|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 74
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die skip van die Fariseërs op die woeste see
74 Die dogter, wat opnuut tot lewe gebring is, het met haar moeder en haar susters en broers ook na ons toe gekom en na die gesprek van die studente geluister, wat hierdie keer baie oor bose spookgeeste en duiwels te vertel gehad het, en ook beweer het dat baie mense nie in staat was hulle teen die vervolging van hierdie sigbare, slegte wesens te beskerm nie. Dat God die dinge toegelaat het, was nie so goed te begryp nie, en volgens hulle moet mense, wat deur die duiwel besete was, eers goed onder beskouing geneem word, veral daar waar die besetenheid alreeds by baie jong kinders voorkom.
[2] Toe het ook ons herbergier gesê: “Ja, dit is juis `n baie merkwaardige saak wat absoluut onbegryplik is! Ek self het alreeds dikwels verskynsels van hierdie aard by kinders op vyfjarige leeftyd gesien, wat op die ellendigste wyse toegetakel was deur geeste wat van hulle besit geneem het. Die merkwaardige daarby is net dat byna niemand meer sulke kwale kan verhelp nie.”
[3] EK sê: “My ou studente is alreeds ingewy daarin en kan `n uitleg daaroor aan jou gee, naamlik Simon Juda - nou Petrus - en Jakobus en Johannes; hulle kan die kwale ook dadelik verhelp net soos Ek. Maar Ekself sê nou verder niks daaroor nie, want Ek het alreeds vroeër gesê dat Ek `n paar dae sal rus ten opsigte van onderwysing en ook dade. Julle almal kan egter praat en doen wat julle wil; maak My net nie bekend in hierdie omgewing nie en nog minder in die stad!”
[4] Die studente het toe hul vertellings voortgesit en Johannes het aan die nuwe studente die verskynsel van besetenheid verduidelik, en toe hy so teen middernag daarmee klaar was, het ons ons almal ter ruste begewe.
[5] Die oggend het ons egter alreeds behoorlik vroeg opgestaan, en Ek het met die drie genoemde studente vóór die ontbyt na buite gegaan. Die herbergier het ons ook alreeds gou gevolg, maar die ander studente het in die huis gebly en heelwat opgeskryf. Ons het egter oor die lot van die skip van die Fariseërs gepraat, wat nog in die middel van die see met die magtige golwe geworstel het. Die herbergier het gevra of die wind dit nog nie tot agter die stad Tiberias sou gedryf het nie.
[6] Maar EK sê: “Tot nou toe nog nie; dit sal hulle eers oor `n paar dae ten deel val, dit wil sê, as hulle hul ingesteldheid ietwat sal verander, - andersins laat Ek hulle nog `n aantal dae byna in die middel van die see bly en tevergeefs roei!”
[7] Die herbergier het nou begryp dat daar met My beslis nie te skerts is nie, en was dit met My eens dat Ek die kwaadaardige vervolgers van My Persoon soveel moeite besorg het. Die herbergier was juis `n groot vyand van die tempeldienaars en dit het aan hom daarom baie vreugde gegee wanneer hulle baie in enige noute gedryf is.
[8] Ons het nou nie verder meer daaroor gepraat nie en het na die hoë golwe van die see en die talle swerms watervoëls gekyk, wat by sulke hoë golwe altyd aanwesig is en hul voedsel gesoek het. Die herbergier het gevra waar hierdie voëls hulle dan ophou as die see rustig was.
[9] En Petrus, as visser wat baie goed vertroud was met die see, sê: “Sien, dit is eintlik `n soort waterroofdier, wat net so dikwels en in groot getalle te sien is wanneer daar vir hulle iets te roof is; andersins sit hulle langs die oewers van die see op gedeeltes wat nie toeganklik is nie, nòg vanaf die land, nòg vanaf die water. Op sulke plekke vind mens baie insekte en wurms, wat vir hierdie diere as voedsel dien. Gedurende groot storms kruip die insekte en wurms egter weg en dan gaan die voëls hongerig op rooftogte na klein vissies, en as die storm gaan lê, keer hulle weer terug na die plek waar hulle hul goed verborge neste het. Nou weet jy wat jy nog nie geweet het nie; dit is weliswaar nie so belangrik nie, maar nogtans is dit goed om ook hierdie soort dinge te weet.”
[10] Die herbergier was heel tevrede daarmee en het gedink dat ons nou wel kon teruggaan vir die ontbyt.
|
|
|
|
|