Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer wek die gestorwe seun van die tollenaar op

83 Vervolgens het die tollenaar haastig na sy huis gegaan en tuis dadelik gevra hoe dit met sy geliefde seun gegaan het.

[2] Die drie artse het egter aan hom gesê: “Heer, dit is baie ernstig met u seun gesteld! Hy is nie meer te red nie! Ons het wel alles probeer wat ons wetenskap en ervaring ons ingegee het, maar dit was alles vergeefse moeite. As ons hom nog `n uur aan die lewe kan hou dan het ons met hom `n groot wonder bereik!”

[3] Daarna het die tollenaar na sy seun gegaan, wat reeds sterwend was; maar hy het nogtans aan hom gesê: “My seun, hierdie drie artse sal jou nie help nie, maar daar sal spoedig `n ander arts kom wat jou sal help; want op Hom vestig ek al my vertroue en my volle geloof.”

[4] Toe hef die sieke sy hoof op en sê met `n gebroke, swak stem: “Ja, die dood sal my help, - maar geen dokter meer nie!”

[5] Trane het in die vader se oë gekom, en hy het aan sy seun gesê: “Nee, nee, nie die dood nie, maar die lewe sal jou help! Want die onbekende arts, met wie ek gepraat het en wat ek vroeër nog nooit gesien het nie, het geweet, dat jy alreeds sewe jaar siek was, en Hy het ook gesê dat Hy jou nog sou kon help, ook al sou jy alreeds gesterf het, en dus glo ek dan ook vas in Sy woorde.”

[6] Daarop het die seun niks meer gesê nie, en die artse sê: “Ons moet hom volkome met rus laat, want die minste inspanning sal hom doodmaak! Sien, sy gesig het alreeds alle tekens van die dood!”

[7] Dit het nou nog `n halfuur geduur, toe het die sieke nog eenmaal diep gesug en gesterf.

[8] Nou sê die artse: “Waar is nou u arts wat u seun sou kon help, ook al het hy gesterf?!”

[9] Toe het EK die kamer van die sieke binnegekom en het hardop gesê: “Hier staan Ek en Ek is geen grootprater soos julle nie, maar wat Ek sê, is die volste en onbedrieglike waarheid uit die hemele van God!”

[10] Die drie woedende dokters sê: “Hier lê die dooie voor U, onbekende grootprater! Help hom, as dit vir U moontlik is, dan sal ons ons tot op die grond voor U buig en selfs erken dat ons niks anders is as pure grootpraters nie!”

[11] EK sê: “Ek het nie u buiging nie en nog minder u bekentenis nodig, maar Ek doen, wat Ek doen, omdat Ek dit so kan en wil doen, en omdat Ek dit ook so wil doen! As Ek egter sê dat Ek dit kan doen, dan matig Ek My niks aan nie, omdat Ek dit doen uit My hoogste eie krag wat in My is, en Ek het ook geen ander middel daarvoor nodig as My eie, vrye wil nie; maar u verkondig aan die hele wêreld dat u die beste meesters in u kuns is, - en wat is die resultaat van u grootpratery?

[12] Daar voor u lê hy! Die jong man het `n ligte koors gekry, - `n lepel gebrande sout met sewe lepels wyn sou hom vir altyd genees het! U het hierdie geneesmiddel goed geken, maar u het gedink en gesê: “O, dit is die seun van `n ryk man, hy kan die ligte koors jarelank hou, dit lewer vir ons dan baie geld op! As die seun oud genoeg word, sal die koors hom wel in elk geval vanself verlaat.” Ek sê egter aan u, slegte dokters: Die koors sou die seun ook alreeds lank gelede verlaat het, maar u het dit in stand gehou om daaruit `n verdienste te maak, en u het `n verterende koors daarvan gemaak wat u nou nie meer kon genees nie, en sodoende het u vanweë u gemene hebsug, ware moordenaars van hierdie jongman geword!

[13] U het My `n grootprater genoem en u het My nooit voorheen gesien en geken nie; Ek ken u egter alreeds lankal en sê nou as u 'grootprater' oor u die volle waarheid en daardeur het Ek u u eie bekentenis gespaar! Van die feit dat Ek nou oor u die waarheid gespreek het, sal die weer volkome tot lewe wekking van hierdie gestorwe mens die duidelikste getuienis gee!”

[14] Toe het die drie artse, honend glimlaggend, gesê: “Nou, dan is ons beslis van elke aanklag vrygespreek!”

[15] EK sê: “Dit sal dadelik blyk!”

[16] Daarby het Ek na die dooie toe gestap en sê: “Jorabe, staan op uit jou slaap en getuig oor die groot valsheid van hierdie drie, wat My vantevore as `n grootprater uitgemaak het!”

[17] Oombliklik het die dooie van sy bed opgestaan en was so fris en gesond asof hy nooit iets makeer het nie. Die vader het toe daaroor so vol vreugde geword dat hy nie geweet het of hy My of die seun wat aan hom teruggegee was, die eerste uit liefde en dankbaarheid aan sy bors moes druk nie.

[18] Maar EK sê aan hom: “Wag maar daarmee; sorg egter daarvoor dat u seun Jorabe iets te ete kry en daarna `n bietjie wyn!”

[19] Dit is alles vinnig gereël, net soos `n voortreflike maaltyd vir ons.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205