Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Aan die See van Galilea. Evangelie van Johannes.

Die spysiging van die vyfduisend.

(Evangelie van Johannes 6: 1-15)

41 Dit hoef nouliks vermeld te word dat Lasarus hom baie verheug het oor My koms. Maar binne skaars drie dae het die arbeiders daarvoor gesorg dat mense tot ver in die omtrek geweet het dat Ek daar was, en elke dag het daar meer mense toegestroom gekom en hulle het allerlei siekes gebring, wat almal genees is. Dit het in die hele omgewing van Jerusalem egter groot opsien veroorsaak en dit het ook die Fariseërs ter ore gekom, wat dadelik daarop begin te beraadslaag het, hoe hulle My kon vang en uit die wêreld kon ruim. 

[2] Maar EK het daarvan geweet en het op die tiende dag van My verblyf in Bethanië aan Lasarus en die studente gesê: “Ons gaan hiervandaan weer na Galilea; want die Fariseërs span teen My saam met `n bose plan. Ek wil nou egter geen verdere opsien veroorsaak nie, sodat dit ook by jou huis gedurende die feesdae rustig sal wees. Ek sal daarom nog vandag hier weggaan.”

[3] Toe het Lasarus baie bedroef gesê: “Heer, U is tog almagtig en U kan die bose gebroedsels met één gedagte vernietig, en dit sou vir alle beter Judeërs `n groot weldaad wees.”

[4] EK sê: “Dit sou Ek wel kon doen, maar dit is nie die wil van die Vader nie; hulle moet handel totdat hul maat vol word. Dan eers sal die groot oordeel oor hulle kom; want hulle sal deur hul heerssug, wat alle perke te buite gaan, self die swaard in hul lyf stamp. In hul hoogmoed sal hulle teen die Romeine in opstand kom en dié sal hulle volkome vernietig. Ek sê vir jou: Daar sal geen klip op die ander bly nie en die nakomelinge sal die plek nie meer vind waar Jerusalem gestaan het nie, en al sou hulle iets vind, dan sal hulle hulle tog nie daarvolgens kan rig en geen plek met sekerheid kan bepaal nie. Dit sal die wêreld doen terwille van die wêreld. Maar nou is dit nog nie die tyd nie, en Ek het nie gekom om iets te vernietig nie, maar net om die gebrokenes op te rig en die verlorenes te soek en te vind. En daarom is dit nou beter dat Ek vir `n tydjie hier weggaan, sodat Ek en jy rus het; want hulle sal My binnekort hier soek, maar nie vind nie, - en dit sal goed wees.” (Matthéüs24:02)

[5] Daarop het ons die ontbyt genuttig en het op ons pad gegaan. Lasarus het ons egter tot in die nabyheid van die Galilese See begelei, en `n groot aantal mense het agter ons aangetrek. Maar by die See, waar ons eers taamlik laat teen die aand aangekom het, het Ek gestop en gedurende die nag het ons daar in `n herberg gebly. Die dag daarop het Lasarus afskeid geneem en met sy mense huiswaarts gekeer

[6] Ek het egter met die studente, waarvan die aantal nou alreeds opnuut meer as sewentig beloop het, op `n groot skip geklim en Ek het met hulle naby aan die stad Tiberias oor die See gevaar. (Johannes 6:1) Toe die volk egter sien dat Ek weggevaar het, het hulle dadelik ook `n aantal skepe gehuur en My so onophoudelik gevolg, omdat hulle die tekens gesien het, wat Ek aan die talle siekes gedoen het. (Johannes 6:2) Ons het, tesame met die talle skepe wat ons begelei het, ongeveer `n uur van die stad Tiberias verwyder, op `n totaal onbewoonde plek geland waaragter daar `n hoë berg hom verhef het. (Johannes 6:3-14)

[7] EK sê egter aan die studente: “Laat ons die berg opgaan! Halfpad wil Ek uitrus sonder om deur die mense wat uit die stad in hierdie rigting kom, opgemerk te word; want die mense van hierdie stad het geen goeie bedoelings nie en nog minder geloof; want dit is `n volk van handelaars wat maar net aan geld en wins dink.”

[8] Dadelik het ons die berg opgegaan tot by die aangegewe plek, wat baie lieflik was en waar baie gras gegroei het, wat ons vir ons rus baie goed te pas gekom het. Daar het Ek met die studente gaan sit (Johannes 6:3). Maar die talle mense wat ons gevolg het, het agter ons aangekom met hul broodmandjies wat hulle saamgeneem het en het om ons heen gaan sit.

