|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 73
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die verdrinkte dogter van die herbergier en haar opwekking
73 Toe ons juis met sonsondergang daar aankom, het die herbergier die opmerking gemaak dat die see nou wel buitengewoon te kere gegaan het en dat hy op `n afstand van ongeveer honderd veldweë diep `n skip gesien het wat by hierdie vreeslike woeste golwe duidelik sou vergaan, en of mens so `n skip wat in nood verkeer, geen hulp moes bied nie?
[2] EK sê: “`n Ander wel, - maar nie hierdie een nie! Die wind van vanoggend het dit so ver hierheen gevoer; maar `n ander wind sal dit wel weer terugdryf. Dit is nou juis die skip met daardie slegte mense uit Jerusalem, wat My moet vang en doodmaak. Maar nou bevind hulle hul in My gevangenskap en sal nog `n paar dae en nagte daarin moet bly, - dan moet `n wind hulle na die kus agter Tiberias dryf en hulle verlos van hul kwelling. Daarna sal hulle heeltemal nugter na hul huise gaan en My nie so gou meer agtervolg en om die lewe wil bring nie. Sien, die wind is alreeds by hulle en dryf die skip van hierdie oewers af weg! Maar ons laat dit daar; in die huis wag iets anders op ons! Laat ons daarom in ons herberg ingaan!”
[3] Die herbergier en almal was baie nuuskierig oor wat daar dan vir ons sou wees, en ons het daarom baie gou die huis binnegegaan. En sien, die oudste dogter van die herbergier het nagenoeg dood op `n bed gelê en gedrup van die water. Sy het net na die groot vishouers gegaan om `n paar van die edelvisse vir ons aandete te gaan haal; maar sy kon die groot, sterk diere nie baasraak nie en is deur `n vis wat heftig opgespring het, in die diep water gewerp. Op haar geroep het weliswaar dadelik redders aangeloop gekom; maar hulle kon haar met die beste wil nie vinnig genoeg uit die water kry nie, en die gevolg daarvan was dat sy dood uit die water gehaal is. Dat dit groot ontsetting in die hele huis teweeggebring en mense dadelik iemand na die stad gestuur het om `n arts te gaan haal, wat ook dadelik gekom het en alle moeite gedoen het om die verdrinkte meisie weer tot lewe te bring, hoef nouliks vermeld te word. Maar ondanks alle trane van haar moeder en die ander broers en susters, en ondanks alle moeite van die arts, het die drenkeling geen teken van lewe meer gegee nie.
[4] Toe het ook ons herbergier bang geword, en hy het hom smekend tot My gewend en gesê: “Heer, ek weet nou dat alle dinge vir U moontlik is!”
[5] EK het hom hier in die rede geval en gesê: “Sê nou niks van dit alles nie; Ek wil hier geen opsien veroorsaak nie! Die arts, wat ook `n Fariseër is, sal spoedig sy gevolgtrekking maak en sê: “My moeite is by hierdie drenkeling volkome vergeefs, want sy is onherroeplik dood.” Betaal hom dan gou vir sy moeite, dan sal hy ook daarna dadelik vinnig hier weggaan; Ek sal dan wel onder vier oë My deel vir jou doen. Maar as Ek My hande op die verdrinkte meisie sal lê, mag daar buiten ons, niemand in die kamer wees nie, - ook nie jou vrou en jou ander kinders nie.”
[6] Spoedig daarop het die arts verklaar dat die dogter ongelukkig gesterf het. Maar hulle moes haar tog in verwarmde doeke wikkel; miskien sal sy binne etlike ure tog nog ontwaak. Dit het hy egter maar net gesê om die ouers nog `n klein bietjie troos te gee. Die herbergier het die arts betaal, wat ook dadelik met `n vrolike gesig vertrek en beloof het dat hy spoedig self die klaagvroue sou laat kom. Die herbergier het egter gesê dat hy nog tot môre toe daarmee moes wag; en as dit nodig was, sou hy wel self môre na hom toe kom. Daarop het die dokter weggegaan.
[7] En toe die kamer vrygemaak was van alle oorbodige mense, het EK na die drenkeling gegaan, haar My hand opgelê en gesê: “Dogter, staan op uit jou slaap!”
[8] En op dieselfde oomblik het die dogter haar in die bed opgerig en dadelik gevra wat daar nou met haar gebeur het. Sy het wel geweet dat sy in die water geval het, maar hoe sy nou in die bed gekom het, het sy beslis nie geweet nie.
[9] Daarop sê EK aan haar: “Sien, liggaamlik was jy heeltemal dood; maar Ek, wat Self die lewe is, het nou aan jou die lewe teruggegee. Gebruik egter in die vervolg jou verstand en doen maar net werk waarvoor jou kragte toereikend is, omdat jy andersins weer iets dergeliks sou kon oorkom. Vlyt is altyd prysenswaardig by `n mens; wanneer hy egter sy kragte ooreis, is hy nie meer prysenswaardig nie, maar baie dwaas. Onthou dit en sê dit ook aan jou moeder en jou broers en susters, wat andersins baie braaf is! Maar staan nou op en laat jou aan jou moeder sien en jou broers en susters wat nog baie oor jou treur, en sorg nou vir ons aandete!”
[10] Daarop het die dogter vinnig van die bed af opgestaan, My vir die groot barmhartigheid gedank en het toe dadelik uit die kamer na haar moeder en broers en susters gegaan, wat toe almal van louter vreugde geen raad geweet het nie.
[11] Die dogter het egter hardop verklaar en gesê: “Die groot Heer uit Nasaret het dit aan my gedoen, maar Hy het ook gesê dat ons vir Hom daarom nou dadelik `n goeie aandete moet voorberei, - dus laat ons dit dan ook voor alles doen!”
[12] Toe het elkeen aan die werk gespring en baie gou het daar `n oorvloedige maaltyd voor ons gestaan. Die herbergier kon van louter dankbaarheid byna geen woord uitbring nie.
[13] Die nuwe studente kon hulle ook byna nie genoeg verwonder oor die teken nie en sê: “Dit sou seker die hele tempel bekeer!”
[14] Maar EK sê: “`n Nog groter teken van gelyke aard sal die tempeldienaars juis dermate oor My verbitter, dat hulle dan alles in die werk sal stel om My te dood. Meer hoef Ek julle waarlik nie te sê nie! - Laat ons maar nie verder daaroor praat nie, maar in plaas daarvan nou opgewek eet en drink wat daar voor ons staan!”
[l5] Daarop het die studente geëet en gedrink en het hulle besiggehou met allerlei verhale oor hul belewenisse en ervaringe.
|
|
|
|
|