|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 103
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die goeie getuienis van die priestervroue oor die Heer
103 Ons kom op die plek van bestemming aan en vind die vroue en kinders en bediendes druk besig om die betaalde weeklaers op die boomtakke en die katte in die bossies los te maak; maar die weeklaers op die takke lyk wel vasgeklink en die katte durf niemand nader nie, omdat hulle woes was en ontsettend om hulle heen gebyt en gekrap het vanweë die pyn wat gely is.
[2] Toe die vyf priesters hulle vroue in so `n vertwyfelde omgewing aantref, vra hulle hulle wat hulle daar aan die doen was.
[3] Een van die vroue, naamlik die van die priester van Minerva, was nog die flinkste, en sê vir haar eggenoot: 'Ag, kyk, ons het gister `n valstrik vir julle uitgedink om julle weer terug te bring na die ou godedom, wat baie inbring! Jy sien hier `n paar jammeraars en weeklaers op die takke van die bome sit en in die bossies `n aantal katte, wat almal gisternag by julle aankoms die gehuil moes aanhef om vir julle die skrik aan te jaag, omdat julle vanweë die groot toorkunste van die vreemde kunstenaar wat eergister hier aangekom het, die gode verlaat het en ons goeie, baie winsgewende loopbaan met één klap heeltemal tot niet gemaak het.
[4] Maar ons is met ons lis smadelik en eintlik ontsettend afgehaal. Kyk, ons het deur hierdie misdaad in die heilige bos ofwel die ou gode baie beledig, of die groot toorkunstenaar; want die straf vir ons misdaad is maar al te duidelik! Die jammeraars en weeklaers op die boomtakke lyk asof deur `n onsigbare mag vasgeklink te wees en kon ondanks alle moeite nie van hulle plek afkom nie, en die katte in die bossies kan geen mens nader nie, want hulle lyk meer soos woeste furies (helleveë) as na huisdiere, hulle byt en krap ontsettend om hulle heen en kan daarom vir geen geld ter wêreld losgemaak word nie. Ons weet nou geen raad meer nie en voel hulpeloos. Wat moet ons doen?! O, wat was dit `n ongeluksalige gedagte waardeur ons onsself laat verlei het!
[5] Wat dink jy van die groot Wonderman?! Sou Hy ons nie kan help nie, want Hy is tog eintlik die skuldige van dit alles, omdat Hy deur Sy onbegryplike wilskrag ons afgodsbeelde vernietig het en die heilige meer in vaste grond verander het! Gaan jy eers na Hom toe en vra Hom dit in ons naam!'
[6] Die priester sê: 'Dit sal nie baie help nie, maar julle almal moet self na Hom toe gaan daarvoor! Hy staan daar in die middel tussen Sy leerlinge. Hy weet alles daarvan en het ons dit in die huis van Jored vertel, anders het ons nie hierheen gekom nie. Hy wil en sal julle help; maar julle moet eers self na Hom toe gaan en Hom om vergewing vra.
[7] Julle het deur wat julle hier gedoen het, julle nie besondig aan die ou gode, wat nooit en nêrens - behalwe in die fantasie van die dom mense - bestaan het nie, maar enkel en slegs teen die groot, almagtige Elohimmens, wat in Sy groot liefde vir alle mense spesiaal ook na ons toe gekom het om ons uit ons lang, voortdurende, groot dwaling te bevry en die enige ware lewenslig te laat sien en te gee. Deur Hom en in Hom werk die ware, ewig ondeurgrondelike wyse en almagtige God. Dit is `n waarheid wat deur niemand, al was hy ook maar vanuit die verte getuie van Sy dade, nie meer ontken kan word nie. En ook al het iemand Sy dade, wat slegs deur `n God moontlik kan wees, self nie gesien nie, maar slegs Sy leer getrou en onvervals van `n ander gehoor, dan sal hy daaruit tog gou en moeiteloos gewaarword dat die leer nooit van `n mens, maar slegs van die enige en ewige God afkomstig kan wees; want slegs `n goddelike mond kan woorde praat wat as lewende vlamme in die hart van die mense dring en daarin `n bewussyn teweegbring waarvan geen mens voorheen `n vermoede van kon gehad het nie. Gaan dus daarom self in alle deemoed en liefde na Hom toe, en vra Hom, en Hy sal julle nie onverhoord laat weggaan nie!'