[8] Want dit was nou naby die Pasga, die vernaamste fees van die Judeërs (Johannes 6:4), en dan was die gewoonte om `n vars ongesuurde brood in die mandjies saam te neem, en ook gebraaide visse, net soos eiers en lamsvleis. (Johannes 6:4) 

[9] Ek het ongeveer vyf dae hier gebly en ons het almal vier dae lank genoeg te eet en te drink gehad, want by ons rusplek het hom ook `n goeie, vars waterbron bevind. Maar toe die voorraad op die vyfde dag opgebruik was, het Petrus My daarop attent gemaak dat daar byna elke dag meer volk bygekom het, en dat die mense niks meer te ete gehad het nie. (Johannes 6:5)

[10] Toe het Ek My oë opgeslaan en die groot volksmenigte gesien en dat daar baie mense na My toe gekom het. En EK het aan Philippus gesê, wat gewoonlik ons rekeninge betaal het en as Griek wat `n Judeër geword het en dikwels nog swak in sy geloof was: “Ja, waar koop ons nou soveel brood dat hulle almal iets te ete kry?” (Johannes 6:5) Dit het Ek egter maar net gesê om die student, wat nog swak in die geloof was, `n bietjie op die proef te stel, want Ek het tog in elk geval geweet wat Ek wou doen. (Johannes 6:6)

[11] En ons student (Philippus) het egter regop gaan sit en My geantwoord: “Al ons kontantgeld bestaan nou uit tweehonderd pennings, en vir hierdie geld kry mens nie genoeg brood om aan elkeen iets te gee nie.” (Johannes 6:7)

[12] Toe sê `n ander een, wat ook nie die sterkste geloofsheld was nie, hoewel hy `n broer van Sirnon Petrus was (Johannes 6:8): “Heer, hier is wel `n jong seun wat nog vyf garsbrode en twee visse in sy mandjie het; maar wat is dit vir soveel mense?” (Johannes 6:9)

[13] EK sê: “Bring die jong seun na My toe en sorg daarvoor dat die volk ordelik gaan sit!” (Johannes 6:10)

[14] Omdat daar op hierdie plek baie gras was, het die ongeveer vyfduisend mans, vroue en kinders nie ingereken nie, ook alreeds gou gaan sit. (Johannes 6:10) Ek het die brode geneem, die Vader gedank en dit geseën. Daarna het Ek die brode en die visse aan hulle gegee om uit te deel aan almal wat gaan sit het, en Ek het aan alle studente gesê dat hulle van die brode asook van die visse aan elkeen soveel moes gee as wat hulle wou gehad het om versadig te word. (Johannes 6:11) Almal het geëet en is versadig. (Johannes 6;11)

[15] Omdat hulle nie alles kon opeet nie, het EK weer aan die studente gesê: “Versamel die oorgeblewe stukke, sodat niks daarvan bederf en vergaan nie!” (Johannes 6:12)

[16] Die studente het die grootste mandjies geneem en die oorgeblewe brokke versamel wat almal oorgelaat het, wat gevoed is, en hulle het daarmee - let wel - van die vyf klein garsbrode, twaalf groot mandjies tot die rand gevul. (Johannes 6:13)

[17] Toe het die studente gesê: “Waarlik, hierdie volkspysiging oortref die twee van vroeër! Maar wat doen ons nou met die twaalf gevulde mandjies?”

[18] EK sê: “Dit kom die volk toe; hulle sal wel weet wat om daarmee te doen. Ons het dit nie nodig nie, omdat ons ten eerste nou ook versadig is en ten tweede vandag in elk geval na Kapernaum sal gaan.”

[19] Daarop het die studente die vol mandjies aan die volk gegee, en elkeen het `n deel daarvan geneem en niemand kon kla dat hy ook maar iets te kort gekom het nie.

[20] Toe die mense nou die teken sien wat Ek gedoen het, het hulle gesê: “Waarlik, dit is die profeet wat in die wêreld moes kom! Hoe is dit dus daarmee gesteld? As hy magtiger is as enige mag ter wêreld en wyser is as Salomo, word dit hoog tyd dat ons hom met geweld ons koning maak!” (Johannes 6:14)

[21] Omdat Ek egter wel gemerk het dat hulle vas van plan was om My met geweld koning te maak, het EK saggies aan Johannes gesê: “Jy hoor wat die volk van plan is; daarom sal Ek nou gou en ongemerk hoër op hierdie berg verdwyn. (Johannes 6:15) Julle bly egter hier totdat dit aand word. As die volk hulle versprei, dan sal Ek weer na julle toe kom; versprei hulle hulleself egter nie, dan gaan julle na benede na die See. Daar sal `n goeie skip op julle wag; vaar daarmee na Kapernaum, waar Ek julle dan wel sal inhaal!” (Johannes 6:15; Johannes 18:36)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205