Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die persoonlikheid van God. God se wil en die wil van die mens. Die krag van die wil

135 Ek sê: 'Of dit nou die één of die ander is, dit is nou nie ter sake nie; want hoe dit is, dit moet julle hart eers sê! As Ek julle Self sou sê dat Ek dit of dat was, dan sou dit geen geestelike wins vir julle siele beteken nie. Dat Ek net soos julle maar net `n mens is, kan julle met julle oë sien en met julle hande voel; maar dat God egter ook volledig mens is omdat die mense anders nie Sy ewebeeld sou gewees het nie, kan julle julleself ook voorstel.

[2] Maar elke mens kan ook in alles heeltemal gelyk word aan God as hy die erkende wil van God volledig tot syne maak. Dit het julle nog nie geweet nie, maar Ek bewys dit vir julle, nie slegs deur woorde nie, maar veel eerder deur die dade wat Ek ten aanskoue van julle gedoen het.

[3] Julle dink nou by julleself, dat Ek maar net sê dat `n ander dit ook sou kon doen; dit kan Ek egter maar net bewys deur nou een van My eerste leerlinge te roep en hom op te dra om ook `n teken te doen.' 

[4] Die hoofman sê: 'Ja, daaraan twyfel ek gladnie, dat elkeen van U leerlinge ook dieselfde aan ons kan laat sien wat U self doen; maar die leerling sal dit sê en U sal dit wil, en dan sal beslis gebeur wat hy sal sê.'

[5] Ek sê: 'O nee, daarin vergis jy jou geweldig! Hy sal slegs op dieselfde wyse sy wil met die wil van God verenig, as wat Ek dit Self ook doen, en dan sal die volbringde daad ook deur so `n verenigde wil volg. 

[6] Ek sê jou: As jy die een, ware God volledig erken, Hom bo alles liefhet en Sy goedbegrepe wil tot joune maak, daarby egter ook vol vertroue glo en nie twyfel nie, kan jy vir die berge daar sê: 'Verhef jou, en stort jou in die see!' en dit, wat jy tesame met God gewil het, sal dadelik gebeur!'

[7] Die hoofman sê: 'Ja, ja, dit kan natuurlik die beste so wees, maar dit is maar net die vraag of God dit wat ek op die oomblik wil, sal toelaat en wil, ook al maak ek verder my wil nog hoe ondergeskik aan die goddelike, - want iets doms kan God immers tog ewig nie wil nie. Die vernietiging van die berg sou, as ek dit wou, in elke geval tog baie dom en buitengewoon boosaardig wees, en God sou Sy wil dan nie met myne verenig nie! - Het ek gelyk of nie?'

[8] Ek sê: 'Die keer nie so besonder nie, want Ek gee jou dit maar net as voorbeeld. Want dit praat tog wel vanself dat diegene wat eenmaal sy wil volkome met die wil van God verenig het, tog ook die goddelike wysheid - of ten minste ten dele - tot syne gemaak het. So `n mens sal dan ook wel insien of dit wat hy wil, goed en wys is. Maar dan sal hy met God ook maar net iets wil wat goed is, en wat hy dus wil, sal ook gebeur as hy nie daaraan twyfel nie; want twyfel die mens, dan is die twyfel `n gevolg van die nie volledige vereniging van sy wil met die wil van God. - Maar vra nou van een van My leerlinge `n willekeurige teken; dit moet slegs logies moontlik en verstandig wees!'

[9] Toe sê die hoofman: 'Roep U dan één, want U weet die beste wat hulle kan doen!'

[10] Ek sê: 'Petrus, kom, as jy voldoende geloof het, en luister na wat hierdie vriend wil hê!'

[11] Toe gaan Petrus vinnig na die hoofman en sê: 'Vriend, wat wil jy dat ek vir jou moet doen?'

[12] Die hoofman sê: 'As jy ook kan, kyk dan na die oorkant van die rivier! Daar groei digte struikgewasse om `n massiewe rotsblok. In die struikgewas lewe baie gevaarlike, giftige slange en hulle val dikwels mens en dier tot ver in die wye omtrek aan; laat hulle deur die mag van jou, en met God verenigde wil verdwyn en vernietig ook die bose gebroedsel van hierdie diere!' 

[13] Toe strek die leerling sy hande na die aangewese plek uit, wat oombliklik verdwyn.

[14] Toe die hoofman dit sien, sê hy: 'Heer en Leraar, as U leerlinge dit van U kan leer, wil ek U self volg en ook U leerling wees; want dit is duisendmaal duisendmaal meer as tienduisendmaal tienduisend Romeinse krygslegioene! As ek die vermoë het, behoort die hele wêreld aan my, en dan verbeter ek haar deur wyse wette.' 

[15] Ek sê: 'Dit sou Ek Self goed kan doen, as dit vir alle mense op die oomblik goed sou wees! Maar die Wysheid van God sê: Hulle is nog nie almal daarvoor ryp nie; daarom gaan Ek ook hier slegs na die plek, waarvan Ek weet dat hulle bewoners daarvoor ryp is om `n hoër openbaring te kan aanneem. - Maar nou gaan die son al weer byna onder, en dit sal goed wees as ons onsself nou in die huis terugtrek.'

[16] Die herbergier, wat natuurlik ook by ons was, sê: 'Heer en Leraar, ek vind dit baie jammer dat die barmhartigheid my nie ten deel kan val om U almal in my huis te herberg nie! Maar laat in elke geval `n aantal van U leerlinge my gaste wees.'

[17] Die hoofman sê: 'Vriend, nie vandag nie, want vandag is ook jy my gas; maar môre sal ons almal by jou die gaste wees en oormôre, as ons hierdie wondermense beslis nie meer by ons kan hou nie, sal ons hulle na Serrhe begelei! Maar laat ons nou gaan, want ek hoop dat die bestelde aandete by my al gereed sal wees!'

[18] Toe staan ons op en gaan na die huis van die hoofman, waar die aandete al op ons gewag het. Die herbergier gaan egter eers nog selfs na sy huis, maar kom gou weer na ons toe terug.

[19] Dit was `n volledige Romeinse maaltyd, en enkele leerlinge durf hulle nie goed van die skottels bedien nie.

[20] Ek merk dit wel en sê: 'Wat Ek eet, dit kan julle ook gerus eet!'

[21] Toe vermaan hulle hulself en eet en drink die Romeinse wyn. Almal word gou baie vrolik en ons bly die hele nag wakker, terwyl alle aanwesiges met die hooftrekke van My leer bekend gemaak word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205