Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

`n Evangelie van blymoedigheid

18 Daarop het Martha en Maria hulle dadelik na die voorraadkamer gehaas, brood en wyn en gebraaide skaapvleis gaan haal en alles op `n sytafel geplaas, omdat daar op ons tafel geen plek meer was nie.

[2] Toe die burgers heel eerbiedig na ons in die kamer gekom het, sê EK dadelik heel vriendelik aan hulle: “Laat nou die groot eerbied maar vaar! Julle het honger en dors, eet en drink daarom welgemoed! As die kinders van die nag, wat in die oordeel en die dood is, opgeruimd is tydens hulle smulpartye, - waarom sal die kinders van die lig en die lewe in die aanwesigheid van hulle hemelse Vader dit dan nie wees nie?! Want Ek sê vir julle: Waar Ek is, is ook die Vader. Wees dus almal bly en opgeruimd en eet en drink!”

[3] Die burgers het gedank, gaan sit en het flink begin eet en drink en vertel aan ons vertel hoe goed hulle geslaag het om vir `n aantal maande afskeid te neem van hulle families. Ek het hulle daarvoor geprys en hulle ware moed en uithouvermoë aanbeveel, waarsonder hulle My met min sukses sou kon navolg. Hulle het dit beloof en hulle ook aan hulle belofte gehou, soos wat later nog `n keer sal blyk.

[4] Tydens hierdie gesprek met die burgers van Jerusalem, het MARTHA egter saggies aan Lasarus gesê: “Broer, stel jouself voor: Alweer `n wonderwerk! Gister en vandag het ons vir so baie mense tog `n groot hoeveelheid verbruik en kyk nou, uit ons groot voorraadkamer ontbreek nie net iets nie, maar van alles is daar nou tienmaal soveel en in ons groot en kleiner wynkelder is alle sakke vol wyn! Dit kon niemand anders as net die Heer in Sy oorgrote goedheid en liefde vir ons gedoen het nie en dus het Hy geen spys en drank van ons geneem nie, maar het ons almal aan Sy tafel geëet en gedrink!”

[5] Toe het Lasarus behoorlik verleë geword en hy het nie geweet wat hy daarop moes sê nie.

[6] Maar EK het sy verleentheid egter opgemerk en sê saggies aan hom: “Maak jou geen sorge daaroor nie, want sien, ons sal byna die halwe winter in alle rus in hierdie omgewing vertoef en nog dikwels jou gaste en ook ons herbergier se gaste wees! Daar sal gedurende die komende winter baie siekes in hierdie streke rondom Jerusalem wees en Ek sal hulle by daardie geleentheid genees sodat hulle sal ondervind dat die Messias, wat gekom het, hulle nou gehelp het en hulle sal in Sy Naam glo.

[7] Na die helfte van die winter sal Ek vir `n kort tyd `n besoek bring aan die opregte Galileër Kisjonah en daarna `n paar dae weer vir die Pasga hierheen kom, maar nog voor die fees weer na Galilea vertrek. Sien, ons sal dus behoorlik lank by jou vertoef en ook werklik heelwat gebruik; en daarom seën Ek jou voorraadkamer en wynkelder soveel! Wees egter stil en sê aan niemand iets daaroor nie!” 

[8] Lasarus het My in stilte gedank en het daarop sy susters gerusgestel; en toe hulle dit gehoor het, het hulle so vol vreugde geword, dat hulle byna in trane uitgebars het en `n oomblik na buite moes gaan om daar hulle vreugdetrane die vrye loop te laat neem sonder dat iemand dit opgemerk het. Daarna het hulle weer na ons teruggekom en in ons vreugde gedeel. Toe die burgers uiteindelik ook versadig was, het hulle hul dank uitgespreek en van hulle plekke af opgestaan.

[9] Maar EK sê aan hulle: “As julle verder niks te doen het nie, bly dan sit, dan sal ons tesame vrolik wees; die oomblik om treurig te wees sal nog vroeg genoeg kom!

[10] My studente mag geen druilore wees en met skynheilige gesigte en voorgewende vroomheid rondloop om die mense te laat glo asof hulle maar net met hulle voete nog aan die aarde raak nie, maar met die res van hulle liggaam alreeds in die hemele is en heeltemal vervul is van die Gees van God, - maar julle moet voor elkeen `n openlike en opgeruimde gesig laat sien, sodat elkeen baie vertroue in julle kan kry, dan sal julle baie seën uit die hemele onder die mense versprei.

[11] Sien, die waaragtige Gees van God woon volkome in My en julle het My nog nooit met hangende hoof en vroom neergeslaan oë sien rondstap nie, maar Ek loop met `n openlike en heel natuurlike gesig rond en Ek stap op `n weg wat steeds volkome reguit is en by eerlike en opgeruimde mense is Ek vriendelik en opgeruimd en treurendes en angstiges maak Ek vrolik en moedig en as studente van My moet julle volgens julle hoogste eie vrye wil net dieselfde wees!

[12] Daarom sê Ek aan julle almal nog `n keer, dat julle volkome vry van gees moet wees en vrolik en opgeruimd deur die wêreld moet gaan, sonder om aan die wêreld te hang. Want netsoos Ek Self in die wêreld gekom het om aan alle mense `n blye en uiters saligmakende boodskap uit die hoogste hemele oor te bring, wat elkeen op so `n wyse die grootste troos moet gee, dat selfs die ergste marteldood hom nie droewig sal stem nie - omdat hy sien en moet sien dat daar vir hom geen dood meer bestaan en kan bestaan nie en dat in My ewige Ryk vir hom nòg hierdie aarde nòg die hele sigbare hemel ooit meer verlore kan gaan en dat hy bowendien daarby nog groot heerskappy oor heelwat sal verkry, - so sal Ek ook julle, wanneer julle in die Gees en in die Krag van My leer bekwaam word, in My Naam uitstuur om aan alle volke van die aarde hierdie blye boodskap uit die hemele oor te bring.

[13] Maar wie sal so `n besondere blye boodskap met `n treurige, bedeesde, vreesagtige, angstige en moedelose gesig wil of kan oorbring? Daarom, vir altyd weg daarmee en weg met die oordrewe eerbied selfs vir My; want met dit alles sou julle nooit geskik wees om vir iets groots geroep en uitgekies te word nie en nog minder om iets belangrik en groots te verrig nie!

[14] As julle My uit die grond van julle harte liefhet, is dit vir My volkome; alles wat meer is, is dom, het geen nut nie en maak van die mens, My ewebeeld, `n lafhartige skepsel wat vir niks groots deug of bruikbaar is nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205