|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 232
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die wese van die komete
232 Toe sê Lasarus ook: 'Heer, U het my laas in Bethanië ook baie oor die sterrehemel uitgelê; ek het U toe ook net gevra na die aard van die komete wat so baie deur die volk gevrees word, maar die antwoord het waarskynlik om baie wyse redes tot nou toe nog uitgebly. Wil U so vriendelik wees om my nog iets daaroor te vertel?'
[2] Ek sê: 'O ja, baie graag! Kyk, soos volgens My ou, dit wil sê ewige orde, geen vrugte aan `n boom gelyk ryp word nie, so word ook geen sentrale son, geen planetêre son en geen aarde soos hierdie, opeens heeltemal kant en klaar geskape, bewoon en met alle moontlike vrugte begroei nie, maar dit gebeur geleidelik; want vir God is dit immers nie nodig om met iets êrens oorhaastig te wees nie, omdat Hy van die een ewigheid tot die ander tog genoeg tyd het, - ofskoon dit nie buite die moontlikhede van God lê om `n hele son, sowel as `n hele aarde of tallose talle wêrelde van beide soorte in één oomblik tot aansyn te roep nie.
[3] So `n komeet is derhalwe `n langsaam wordende son, wat homself uit die ligstof vorm wat voorkom uit die eindelose ruimte, homself in die vrye eter langsaam maar sekerlik verdig, en dus uit die aanvanklike geestelike substansie in die stoflike begin oor te gaan, en na vir julle ondenkbare lang tydruimtes `n werklike son word en waaruit, wanneer hy sy volle rypheid bereik het, eers dan planete of aardes, soos wat hierdie een daar is, net soos kuikens uit `n eier gebore word, maar aanvanklik ook as net merendeels baie los gasmassas met baie weinig vaste liggaamsmassa. Hy word deur die innerlike, groot natuurlike krag van die son in die verre vrye ruimte as’t ware na buite geslinger; en as hy die korrekte afstand bereik het wat by hulle grootte en spesiale swaarte hoort, dan begin hy ten gevolge van die groot en sterk aantrekkingskrag van die son, in `n sekere sin weer na die son terug te val.
[4] So `n terugval duur dikwels duisende aardse jare. In die tyd het so `n nuwe sonkind homself reeds van tallose kante meer en meer verdig deur ontmoetende ligsubstansies. Wanneer die komeet dikwels na baie jare van die een of ander weer in die omgewing van die son kom, word hy deur die mense van hierdie aarde en ook deur mense van ander aardes as `n ster, gewoonlik met `n lang, liggewende dampstert, gesien. As gevolg van `n bepaalde afstotende krag van die son, kan hy egter nooit meer in die son in terugval nie, want die afstotende krag - veral naby die omgewing van die son - bestaan uit baie heftige uitstromings van lig, waardeur so `n komeet, wanneer hy as baie ligte liggaam in die omgewing van die son kom, hom byna met die snelheid van die lig verder beweeg, omdat hy daardeur `n nuwe heftige stoot kry en homself in die groot diepte van die ruimte verloor, waarop hy aan die uiterste grens van sy verwydering weer na die son begin terugval.
[5] Julle kan op hierdie aarde `n klein voorbeeld daarvan sien by `n groot brand. Die vuur, dryf die hitte en die sterk lig in `n groot hoeveelheid gloeiende vonke hoog in die lug in. As dit eenmaal so hoog is dat die uitgeworpe krag van die vuur nie meer op hulle kan inwerk nie, val hulle weer baie gou terug; maar sodra hulle weer in die omgewing van die vuur kom, word hulle dadelik weer met groot heftigheid weggestoot en deurloop weer hulle vroeëre baan.
[6] Dit is egter alles in die oergoddelike orde vasgelê, en alles wat maar natuur heet, moet haarself volgens hierdie wette rig. - Nou weet jy ook wat komete is, en kan jy dit ook aan denkende mense oordra.
[7] Wat die komete egter betref waaruit sonne ontstaan, hulle kom nooit in die omgewing van `n ander planetêre son nie, maar sweef vir julle in die onmeetlike dieptes van die ruimte en sal so nou en dan gedurende latere tye deur die hooggeleerde mense met bepaalde oogwapens ontdek word. - Verstaan jy dit goed?'
[8] Lasarus sê: 'Heer en Leraar van die ewigheid, dat ek U woorde in hulle algemeenheid verstaan het is seker, maar tog sien ek nog aansienlike dinge wat ek nog nie verstaan nie!'
[9] Ek sê: 'En dit is?'
[10] Lasarus sê: 'Heer, wat so `n komeet is, weet ek nou goed; maar wat is sy stert? Wat se betekenis het dit? En so dui U ook aan dat daar in latere tye sulke hooggeleerde mense sal wees, wat bepaalde oogwapens sal uitvind waardeur `n mens in die groot diepte van U skepping die groot komete sal ontdek, waaruit na ongeveer eons jare van hierdie aarde nuwe sonne sal ontstaan. Wat sal dan so besonder aan sulke oogwapens wees? Waaruit sal dit bestaan? Hoe sal hulle daar uitsien, en hoe sal hulle gebruik word? Kyk, ek is nou ontsettend nuuskierig om iets meer van U daaroor te hoor, omdat U beslis baie presies sal weet wat die mense oor tienduisend jaar en nog eindeloos langer daarna sal doen, en wat hulle alles sal uitvind! As dit U heilige wil sou wees, kan U vir my en vir ons almal ietwat meer daaroor vertel!
[11] Ek sê: 'O ja, waarom nie?! Want hoe meer ware en egte kennis iemand besit, soveel makliker kom hy tot suiwer insig.'
|
|
|
|
|