan bydra dat die monarg steeds sodanig vermoënd is dat hy alles wat vir die gemeenskap van nut is, kan laat versorg en uitvoer. En daarom is julle belastings en heffings `n baie regverdige saak.
[8] Slegs wanneer `n tirannieke heerser die gemeenskap op `n gemene, kwaadwillige wyse sou afpers, sou ook hulle die reg hê om so `n tiran van die troon af te stamp. Want die gemeenskap het vanaf die begin die reg gehad om `n koning te kies en hom toe te rus met alle nodige mag, krag en gesag. Wat hy egter in die begin gehad het, dit het hy nog.
[9] Tog is dit vir elke gemeenskap beter om vir `n tyd lank onder `n tiran te ly, en eers dan met hom in oorlog te kom; want tiranne word gewoonlik slegs vir `n kort tydjie deur God toegelaat as swepe, waardeur gemeenskappe, wat die een ware God reeds lank vergeet het, weer daaraan herinner word dat daar `n alwyse en almagtige God bestaan wat uiteindelik as enige nog in staat is om elke gekwelde volk te help wanneer hulle in alle erns om hulp sou vra, en hulle gelowig tot Hom wend. - Kyk, so staan die sake! Noudat julle dit egter van My gehoor het, moet julle self beoordeel wat ons met hierdie vier-en-twintig diewe sal doen!'
[10] Toe sê die agt vlotbase: 'Ja, hulle moet volgens die wet dan tog wel as voorbeeld vir alle ander gestraf word!'
[11] Ek sê: 'Heeltemal korrek; maar wat moet daar dan met hulle gebeur sodra hulle hulle straf ondergaan het?'
[12] Toe sê die vlotbase: 'Nou, dan moet hulle uit die land gesit of as slawe in Afrika of Europa verkoop word!'
[13] Ek sê: 'So! Ek sê vir julle, as mense dink julle nie kwaad nie, - maar daarom moet Ek julle tog nog iets heel besonders vertel.
[14] Kyk, hierdie diewe, wat nou hulle praktyk, wat bepaald nie so prysenswaardig is nie, al lank beoefen, was vyf jaar gelede nog julle arbeiders en het julle gedien met inset van al hulle kragte en bekwaamhede! Maar hoe het julle julleself by julle afspraak met hulle gehou? Julle was na elke opdrag wat hulle moes uitvoer, maar net daarop uit om na te gaan of daar iets met hulle werk geskort het. Ook al het julle niks gevind nie, dan het julle wel iets versin om hulle welverdiende loon sterk in te kort of gladnie uit te betaal nie.
[15] Wie het julle die reg gegee om hierdie mense te dwing om vir julle te werk, vir julle te ontgin en te versamel, en hulle daardeur van hulle persoonlike, vrye menseregte te beroof?!
[16] Toe hulle sien dat julle gedrag ten voorskrifte van hulle baie onregverdig was, moes hulle tog duidelik oor `n ander middel gaan nadink, en wel `n middel waarmee hulle hulleself by julle en nog `n aantal ander skadeloos kon stel vir die regte wat julle van hulle gesteel het! Met geweld kon hulle niks teen julle begin nie, omdat julle aansienlik sterker was; dus moes hulle van diefstal gebruik maak. Tot op hede het hulle volkome geslaag en hulle sou sonder My ingryping hierdie keer ook heeltemal geslaag het.
[17] Maar Ek sê julle nog iets: Hierdie diewe het dus `n natuurlike reg om hulle via julle skadeloos te stel; maar die manier waarop dit gedoen was, was nie goed nie, omdat hulle julle ook langs wettige weg deur middel van die regter daartoe kon aangemaan het, en dit sou makliker gewees het, omdat die Romeinse regter juis `n streng regverdig man is, wat hom deur niks as maar net die letter van die wet laat lei nie. Julle het heeltemal geen reg om hulle daarvoor te oordeel nie, omdat julle nog by hulle diep in die skuld staan! Meer as wat honderde van sulke vlotte in Serrhe werd is, is julle hulle nog skuldig aan toegesegde loon; betaal hulle daarom eers die uitstaande loon, - en veroordeel hulle eers daarna, sodat hulle hulleself nooit weer aan julle eiendom mag vergryp nie!
[18] Vir die oomblik gee Ek hierdie diewe geen ander straf nie as: Steel in die vervolg van niemand meer iets nie, en wees vry, eerlike, werksame mense! Gaan egter nie meer na Lacotena nie, maar bly hier in hierdie plek, dan sal julle saam met julle vroue en kinders werk in oorvloed vind! - Vlotbase, julle moet egter daarvoor sorg dat hierdie arbeiders vandag nog die verskuldigde loon kry, en bring hulle vroue en kinders behoue hierheen! En nou kan julle die vlotte weer in besit neem! Maar My regterlike uitspraak moet noukeurig deur julle opgevolg word, anders sal dit deur My toedoen baie sleg met julle gaan!'
[19] Toe die vlotbase dit hoor, kyk hulle baie verbaas op en beloof om My uitspraak gehoorsaam op te volg.
[20] Daarop gee Ek aan Jored opdrag om goed vir die vier-en-twintig diewe te sorg, maar hulle baie goed deur die agt vlotbase te laat betaal vir wat hulle nodig sou hê. Daarna gaan ons die huis weer binne waar heerlik toebereide visse op ons gewag het.
|
|
|
|
|