Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor reïnkarnasie. Die aarde as skool vir God se kinders

61 Ek sê: “Word maar net nie te driftig nie; want jy weet nog lank nie duidelik genoeg watter soort gaste op hierdie aarde rondwandel nie, en wat daarvoor nodig is om hulle geleidelik in die sfeer van die kinders van God te bring nie! Wanneer julle egter deur My Gees, wat Ek na My hemelvaart aan julle sal stuur, heeltemal gesterk sal wees, dan sal julle dit ook duidelik insien en My juis eer omdat Ek so geduldig en lankmoedig is. 

[2] Laat diegene egter onder julle wat tot enige begrip in staat is, weet dat ook siele van ander wêrelde op hierdie aarde geïnkarneer is, en dat die kinders van die slang ook op hierdie aarde is. Hulle het alreeds vroeër eenmaal gesterf en sommiges al `n paar keer, maar om hulle verder te ontwikkel tot voleindiging, is hulle weer geïnkarneer.

[3] Julle het alreeds dikwels oor sielsverhuising gehoor. Die verre Ooste glo tot op hede vandag nog vas daaraan. Maar hierdie geloof het by hulle baie onsuiwer geword, omdat hulle die mensesiele weer in `n dierlike liggaam laat terugkeer. Dit is egter in die verste verte nie so nie. 

[4] Dat die menslike siel van hierdie wêreld wel saamgestel word uit elemente van die minerale-, plante- en diereryk en haarself opwerk tot `n mensesiel, is reeds grotendeels aan julle gewys, en ook, hoe dit binne die gevestigde orde plaasvind. Maar `n mensesiel gaan ook, al is sy nog so onvolmaak, nie terug nie, behalwe dan, in uiterlike opsig, in die geestelike middelryk, ten einde haar meer nederig te maak en moontlikerwys daardeur te verbeter. As daar tot op `n bepaalde hoogte verbetering ingetree het, wat dan weens gebrek aan groter bekwaamhede nie verder kan gaan nie, kan so `n siel dan na `n ander hemelliggaam oorgaan, dit wil sê na die geestelike deel daarvan en as skepsel geluksalig word, of ook, as sy dit wil, nog eers in die liggaam van `n mens van hierdie aarde kom, en op hierdie weg kan sy hoëre bekwaamhede haar eie maak en met behulp daarvan kan sy selfs die kindskap van God bereik.

[5] Dus verhuis daar ook siele van ander wêrelde na die liggaam van mense van hierdie aarde, om daarin die tallose talle geestelike eienskappe hulle eie te maak wat nodig is vir die bereiking van die ware kindskap van God.

[6] Omdat die aarde dus `n dergelike skool is, word dit ook deur My met soveel geduld, verdraagsaamheid en lankmoedigheid behandel. Wie van julle dit kan begryp, begryp dit; maar laat hy dit vir homself behou, omdat dit nie aan elkeen gegee moet word om alle geheime van die Ryk van God te begryp nie. As julle egter nogtans iemand ontmoet wat moontlikerwys baie geskik is daarvoor, dan kan julle die verskillende geheime geleidelik aan hom openbaar, maar ook maar net vir homself; want Ek wil dat `n ware mens hom dit alles deur eie inspanning volgens My leer verwerf.  

[7] As `n mens eenmaal weet wat hy moet doen om die ewige lewe en sy skatte te bereik, moet hy daarvolgens handel en lewe, en dan sal hy wel in homself die volle vervulling van My belofte waarneem, hoor en lewendig voel.

[8] Om aan `n mens mondelings heelwat sulke buitengewone geheime te vertel, het heeltemal geen of net baie weinig nut of waarde; want ten eerste begryp hy dit nie, en ten tweede steur iets wat vir hom te onbegryplik is, baie maklik sy geloof, wat hy tog alreeds met moeite aanvaar het. Want om dit tot in die ware, innerlike, geestelike diepte van die lewe te begryp, is duidelik meer nodig as maar net die dooie letter van die wet en die profete.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205