|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die nagtelike storm tydens die onweer
12 Toe het daar `n geweldige, sterk wind opgesteek en in die ooste het swaar wolke met die voorkoms van `n rooi gloed opgestyg. Hierdie verskynsel het almal opgeval, omdat dit hier tot die groot seldsaamhede behoort het. Daar was nou ook alreeds weerligstrale sigbaar wat in alle rigtings deur die digte wolkedak beweeg het en mens het ook `n ver, maar geweldige gerol van die donder gehoor.
[2] Almal het ietwat angstig in hul gemoed geword en LASARUS sê aan My: “Heer, kyk na die geweldige onweer! Dit lyk presies asof dit in ons rigting kom! Wat sou U daarvan dink as ons miskien tog maar liewer na binne sou gaan; want sulke nagtelike onweersbuie is dikwels baie gevaarlik!”
[3] EK sê: “Wees maar rustig, Lasarus; want sonder My wil sou die onweer nie gekom het nie! Maar waarom Ek dit laat kom, sal jy later wel merk.”
[4] Daarop het Lasarus rustig geword; maar toe die onweer steeds nader en tot digby ons gekom het, het die Judeërs ietwat angstig begin word en heimlik aan die studente gevra of Ek dan nie bang was vir die swaar, vinnig naderende onweer nie.
[5] DIE STUDENTE sê egter: “Hy is ook Heer oor die storms en die onweer en alle elemente moet Sy wil gehoorsaam, daarom hoef ons in Sy teenwoordigheid vir geen onweer bang te wees nie.”
[6] Die Judeërs het goed op hierdie opbeurende trooswoorde gereageer en het rustiger geword. Maar DIE TWINTIG JOODSE PRIESTERS het buitengewoon onrustig en bang geword, veral toe die weerligstrale keer op keer mekaar met luide geknetter opgevolg het. Hulle het opgestaan, na My toe gekom en gesê: “Heer, vir Wie alle dinge moontlik is, gebied tog die verskriklike onweer om op te hou, anders loop dit met ons almal sleg af, want dit is `n gevaarlike onweer! Ons het in ons hele lewe maar net drie sulke storms beleef en daar het toe ook laat in die aand baie mense en diere omgekom. Destyds het die reën, net soos nou, gepaard gegaan met weerligstrale en donderslae en wie getref is, was ook dadelik `n kind des doods. Net hulle wat in stewiggeboude huise `n goeie heenkome gesoek het, het in die lewe gebly. Besonder hewig was die swaar onweer twintig jaar gelede in Damaskus. Wie toe buite was, kon met moeite sy lewe red. Daarom sou dit miskien ook hier beter wees as ons tog na binne sou gaan; want dit kan met ons hier almal besonder sleg gaan as die erge onweer bo ons kom staan. Ook die wind word nou alreeds so hewig dat mens dit nouliks nog kan verdra!”
[7] EK sê: “Doen dit nie, want ook tydens hierdie onweer moet julle God se krag en mag in die Menseseun leer ken!”
[8] Nouliks het Ek dit gesê, of die onweer het alreeds ver na alle kante uitgestrek, presies bo ons hoof gehang en onophoudelik het daar duisende weerligstrale uit die digte wolkedak geskiet. Baie het daar om ons heen met luide geknetter in die heuwel geslaan.
[9] Toe begin DIE JUDEËRS luidkeels te roep: “O Heer, help ons, anders is ons almal verlore!”
[10] Maar EK sê: “Is daar dan al iemand deur die weerlig getref, dat julle so hard roep?! Diegene, wat by My is, word deur geen gevaar bedreig nie. Leer egter nou die mag van die Vader in die Seun ken; want hierdie onweer is ook `n oordeel en dit staan onder My gesag! Ek het dit opgeroep en kan dit ook weer laat verdwyn, wanneer en hoe Ek maar wil. Maar vir julle, twintig priesters, is dit `n simbool van julle gemoed; want presies so en nog erger as dit wat nou bo ons daar uitsien, het dit nouliks drie uur gelede in julle harte daar uitgesien.
[11] Maar - glo My - dit is makliker vir My om hierdie onweer te beveel om tesame met die sterk stormwind op te hou, as om julle harte hul bose hartstogte te beveel! Om julle innerlike onweer te bemeester, was baie woorde en groot tekens nodig, maar vir hierdie enkele, geweldige onweer is net één woord nodig en dan is dit nie meer daar nie!
[12] Maar soos wat My barmhartigheid, na die verdrywing van julle innerlike, bose onweer vir julle lig begin gee, so sal ook hier na die verdrywing van die bose onweer My barmhartigheid simbolies aan die uitspansel sigbaar word. Sien eers, daar skiet alreeds `n groot aantal weerligstrale uit die digte wolkemassas wat na alle kante uitgestrek is, maar die aantal is nog lank nie gelyk aan dié van julle sonde nie! Hieruit kan julle nou opnuut sien, hoe dit met julle gesteld was! Ek sou die onweer nog `n volle uur moet laat voortduur om die aantal weerligstrale gelyk te laat word aan dié van julle sondes; maar dit sou vir julle verder geen innerlike waarde hê nie en daarom laat ons dus die onweer, wat julle almal nou alreeds baie bang maak, verdwyn! En daarom gebied Ek jou, monster, om uiteen te val en te verdwyn! Amen.”
[13] Op dieselfde oomblik het sowel onweer as die stormwind verstom, die wolke het opgelos, die sterre het weer in hulle ou prag en majesteit begin skitter en reg bo ons het `n groot ster gestraal, wat niemand geken het nie.
|
|
|
|
|