Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die nuwe ster en die nuwe Jerusalem. Die voorwaarde vir die ewige lewe

13 Toe vra LASARUS: “Heer, dit is `n onbekende ster, wat ek nog nooit voorheen gesien het nie! Wat se ster is dit en wat beteken dit?”

[2] EK sê: “Wees jy maar net rustig, want julle sal almal hierdie ster dadelik van naderby leer ken!”

[3] Daarop het Ek vir alle aanwesiges vir enkele oomblikke hul innerlike gesig geopen en die ster het `n wêreld vol lig geword en in die middel daarvan het `n nuwe Jerusalem gestaan, wat twaalf poorte gehad het en die ringmure, wat `n vierkant gevorm het, was uit eweveel soorte edelstene gebou soos wat daar poorte in die stad was. Deur alle poorte het engele in- en uitgegaan; ook was Moses en EliJaH weer aanwesig met nog talle ander profete. Die Judeërs het hulle uitermate daaroor verbaas en het begin om My te loof en te prys omdat Ek aan hulle die groot barmhartigheid bewys het om hulle dit te laat sien. Maar Ek het hulle weer in hulle natuurlike toestand teruggeroep en toe het hulle maar net weer die helder ster gesien, wat steeds kleiner geword en uiteindelik heeltemal verdwyn het.

[4] Toe die hele skouspel ten einde was, het byna almal tegelyk vir My gevra wat dit nou was.

[5] EK sê: “Daar was My nuwe leer te sien, wat Ek uit die hemele aan julle gee. Dit is die ware, nuwe Jerusalem uit die hemele; want die ou, aardse het geen waarde meer nie. Die twaalf poorte dui op die twaalf egte stamme van Israel en die twaalf soorte edelstene van die ringmure dui op die tien gebooie van Moses en die boonste twee rye uit diamant en robyn dui op My twee gebooie van die liefde vir God en die naaste. Die engele wat by die poorte uit- en ingaan, dui op die talle waarhede wat vir die mense duidelik word deur My leer getrou in ag te neem. Diegene wat uit die stad uit gaan, gee die groot wysheid weer van My leer en die talle mense wat in die stad ingaan, gee weer hoe die mense hierdie leer van My as pure liefde ook in hulle harte moet laat kom en daarvolgens moet handel, dan sal hulle daardeur tot die ware, geestelike wedergeboorte kom en daardeur in alle waarheid en wysheid binnegelei word. 

[6] Dit is die betekenis van hierdie gesig en dit is dan ook die ware barmhartigheidson vir elkeen wat My woord hoor en daarvolgens leef en daarin sal ook almal wat nou en later in My glo, vir ewig by My wees en by My woon en saam met My alles bestuur en lei wat in die ewige ruimte geskape is.

[7] Julle verstaan dit weliswaar nou nog nie en julle kan dit ook nie verstaan nie; maar as julle bly in die geloof in My en doen wat My leer sê, dan sal julle, as julle glo en julle liefde ryp geword het, gedoop word deur die Heilige Gees, wat Ek aan almal sal stuur wat deur hulle lewe laat sien dat hulle in My glo en in Hom, wat My uit Hom in die vlees as Menseseun in hierdie wêreld gestuur het; want die eintlike, ware, ewige lewe is: dat julle in My as die waaragtige Seun van die Vader in die hemel glo en volgens Sy leer leef.

[8] Wanneer die Gees egter, van Wie Ek nou met julle gespreek het, na julle sal kom en julle sal deurdring, sal julle uit julleself alles begryp wat julle nou almal sien en hoor, maar deur julle suiwer natuurlike gesteldheid nie kan begryp nie; want die liggaam kan die gees nie begryp nie en is in elk geval in sigself dood. Dit het geen ander lewe as maar net die tydelike meelewe uit die lewenskrag van die siel nie, wat aan die gees verwant is en wat heeltemal na hom kan lyk en een met hom kan word as sy haarself heeltemal van die wêreld sal afwend en hom sien en net gerig wees op die mees innerlike, geestelike, volgens die orde en wyse soos wat My leer en My persoonlike voorbeeld dit julle laat sien het.

[9] Daarom moet elkeen van julle homself inspan om sy siel deur sy eie krag te red; want dink julle dat sy, as sy in die oordeel kom, haarself wel sal kan red sonder om middele daarvoor te hê, terwyl sy haar hier met soveel middele wat haar ten dienste gestaan het, nie kan red as sy nie bedink dat sy haarself as `n onskatbare goed moet sien dat, as sy verlore gaan, in eie krag deur niks weer gekoop of verkry kan word nie?!

[10] Laat elkeen daarom bo alles sy siel probeer red! Want vir almal sê Ek, dat dit aan die ander kant so sal wees: Wie liefde en waarheid, en dus die korrekte orde van God, in haar het, sal daar onmiddellik nog baie daarby gegee word; wie dit egter nie het nie of te min het, van haar sal ook dit wat sy uiteindelik nog het, afgeneem word, sodat sy dan heeltemal niks sal hê nie en naak, sonder middele en sodoende sonder hulp daar sal wees. Wie sal hom daar oor haar ontferm en haar vrykoop?! Waarlik, Ek sê vir julle: Eén uur hier is meer werd as duisend jaar daar! - Skryf hierdie woorde diep in julle harte; maar voorlopig moet elkeen dit vir homself hou!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205