Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die klagte van die hoofman oor die oorlog in die diereryk

132 Die hoofman bring ons langs die rivier op `n klein heuwel wat skamel begroei was met palms, vanwaar mens `n besondere mooi uitsig oor die verre omtrek gehad het en die kronkelende rivier byna tot die omgewing van Serrhe kon sien. Daar gaan ons in die gras sit en geniet `n tyd lank die werklik pragtige uitsig, en die hoofman vertel allerlei gebeurtenisse wat hom hier en daar voorgedoen het, en almal luister aandagtig na hom, want hy was `n goeie spreker en het die Griekse taal beheers, wat elkeen in die geselskap verstaan het, omdat hierdie taal die meeste in bykans die hele Voor-Asië gebruik word. 

[2] Maar terwyl die hoofman nog druk aan die vertel was, vlieg daar `n reuse adelaar, wat `n konyntjie as buit in sy magtige kloue vashou, baie laag oor ons heen.

[3] Toe sê die hoofman vir My: 'Verhewe, wonderbare Verlosser, kyk, dit was weer so `n treurige stukkie uit die geskiedenis van die natuur, waaruit op die hele liewe aarde niks as vyandskap en nog eens vyandskap blyk! Die een dier is die vyand van die ander, en dit gaan so deur tot by die mens, wat uiteindelik nog die grootste vyand is van alle ander dinge en wesens, ja wat selfs sy eie soortgenote nie ontsien in sy toorn en woede nie. Slegs gelyksoortige diere skyn `n soort van nie-vyandige liefde vir mekaar te hê; maar ongelyksoortiges is steeds die grootste vyande van mekaar. Dit gee egter duidelik `n ongunstige getuienis aangaande `n alwyse en algoeie God.

[4] Het die alwyse en almagtige God dan nie vir ander aardse voedsel vir die diere kon sorg as dat hulle mekaar moet dood en hulle honger met die karkasse moet stil nie? Wat vir `n kwaad het die arme konyntjie die arend gedoen dat hy hom nou met sy magtige kloue moes gryp en êrens heen dra om dit daar nog lewend te verskeur en op te eet? En so is daar `n hele boel van die roofdiere wat hulle maar net voed met die vlees en die bloed van ander swakker, saggeaarde diere. Kon hy homself dan nie soos beeste, esels, bokke en skape met gras kon voed nie? 

[5] Die aarde is werklik wonderbaarlik mooi en gesier met alles wat die sig van die mens maar kan verkwik; maar nouliks het mens êrens `n veilige, rustige plekkie vir homself uitgesoek om daar sy gemoed met verhewe beskouinge te verbly, of die een of ander bose, afgunstige lot plaas vir jou `n panorama voor jou neus wat vir iemand al die skone en verhewe vir dae lank vergal.

[6] Ek is weliswaar `n soldaat, `n kryger, en dit pas my gladnie dat ek so weekhartig is nie, - maar so is ek nou eenmaal - en ek kan dit onmoontlik verstaan dat `n alwyse, algoeie, almagtige goddelike wese, as daar een is, genot kan skep in die feit dat skepsele wat aan hom toebehoort, mekaar voortdurend wurg en opvreet. Die wese moet werklik `n hart hê soos die mense in Rome, wat nêrens soveel genot beleef as aan die wilde stiergevegte en ander ontsettende afgryslike jag op diere nie.

[7] As die groot, enige ware God, wat U, beste vriend, ons beter wil laat leer ken egter, so `n patroon is, bespaar ons almal dan `n nadere kennismaking met Hom, en nog meer `n ewige lewe onder Sy heerskappy, want dit sou wel my laaste en ergste wens wees! Dan sou uself as God vir my eons maal aanvaarbaar wees! Ja, ek glo dat dergelike ervaringe uiteindelik ook die andersins so wyse Diogenes genoodsaak het om alles te ontvlug en te verag wat ook maar enigsins na `n almagtige God geruik het.

[8] Hy het immers eens in die een of ander wysheidskool, waarin mens volgens Plato, die waardigheid en grootte van die mens egter so oratories ophemel, gesê, terwyl hy `n volkome geplukte, maar nog lewende gans losgelaat het: 'Kyk, dit is nou die waardigheid van die platoniese mens!' Die eintlike mens is die dier maar net voor daarin dat hy `n armsalige verstand het wat daartoe dien om vir hom die pyn dieper te laat voel om hom van alle kante die lewensvere te laat uittrek!

[9] Heer en wonderbare groot Leraar, in U geheime kuns, as U ons daaroor `n bevredigende uitleg kan gee, sal U ons `n groot weldaad bewys! Ekself sou nou liewer huistoe wil gaan; want daar kan dalk nog so `n gruwelike natuurgebeurtenis hier plaasvind, en dit sou my dae lank ontstem en ongelukkig maak.' 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205