Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die verwysing van die Heer na sy kruisdood

169 In die huis staan die oggendete gereed toe Lasarus weer na binne gekom het, wat ons terstond inneem. Lasarus wou ons alles vertel wat in die vroeë oggend buite gebeur het.

[2] Maar Ek sê: 'Laat dat maar, want Ek weet immers alles, en Ek het, terwyl jy buite was, die leerlinge ook vertel wat daar alles gebeur het, en ook alles wat die weggestuurde Leviet juis nou aan sy meerdere vertel het oor Bethanië, - nie wat hy van jou moes vertel nie, maar iets heeltemal anders, wat baie daartoe bygedra het dat Ek My vandag makliker in die tempel sal kan beweeg! Dit wat vanmôre gebeur het, kom dus baie goed te pas. Nou maak ons onsself ook dadelik gereed om op te trek na Jerusalem; want vandag op die derde en laaste dag van die fees, wanneer dit altyd die meeste skitter en die meeste van volk trek, sal Ek nogmaals in die tempel optree en aan die volk onderrig gee.'

[3] Toe sê Nathanaël: 'Heer dit sal `n enorme opskudding veroorsaak; ek hoop maar dat ons heelhuids daarvan sal afkom!'

[4] Ek sê: 'Maak jou maar oor iets anders besorg; julle sal selfs nog heelhuids daarvan afkom wanneer Ek tussen misdadigers aan die kruis sal hang!'

[5] Lasarus sê: 'Wat sê U, o Heer? Word U aan die kruis gebind? Nee, voordat dit gebeur, laat ek die hele tempel deur my knegte aan die brand steek en alle verdorwe tempeldienaars tot as verbrand!'

[6] Ek sê: 'Hou op daaroor, broer! Want as die mens volledig aan God gelyk wil word, moet sy wil so oneindig vry gelaat word dat hy homself, as hy kwaad wil word, ook aan sy God en Skepper moet kan vergryp. Want - soos wat Ek jou al gesê het - as die mens nie die moontlikheid het om `n volmaakte aartsduiwel te word nie, dan het hy ook nie die moontlikheid om volledig aan God gelyk te word nie.

[7] Die mens het dus `n volkome vrye wil, wat hy deur die gegewe wette in homself herken. Maar wat sou die wette en wat sou die vrye wil van die mens wees, as hy in homself nie die prikkel sou hê om die wette te oortree soos, hoe en wanneer hy maar wil nie?! Sonder die prikkel sou die mens slegs `n dier gewees het, wat nie anders kan handel as volgens die dwang van die wet wat daarin gelê is nie.

[8] Aan die mens is egter, vir sover dit sy geestelike deel betref, geen dwingende wet saamgegee nie, maar slegs `n geestelike wet wat as volg geformuleer is, 'Jy behoort...'. En so is die mens in sy wil en verlange heeltemal vry gelaat, en kan hy hom selfs aan My liggaam vergryp, wat nou draer van die Gees is en wat ook voortaan vergeestelik sal bly bestaan.

[9] Ek het dit nou vir jou gesê, sodat jy dit nie vreemd sal vind wanneer dit met My liggaam sal gebeur nie, - maar die bose opset van die mense wat dit sal doen, sal heeltemal tevergeefs wees; want Ek sal daarna op die derde dag tog net so volledig weer te midde van julle wees, soos wat Ek nou by julle is. Eers daarna sal die oordeel oor die bose tempelgebroedsels begin. Omdat julle dit nou almal weet, kan julle My opgewek na die tempel volg!'

[10] Daarna staan ons almal op en gaan na die tempel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205