[8] Na hierdie oorreding, wat vir `n Minervapriester besonder goed en waaragtig was, gaan sy vrou gou na haar kollegas en sê vir hulle dieselfde wat haar eggenoot vir haar gesê het. Dit het `n goeie uitwerking, en die vroue met hulle kinders en bediendes kom na My toe en vra My, geknield om vergewing, en of Ek die mense op die boomtakke en die bepaalde diere in die bossies sou vrylaat.
[9] Maar Ek sê: 'Wie nie weet wat hy doen nie, sondig nie, - en dus het julle ook nie gesondig nie! Maar omdat julle nou weet wie Ek is, geld van nou af aan dat julle swaar sou sondig teen die hele goddelike orde, wat vir julle die ewige beste voorskryf en wil dat julle volkome salig sal word, nie soseer tydelik nie, maar soveel te meer vir die ewige.
[10] Maar hoe die mens dit alles in die aardse lewe kan bereik, sal julle mans julle vertel. En gaan nou heen en sien of julle gevangenes al vry is!'
[11] Toe bedank die vroue, kinders en bediendes My en gaan heen. En toe hulle terugkom, vind hulle almal wat gevange gesit was, heeltemal in vryheid en hulle was baie bly daaroor.
[12] Hulle kom egter dadelik weer terug en dank My op hulle knieë dat Ek hulle van die groot angs bevry het.
[13] Ek beveel hulle egter om op te staan en sê vir hulle: 'Leer dit wat julle nou gesien en uit die mond van julle mans gehoor het, ook met alle geduld en sagmoedigheid aan julle kinders en bediendes, en later ook aan die kinders van ander ouers. Vestig op die wyse `n ware lewenskool in My Naam, wat julle ook van julle mans sal hoor, dan sal julle omspoel word deur hemelse seën - soos wat `n eiland in die rivier omspoel word deur die water van die rivier, en vir die voedsel van haar plante, struike en bome onafhanklik is van wêreldse reën uit `n duistere wolk wat die lig van die son wegneem. Dink daaraan en handel daarvolgens, dan sal julle vanuit die dood van hierdie wêreld tot die lewe van die Gees deurdring, soos wat Ek in My aards-menslike deel Self deurdronge is van die Goddelike Gees! En as julle werklik in My Naam sal glo, sal julle in alles deur God gehelp word; want Ek is die lewende band tussen God en die mense.'
[14] Toe die vroue, kinders en bediendes die saligheid van My woorde in hulleself waarneem, sê hulle: 'Ja, waarlik, waarlik, o groot, van God vervulde Heer, soos wat U praat, kan geen mens praat nie! Wie U slegs hoor, het geen ander teken meer nodig nie, omdat die woorde hom al die mees duidelike bewys gee wie agter die verborge dinge moet wees, wat tot die uitspreek van sulke woorde in staat is. Die lyk wel of U `n mens is, maar eintlik is U slegs vanweë U heilige huid `n mens in ons oë; maar onder U huid is by U alles God, en ore wat daarvoor bestem is om dit te hoor, wat inwendig in die mens is - as gedagtes, verlange en besluite, wat hy hardop deur woorde uiter, - verneem uit U mond slegs suiwer goddelike dinge, en dus is en bly U, o groot Heer en Leraar, vir ons die enige God! En ons latere nakomelinge sal beslis nog met alle lewenswarmte en -gloed vertel, hoe ons, hulle voorouers, werklik vir God gesien en met Hom gepraat het, en van Homself onderrig gekry het, en hoe ons Hom goed herken het aan Sy woorde en aan die tekens wat Hy voor ons oë gedoen het.'
[15] Ek sê: 'Dit is goed! Bly daarby, en Ek sal in die gees altyd by julle wees en bly - reeds in hierdie wêreld, en aan die ander kant in My ryk wat Ek vir My vriende van hierdie aarde spesiaal voorberei en inrig in die innerlike van elke mens wat van goeie wil is, en daar sal aan ons suiwer geestelike en salige samesyn nooit meer `n einde kom nie!'
|
|
|
|
|