|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 56
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die vernaamste oorsake van die siektes
56 EK sê: “Van alle sonde is hoerery, ontug en allerlei soorte geilheid die ergste. Die mense word egter tot hierdie sonde verlei deur niksdoen, hovaardigheid en hoogmoed. Want vir die hoogmoed is niks meer gewyd nie; hy soek net alle middele wat hom ten dienste staan, om daardeur die hartstogte van sy sinne, wat op die wêreld gerig is, te bevredig.
[2] As kinders dan deur so iemand verwek word, - watter beklaenswaardige mense kom daar dan op hierdie wêreld, wat deur allerlei siektes gepla is! - Hierdie sonde is dus `n hoofoorsaak, waardeur alle ergste siektes in hierdie wêreld inkom.
[3] Daarna kom egter ook vraatsug en swelgery, toorn en talle soorte ergernisse, deur watter genoemde goddeloosheid daar ook allerlei siektes by die mense ontwikkel en hulle dan op jammerlike wyse kwel.
[4] Het Ek nie aan die sieke in Jerusalem gesê, wat meer as agt-en-dertig jaar by die Bad van Betésda gewag het om genees te word nie, toe Ek hom genees het: “Gaan heen en sondig nie weer nie, sodat iets ergers jou nie oorkom nie!”?! Sy erge jig was derhalwe ook `n gevolg van sy talle sondes van vroeër. En so is dit byna by die meeste mense wat deur My genees is, ewe-eens die geval gewees. As hulle deur hul talle sondes nie siek sou geword het nie, dan sou hul siele ook verlore gewees het. Maar `n baie swaar en bittere siekte het hulle nugter gemaak en getoon hoe die wêreld sy aanhangers beloon. Hulle het deur die siekte hul liefde vir die wêreld verloor en verlang vurig daarna om gou daarvan verlos te word. Daardeur het hul siel vryer geword, en op die regte oomblik het vir hulle dan ook die genesing van hul liggaam gekom.
[5] Benewens hierdie hoofoorsake waaruit mense, wat reeds vanaf hul geboorte `n swak gesondheid het, en die meeste siektes ontstaan het, is daar sekerlik ook ander waardeur die swak mens baie siek kan word, - maar Ek sê nogmaals nadruklik: Net diegene wat reeds vanaf die geboorte `n swak gesondheid het, kan die siektes kry! Die oorsake sal Ek julle egter baie kortliks aantoon:
[6] Ten eerste die eet van verkeerde, onreine en slegte en nie vars voorbereide spyse nie en ook onsuiwer drank, - vervolgens die eet van allerlei onryp vrugte. Dan het baie die verkeerde gewoonte om hulle in `n verhitte toestand vinnig te laat afkoel. Ander stel hulle weer, heeltemal onbewus van hul aangebore swakheid, aan allerlei gevare bloot waardeur hulle heeltemal ten gronde gaan of waarvan hulle lewenslank die skade moet dra.
[7] Ja, daarvoor kan God nie, te meer omdat Hy aan die mens verstand, vrye wil en die beste lewenswette gegee het!
[8] Teen die traagheid van die mens bestaan nou eenmaal geen ander middel as allerlei toegelate kwale nie, wat noodsaaklikerwys op die verontagsaming van die Goddelike wil moet volg. Dit wek die siel, wat in die liggaam van die mens vas lê en slaap, en toon aan haar die ellendige gevolge van haar traagheid, en daardeur word sy versigtiger, verstandiger, yweriger en meer inskiklik vir die erkende, Goddelike wil. En sodoende het die verskillende siektes waarmee die mense nou gepla is, ook hul besliste goeie kant.
[9] Weliswaar is dit ook `n soort oordeel, wat die siel na die goeie dwing; maar daardeur word die siel tog nie heeltemal haar vrye wil ontneem nie, en sy kan haarself tydens en na `n siekte nog behoorlik baie verbeter, alhoewel sy haar verdere vervolmaking eers in die hiernamaals sal verkry.
[10] Daar is egter ook siek mense, wat vanweë die sondes van hul ouers of ook wel voorouers reeds vanaf die moederskoot siek in die wêreld gekom het. Hierdie siele van sulke siekes is meestal van bo afkomstig en maak net `n tydelike proef in die vlees deur; vir hulle is egter in die hiernamaals in die ryk van die geeste in elk geval alreeds goed gesorg, en elkeen wat vir hulle sorg en hulle met liefde en geduld behandel, sal hulle ook in die hiernamaals met dieselfde liefde en dieselfde geduld in hul hemelse woninge opneem.
[11] En hiermee het Ek aan julle nou ook volle opheldering daaroor gegee; wanneer die Gees egter heeltemal in julle sal ontwaak, sal Hy julle, ook wat dit betref, in alle wysheid binnelei. - Verstaan julle dit nou ewe-eens?”
[12] Almal sê: “Majesteit en Heer, ons verstaan dit nou volkome en dank U nogmaals vir hierdie groot lig! Want omdat iemand wat leraar word, met allerlei siek mense te doen kry, is dit vir hom ook baie noodsaaklik om hulle deur die genoemde gedagtes geloof, moed en alle geduld te gee, om by hulle, as dit nodig en moontlik sou wees, ook `n versagting van hul lyding te bewerkstellig; want wie geduldig ly, ly duidelik al minder as wie baie ongeduldig ly. En daarom vind ons hierdie leer van U baie goed, want niemand het meer troos nodig as iemand wat in watter vorm dan ook ly, en ons vind dit ook besonder belangrik om `n lydende mens geestelik en liggaamlik te hulp te kom. - Het ons gelyk of nie?”
[13] EK sê: “Sekerlik; want net hulle moet deur die naasteliefde gehelp word wat dit nodig het, dit het waarde voor God. Daarom sê Ek egter nog daarby aan julle: Iemand wat `n gastemaaltyd aanbied en sy ryk bure en vriende daarvoor uitnooi, het weliswaar nie daardeur gesondig nie, maar in die hemel sal hy ook geen loon daarvoor kan verwag nie, omdat sy vriende hom hier kan beloon daarvoor. Nooi daarom die armes as gaste uit, en dit sal julle in die hemel beloon word; want die armes kan julle hier nie vergoed nie!
[14] So gaan dit ook met hulle wat hul baie geld aan rente uitleen en na `n bepaalde tyd ook weer hul kapitaal terugkry. Hulle begaan daardeur, as hulle geen woekerwins bedryf nie, sekerlik ook geen sonde nie; maar in die hemel sal hulle daarvoor geen rente vergoed word nie, - egter wel, as hulle ook aan die armes in hul nood geld sonder rente en ook sonder terugbetaling van die kapitaal geleen het. Dus, die ware werk van die naasteliefde is: Om alle soorte armes op elke moontlike goeie wyse te help.
[15] Maar vir vanaand het ons genoeg goeie dinge gedoen en daarom begewe ons onsself nou ter ruste. Die dag van môre sal wel weer syne bring.”
[16] Na hierdie woorde van My het almal gaan rus, en almal het My nogmaals vir die gegewe lesse bedank.
|
|
|
|
|