|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 24
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die genesings van die Heer in `n plek by Bethlehem
24 DIE MEESTER VAN DIE HUIS, `n opregte Romein, wat ook heel goed Hebreeus gepraat het, sê: “Ja, my liewe gaste, ek is baie verheug oor die besoek van so `n groot aantal gaste, maar daar het in my groot herberg wat ryklik van alles voorsien is, `n ware MALUM OMEN* ingetree. Al vir agt dae lank lê my dapper vrou, wat in die bestuur van die kombuis baie bedrewe is en ook my twee oudste dogters, wat net so bruikbaar is, met hoë koors in die bed. Nòg Griekse nòg Judese artse kon hulle help en daarom sien my kombuis nou baie sleg daaruit. Brood en wyn het ek wel, maar ander geregte is selfs vir my nou heel moeilik te kry!” *(SLEGTE TEKEN, IN DIE SIN VAN TEËSPOED)
[2] LASARUS, wat die herbergier alreeds lankal geken het, sê: “Maak jou maar geen sorge oor jou huislike probleme nie; jou huis het nou `n groot heil ervaar! Sien, die groot Wonderheiland is hier by ons, oor wie jy al baie van reisigers uit Galilea gehoor het! Vra Hom net, dan sal dit dadelik beter gaan met jou siekes!”
[3] DIE HERBERGIER vra: “Wie is dit? Ek het reeds meermale ongelooflike dinge oor Hom gehoor!”
[4] LASARUS sê: “Hy staan langs my!”
[5] Toe die herbergier dit gehoor het, het hy letterlik voor My neergeval en My gesmeek om sy drie siekes te help; want hy het vas geglo wat Lasarus aan hom vertel het.
[6] Maar EK sê aan hom: “Staan op en gaan heen; want met jou siekes gaan dit alreeds heeltemal beter, laat hulle maar `n goeie maaltyd vir ons voorberei!”
[7] Toe het die herbergier opgestaan en hom na die SIEKES gehaas, wat heel opgeruimd aan hom gesê het: “Sien, ons het ineens so gesond geword soos nooit tevore nie! As jy wil, staan ons op en gaan in die kombuis werk!”
[8] DIE HERBERGIER sê: “Doen dit; want ek weet dat julle volkome gesond is! Die res vertel ek nog wel aan julle!”
[9] Maar die vroue het nogtans aan die herbergier gevra om vinnig aan hulle te sê wie hulle groot weldoener was, dan kon hulle na hom toe kon gaan om hom solank te bedank.
[10] Die herbergier het egter gesê, dat hy met ruim vyftig gaste gekom het en dat hulle almal bo alles `n goeie middagete verlang het. Hoewel dit nou alreeds byna die vyfde uur na die middag was, kon hy niks anders aan hulle gee as brood, wyn en sout nie. Daarom moes hulle hulle dankbaarheid vir die groot weldoener veral in die kombuis toon, vir die ander sou daar ook na die maaltyd nog genoeg tyd wees.
[11] Hierdie woorde het die regte uitwerking gehad en die kokke was so vinnig soos die wind in die kombuis en die talle dienspersoneellede moes dadelik allerlei opdragte uitvoer om die drie in die kombuis met al hulle kragte te help. Vervolgens het die herbergier opgeruimd die groot gastekamer binnegekom en My met trane in sy oë gedank vir hierdie groot barmhartigheid wat aan hom bewys was, soos wat hy dit uitgedruk het.
[12] Maar EK sê aan hom: “Maak geen ophef daarvan nie; jy is geholpe en meer is nie nodig nie!”
[13] Daarop sê DIE HERBERGIER: “O Heer en Vriend, daar is beslis nog meer nodig! Ten eerste staan ek duidelik by U in die skuld en ten tweede moet ek nou openlik beken dat ek U vir meer aansien as maar net `n gewone mens! En daarom sou dit seker volgens die goeie orde wees om aan so `n waarlike Elohimmens `n offer te bring!”
[14] EK sê: “Dit is alles nie nodig nie! Ek is nou net `n mens soos wat elke ander is van vlees en bloed; jy sal nog wel vroeg genoeg meer daaroor hoor! Maar wees nou opgeruimd en vrolik, soos wat ons almal is!”
[15] Daaroor was die herbergier baie bly en hy het kruike geneem en vir ons dadelik die allerbeste wyn uit sy kelder gebring, wat hy gewoonlik maar net aan die hoogste Romeine voorgesit het as hulle deur hierdie streek gereis het - wat langs hierdie belangrike hoofpad bepaald dikwels voorgekom het.
[16] Ons Judas het dadelik na `n kruik gereik en dit met groot teue byna tot op die bodem leeggedrink. Dit het die ander studente gesien en hulle het hom gevra, wie dan wel die meeste reg gehad het om eerste van die beste wyn van die herbergier te proe.
[17] Daarop het hy, (JUDAS ISKARIOT), geantwoord: “Ek het `n ontsettende dors en die vorige wyn het ek nie goed genoeg gevind nie; maar as dit nie korrek is nie, dan sal Hy my wel daaroor aanspreek, daaroor hoef julle my niks te verwyt nie!”
[18] Maar EK het omgekyk en aan die studente gesê: “Los hom; want om hom te verbeter is dieselfde as om `n Moor met alle geweld wit te wil was!”
[19] Toe Judas dit hoor, het hy hom geskaam, na buite gegaan en verdwyn, sodat ons hom daarna drie dae lank nie meer te siene gekry het nie. Hy het egter `n ander herberg uitgesoek, waar hy met sy eie geld betaal het; want hy het altyd onderweg geweet hoe om heimlik geld te verdien.
[20] Almal was bly dat hy weg was en ons het by die herbergier, wat ons goed versorg het, nog agt volle dae deurgebring en Ek het in hierdie plek nog `n aantal siekes genees.
[21] Toe die aanloop van mense egter baie gou daarna te groot geword het, het ons vroeg die oggend op pad na `n ander streek gegaan, waar ons eweneens weer goeie onderdak gekry en die siekes genees het. Daar moes die studente ook, Judas uitgesonderd, by die siekes die hande oplê en dit het met almal by wie die studente die hande opgelê het, beter gegaan. Self het Ek daar weinig tekens gedoen, maar Ek het met Lasarus, wat nog altyd saam met ons gegaan het, en met die ander herbergier, gesprekke gevoer.
[22] Intussen het ons weer in Bethanië by Lasarus en ons herbergier gekom. En beide het tuis alles in die beste orde gevind, hoewel hulle byna vier weke lank saam met My rondgetrek het. Ons het weer agt dae by die herbergier deurgebring en daarna weer by Lasarus, wat baie vreugde beleef het met die arbeiders wat hy in Bethlehem aangeneem het en wat in sy diens niks te kort gekom het nie.
[23] Toe die geneesde mense My sien, het hulle letterlik van dankbaarheid voor My op hulle knieë neergeval en wou My werklik aanbid, want hulle het reeds van Martha en Maria te wete gekom wie Ek eintlik was.
[24] Maar EK sê aan hulle: “Swyg voorlopig! Binnekort sal daar nog `n tyd kom, dat ook julle sal kan spreek!”
[25] Daarop het hulle vinnig opgestaan, beloof om te swyg en het dadelik begin met die werk wat aan hulle opgedra was.
|
|
|
|
|