Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die wese van die bose geeste

71 Maar die herbergier het My gevra wat die geeste, wat ons in die rookwolk gesien het, bedoel het toe hulle gesê het dat Ek hulle nie voor die tyd moes kwel nie.

[2] EK sê: “Sien, alle afvallige geeste sien dit as `n kwelling wanneer hulle tot gehoorsaamheid aan God gemaan word; want alle hoogmoed ken geen gehoorsaamheid nie, omdat hy alleen wil heers en gebied. Maar hulle het toe gedink dat hulle nog te kort in die geesteswêreld was om nou alreeds gehoorsaam te moet wees aan My Goddelike wil. Sien, hulle sou nou dit liefs wou hê dat hulle, sê maar `n voltooide ewigheid van hul slegte en wraaksugtige vreugdes kon geniet, en elke gees wat hulle tot orde en gehoorsaamheid maan of dikwels selfs met geweld dwing, sien hulle as hul vyand en hul kweller!

[3] Daarom het Ek hulle ook dadelik gedreig, en hulle moes gehoorsaam en het toe ook gehoorsaam, alhoewel met die grootste teësin. Maar dit pla dergelike geeste wat in die oordeel is, glad nie, en daarom is hulle in die dood, omdat hul eiesinnige vryheid geen vryheid nie, maar `n gevangenis en `n baie groot oordeel, waaruit hulle maar net baie geleidelik bevry kan word as `n magtiger wil as hulle wil hulle dan gryp en tot `n goeie daad dwing.

[4] Hulle lyk soos daardie dromers wat in allerlei soet drome hulle soos vorste en konings wieg, en in hul droom allerlei dom onsin praat en hulle dikwels baie vermoei. Nou weet elkeen egter dat sulke drome nie so baie bevorderlik is vir die natuurlike gesondheid van die mens nie en dat dit goed is om sulke oggenddromers uit sulke soet drome te wek. Hoe word so `n slaper egter nie vererg en grimmig nie, as hy deur iemand wat wakker is, gewek word! Maar as hy daarna heeltemal wakker geword het, is hy nogtans baie bly dat hy uit sy verdowende slaap gewek is. Hy is by die wakkerword weliswaar al sy mooi vorstedomme kwyt en het van koning weer gesink tot `n baie gewone mens; maar as sodanig het hy ook juis tot die duidelike besef gekom dat sy koninkryk niks anders as `n ydele sieklike koorsdroom was nie.

[5] En sien, so gaan dit ook met sulke geeste, net met die verskil dat hulle dikwels ontsettend lank in sulke drome vertoef en hulself dan nog uiters moeilik laat wek!

[6] In `n soortgelyke droom bevind hom ook alle wêreldse geluksoekers wat op alle terreine van die menslike bestaansfeer op hierdie aarde uiters ryklik verteenwoordig is. Hulle voel baie gelukkig daar en wee diegene wat dit sou waag om hulle vir die erns van hierdie lewe deur woorde en dade te wek! Maar as mens tog so nou en dan in staat is om een van die baie wat so is, te wek, sal die gewekte daarna beslis baie bly word omdat hy eers in die geestelike ontwaakte toestand steeds meer begin te verstaan en in te sien, in watter gevaar hy hom in sy blinde sinneslaap bevind het. 

[7] Daarom is dit dan ook wenslik dat julle probeer vasstel of so iemand, wie se sinne bedwelmd is, nog nugter en wakker te maak is! As dit kan, wek hom dan, en dit sal julle van groot nut wees, omdat hy dan weer makliker as Ek met sukses op sy gelykgesindes kan inwerk; as hy hom egter nie laat wek nie, laat die luie en trae esel dan slaap! Dan moet daar baie ander wekmiddele kom om sulke slapers te wek. Dergelike middele bestaan egter uit allerlei siektes, oorlog, hongersnood en epidemies. - Het julle dit verstaan?”

[8] Die herbergier sê: “O ja, Majesteit en Heer, dit is presies so, en so moet dit ook wees! Maar die saak met sulke slapers bly altyd ietwat treurig, omdat wanneer God eenmaal die groot besoeking oor die mense laat kom, die onskuldige baie dikwels saam met die talle skuldiges moet ly.”  

[9] EK sê: “Hy ly egter ook soos wakendes onder die talle slapendes, en derhalwe verloor hy weinig of niks nie. Of is dit dalk aangenaam om hom in `n vertrek as enigste wakende tussen louter slapendes te bevind en stil te wees?!”

[10] Die herbergier sê: “Ja, ja, dit is wel waar, - dit sou werklik pynlik wees vir `n wyse mens om hom onder louter dwase en stommes en blindes te bevind, met wie hy nooit ook maar `n enkele verstandige woord sou kon wissel nie! En dan is lyding wat tot verbetering lei, in sigself beter as lyding wat duidelik nie tot verbetering lei nie. Ag, Heer, dit dring glad nie tot my deur hoe onuitspreeklik gelukkig ek nou is in U volmaakte, Goddelike teenwoordigheid nie! Ek sal U nie net sonder my, uit my huis kan laat weggaan nie; want sonder U sou vir my nou alreeds alles baie wêreldvreemd en buitengewoon aaklig voorkom. Maar ek sal nou tog graag wou weet hoe diep die gat volgens aardse maatstawwe was.”

[11] EK sê: “Dit was baie diep; die diepte was ongeveer duisend el (500meter).”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205