Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor die siektes en oor die vroegtydige dood

55 Toe sê `n Judese Griek: “Majesteit en Heer, dit is vir ons almal nou heeltemal duidelik; maar nogtans is daar nog een ding waarvoor ek geen egte rede kan bedink nie. Waarom moet daar tog soveel kinders in hul prille, nog heeltemal onontwikkelde jeug sterf, en waarom moet die liggaamlike dood byna altyd deur `n ernstige siekte voorafgegaan word wat die liggaam verswak en ook dood? As `n mens eenmaal ryp is, sou hy as siel tog wel baie maklik en sonder pyn die liggaam kon verlaat, en kinders sou voordat hulle `n bepaalde graad van rypheid bereik het, nooit as te nimmer moet sterf nie. Maar nogtans gebeur dit voortdurend: Kinders sterf op alle leeftye, en die ernstige siektes verdwyn nie en is `n voortdurende plaag vir die mense. O Majesteit en Heer, waarvoor is dit nou op hierdie aarde nodig?”

[2] EK sê: “Dit sou glad nie nodig gewees het nie, en dit was ook nie so in die voortyd nie; want het jy dalk in enige kroniek gelees oor ernstige siektes by die mense wat aan God getrou was en volgens Sy gebooie geleef het?! Hulle het almal `n hoë leeftyd bereik en hul sterwe was `n sagte, pynlose inslaap. Toe het daar ook geen kind gesterf nie, want hy of sy is deur gesonde ouers verwek en op `n gesonde, natuurlike manier gevoed en opgevoed.

[3] Toe daar later by die mense egter allerlei vorme van hoogmoed en daarmee `n baie groot leër van die ergste sondes teen die gebooie van God en die wette van die natuur ingang gevind het, het daar eers deur eie skuld allerlei kwaadaardige siektes onder die mense gekom. Die mense wat daardeur verswak is, kon vervolgens ook geen gesonde kinders meer verwek nie. Sulke kinders, wat reeds vanaf die moederliggaam verswak is, het geleidelik steeds meer begin ly aan allerlei siektes en toe in verskeie leeftydstadia gesterf.

[4] Omdat dit nou so gaan, moet julle nie dink dat God dit vanweë die een of ander onnaspeurbare geheime voorneme by die mense ingestel het nie; Hy het dit egter toegelaat, sodat die mense ten eerste deur die siektes weggehou kan word van te veel sonde, en ten tweede, sodat hulle deur die bittere en pynlike siektes meer van die wêreld losgemaak word, tot inkeer kom, hul sondes insien, dit verafsku en so met geduld en oorgawe aan die Goddelike wil salig kan word.

[5] So is dit ook by die kinders. Wat moet daar op hierdie aarde van `n kind, wat liggaamlik heeltemal in sy ontwikkeling gestrem is, word, en in die besonder by ouers wat self in alle sonde gebore is?! Wie sal hulle opvoed en wie sal hulle genees van al hul kwale?! Is dit dan nie beter dat hulle van hierdie wêreld weggeneem word en daarna in die hiernamaals in die kinderryk, wat spesiaal vir hulle bestaan, deur die engele grootgemaak word nie?!

[6] Ek sê vir julle: God weet alles en sorg ook vir alles! Maar hoe kan die mense in hierdie tyd, aangesien die meeste God gladnie meer ken en niks van Hom af weet nie, dan weet wat God doen en wat Hy voorskryf vir hul moontlike geluksaligheid?!

[7] As God geen siektes sou toegelaat het wat ooreenstem met die sondes van die mense nie, dan sou meer as die helfte van die mensdom heeltemal ten gronde gegaan het, en die aarde sal `n volkome hel word en verwoes moet word en as dooie brokstukke in die eindelose wêreldruimte moet ronddwaal, soos wat daar in die sigbare heelal met sy sterre en wêrelde ook alreeds soortgelyke voorbeelde te vinde is, waaroor My studente julle wel ietwat meer sal kan vertel. - En nou vra Ek julle, hoe julle dit begryp en opgeneem het.”

[8] Toe sê die Joodse Grieke: “Ja, Majesteit en Heer, ook dit is nou volkome duidelik vir ons, en dit vererg ons ook heeltemal nie meer dat ons ook reeds verskeie kere ernstig siek was en dat ons hoogswaarskynlik uiteindelik nog deur `n ernstige siekte van hierdie wêreld na die ander gehelp sal word nie; want ons het gedurende ons lewe ook baie dikwels en baie erg gesondig! Maar nou sal ons nog graag van U wil weet watter sondes die oorsaak is van die meeste en ernstigste siektes; want daarin sal tog ook wel verskille wees.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205