|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 211
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
`n Weddenskap tussen Agricola en `n Fariseër
211 Een van hulle wat gelowiger was, sê: 'Daarin het julle nie heeltemal ongelyk nie, maar by ons Judeërs is tog ook mense wat geleer het, en dus ook ietwat verstaan en daardeur ook die een en ander kan ondersoek en beoordeel. En so is daar ook priesters wat meer verstaan as wat `n mens as vreemdeling sou dink.'
[2] Die Romein sê: 'Ag, ek dink ook dat julle Judeërs die een en ander moes geleer het! Maar wat julle geleer het, is tog lank nie voldoende om die verstand van `n Romein te beoordeel nie, laat staan nog die wysheid van hierdie Elohimmens, wat werklik onbegrens is en waarvoor ons die grootste eerbied het.
[3] Ek wil met julle sewe `n weddenskap vir duisend pond goud aangaan, dat julle my op geen enkele vraag wat ek persoonlik kan bedink, die korrekte antwoord sou kon gee nie. En as dit so seker is dat julle dit nie kan doen nie, hoe wil julle dan vir ons bewys dat hierdie Elohimmens nie die volkome regte en ware Messias is nie? Laat julle knapste kop hier kom, en selfs met hom gaan ek die genoemde weddenskap aan! As teenbewys sal ek dan hierdie Elohimmens, in julle teenwoordigheid die moeilikste vraag stel en dan verwed ek tienduisend pond goud daarop dat Hy my alles sal beantwoord. As Hy egter vir my vrae sal stel, sal ek Hom op duisend vrae nie één kon beantwoord nie, hoewel ek sekerlik duisendmaal meer kennis het as die meeste wyses van julle.'
[4] `n Fariseër sê: 'Vriend, dan speel jy `n baie gewaagde spel met jou goud, want ons het ervaring op baie terreine!'
[5] Die Romein sê: 'Goed, die goud stel vir my niks voor nie, want ek besit nog meer as duisendmaal die bedrag van hierdie weddenskap! Maar wat ek as Romeinse patrisiër (edelman) sê, daaraan hou ek my ook met lewe en dood! Verstaan julle dit? Laat my dus vrae aan julle stel! Beantwoord julle die vrae goed, dan het julle duisend pond goud verdien; as julle dit egter nie kan nie, betaal julle my slegs honderd pond as straf vir julle aanmatiging teenoor ons Romeine wat julle base is!'
[6] Die sewe bespreek hierna onder mekaar of hulle hierdie pragtige weddenskap sou aangaan. Eén dink dat dit tog wel baie gewaagd was, omdat jy tog nie kon weet wat die Romein alles sou vra nie.
[7] Maar een van die mees ongelowiges van hulle sê: 'Ek glo dat die heiden my geen enkele verstandige vraag sal kan stel wat ek nie sou kon beantwoord nie. Ek neem die weddenskap aan; maar daar moet ook skeidsregters by wees, wat sal vasstel of my antwoord goed en waar is.'
[8] En hy sê vir die Romein: 'As ons hier `n kundige en onbevooroordeelde skeidsregter kan kry, neem ek die weddenskap aan!'
[9] Die Romein sê: 'Goed, stel julle maar een aan! Hier is nou `n paar honderd mense, - hulle sal tog wel kan beoordeel of jou antwoord waar, goed en ter sake kundig is? Ek het alreeds my skeidsregter.'
[10] Daarop sê die Fariseër smalend: 'Dit is goed, vra maar, - die weddenskap begin!'
[11] Die Romein staan op en sê nog `n keer vir die Fariseër: 'Vriend, nie so ligsinnig nie! Want ek sê vir jou nog één keer dat jy my die antwoord op elke vraag sal skuldig bly, en die honderd pond goud sal nie aan jou geskenk word nie.'
[12] Die Fariseër sê baie trots: 'Dit is goed, die weddenskap het begin! Ek stel slegs nog die voorwaarde dat jy daarvoor dieselfde aantal vrae deur my aan jou gestel moet beantwoord. Eers as jy daarby geen enkele korrekte antwoord skuldig gebly het nie, kry jy die honderd pond goud.'
[13] Die Romein sê: 'Ek stem heeltemal in met die voorstel, en ek sal jou in totaal slegs tien vrae stel. Luister dus!
[14] Omdat ons Romeine ook oor die algemeen baie weet van julle profete, sou ek graag `n korrekte uitleg wil hê van wat die profeet JeshaJaH in die tiende hoofstuk bedoel het, toe hy gesê het:
[15] 'Wee die Skrifgeleerdes wat onware wette maak, en dit gebruik om `n onregverdige oordeel uit te skryf ten einde die belang van die armes te verkrag en die goeie reg van die armsaliges onder My volk geweld aan te doen, sodat daardeur die weduwees hulle prooi en die wese hulle buit moet word! Wat dink jy om te doen op die dag van die groot oordeel en op die dag van die groot beproewing wat van ver weg oor julle heen sal kom? Na wie toe wil jy dan vlug om hulp te kry? En waar sal julle julle eer laat om te voorkom dat dit onder die gevangenes gebuig sal word en onder die verslaenes sal val? In dit alles hou die toorn van JaHWeH nie op en Sy hand is oor julle uitgestrek.'
JesaJaH 10 (‘Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe, om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder My volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder. Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre? Hulle kan maar net buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is Sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.’)
[16] Dit, my vriend, is die eerste vraag, heeltemal op julle terrein, sodat jy nie kan sê dat ek jou oor iets onbekends gevra het nie. Gee my die korrekte antwoord daarop!'
[17] Toe die hoogdrawende Fariseër hierdie vraag hoor en hierdie teks van die profeet, waaroor hy hom dodelik verleë voel, word sy tong volledig lamgelê, en hy weet nie wat hy daarop moes sê nie, omdat juis in hierdie teks die gruweldade van die Fariseërs, presies soos wat hulle was, baie duidelik na vore kom.
[18] Toe die Fariseër met die antwoord peusel, sê die Romein: 'Ja vriend, as jy die orige nege vrae ook so sal beantwoord, sal ons skeidsregters dit maklik hê met hulle oordeel! Ken jy dan nie julle Skrif nie?'
[19] Ten slotte sê die Fariseër: 'O, ek ken dit goed; maar dit is nie passend om dit hier uit te lê nie, dit kan slegs in die tempel gedoen word, en selfs daar is dit vir die volk beter as hulle dit nie alles ervaar en verstaan nie!'
[20] Die Romein sê: 'O, dit glo ek graag; want as julle dit aan julle reeds heeltemal uitgeplunderde volk sou voorgelees en uitgelê het, dan sou hulle julle al lankal as weeluise weggebrand het! Doen ek julle `n onreg aan as ek julle in julle gesig sê dat julle aan geen enkele God glo nie? Want sou julle aan `n God geglo het, dan sou julle mees beroemde profeet julle nie so `n goddelose getuienis gegee het nie. Ek sê dit vir julle: Nou is die tyd van julle groot oordeel en julle ongeluk het gekom! Waar wil julle heen vlug om hulp te kry?
[21] Maar genoeg daaroor! Die eerste vraag is so goed as verby. Ons gaan na die tweede oor; miskien vaar jy daarmee beter!'
[22] Die agterdogtige Fariseër sê: 'Maar ek eis nadruklik `n beter vraag!'
[23] Die volk het egter in stilte leedvermaak en sou die Romein op staande voet wou omhels het.
|
|
|
|
|