|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 99
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Jored se arm vissersdorpie word wonderbaarlik deur die Heer geseën
99 Nadat die studente hul onderrig beëindig het, het almal weer na My toe gekom en My met hoog opgehewe hande gedank vir die genesing en baie spesiaal vir die onderrig, waardeur hulle nou vir die eerste keer tot insig gekom het wat die mens eintlik is en waarvoor hy bestem is.
[2] EK sê egter aan hulle: “Liewe mense, handel daarvolgens, dan eers sal dit aan julle volkome duidelik word dat die leer wat julle gehoor het, nie uit die mond van `n gewone mens afkomstig is nie, maar werklik uit God se mond, en dat hierdie leer op sigself die hoogste en suiwerste waarheid en dus die lewe self bevat!”
[3] Hulle het almal plegtig beloof om hulle streng daaraan te hou, maar hulle het My net nog gevra of Ek, omdat dit vir My beslis ook moontlik sou wees, hul dorpie so wou seën dat hul daaglikse lewe ietwat makliker sou wees en nie so vreeslik skraal en ellendig moet wees nie. As hulle, soos tot op hede, steeds maar met die grootste inspanning hul karige voedsel moes verdien, sou hulle vir hierdie nuwe, ernstige lewenstaak baie min tyd beskikbaar hê, wat nou vir hulle baie pynlik sou wees.
[4] Toe sê EK: “Wel, wat sou julle dan graag wou hê? Wil julle baie weelderige weivelde vir julle bokke en skape, en vrugtebome en vrugbare akkers en `n oorvloediger vissery hê, en daarbenewens miskien ook ietwat beter huise en stalle en skure?”
[5] Die bestuurder sê: “O, Heer en Majesteit van die lewe en van alle dinge, dit sou alles baie goed wees en ons sou dit in die besonder graag wou hê, maar ons is dit nog lank nie waardig nie! Daarom sou ons voorlopig alreeds meer as tevrede wees met `n ietwat vetter weiveld vir ons maer bokke en skape. As daar so nou en dan ook `n rojaler visvangs vir ons sou wees, dan sou ons alreeds in elk geval die gelukkigste mense op aarde wees!|”
[6] EK sê: “Luister, dit kom by julle nou egter in alle erns op die ou spreekwoord aan wat lui: “Wie die kleine nie eer nie, is ook die grote nie werd nie!” Omdat julle die kleine eer, is julle ook die grote werd. En so geskied alles vir julle wat Ek vantevore uitgespreek het!”
[7] Op dieselfde oomblik het daar baie netjiese, sierlike huise met deeglike stalle en skure gestaan, en die hele groot sand- en klipsteppe het in pragtige groen weiveld verander, en mens het streke van die vrugbaarste koringakkers tussen die weivelde gesien. Om die huise het binne goeie omheinings alle soorte van die edelste vrugtebome gepryk, selfs die wynstok het nie ontbreek nie, en wat die viswater betref, het dit ook dermate geseënd geword dat mense nou alreeds tot aan die oewer die pragtigste visse in groot skole sien rondswem het, en die nie-omheinde weivelde het vol bokke en skape gestaan; maar ook binne die nuwe omheinings, wat baie sierlik om die woonhuise, stalle en vrugtebome was, het die inwoners `n menigte voëls opgemerk, soos wat dit gewoonlik by die ryk Grieke gebruiklik was.
[8] Toe die arm inwoners dit alles so skielik gesien het, het hulle eers nie geweet of dit wel werklikheid was of `n mooi droom nie. Eers na `n tyd het hulle tot hulleself gekom en in luide dankgeroep ingestem.
[9] Maar Ek het hulle weer gerusgestel en het hulle vermaan om hulleself ten eerste nooit as te nimmer te ooreis nie, omdat alles andersins baie maklik weer deur `n oorstroming van hulle afgeneem sou kon word, - ten tweede om nie aan elkeen wat daardeur aangetrek sou word, te hardop te vertel hoe hulle daaraan gekom het nie, omdat die wêreld dit nie sou kon begryp nie en hulle hoogstens sou uitlag en nie sou nalaat om hulle skade te berokken nie. Hulle moes maar net sê dat hierdie `n beloning was van al hul beter lewensinspanninge, - en ten derde moes hulle onder mekaar liefderyk en verdraagsaam wees, en nooit hul bure om `n moontlik groter voorspoed beny nie, maar mekaar vol liefde en ywer dien, die een die ander, en `n rein, kuis en daardeur God-welgevallige lewe lei, dan sou die huidige seën hulle nooit verlaat nie.
[10] Hulle het dit alles plegtig beloof en onder baie trane en snikke van vreugde.
[l1] Maar nou het EK nogmaals aan hulle gesê: “Gaan nou na julle nuwe huise en neem alles in besit wat julle daar sal vind!”
[12] Hulle het My gevra of Ek so vriendelik wou wees om elkeen nou sy eie woning aan te wys, omdat hulle nou heeltemal nie geweet het wat aan wie wat behoort het nie.
[13] Toe het Ek aan die studente opdrag gegee om dit vir hierdie mense te doen. En die studente het dit gedoen, sodat alles vinnig en goed gereël was.
[14] Omdat die bewoners egter in hul nuwe woonhuise ook `n rojale voorraad aangetref het, wou hulle almal nog `n keer na ons terugkom om aan My hul herhaalde, luide dank te bring; maar die studente het aan hulle gesê, dat hulle dit maar baie stil in hul harte moes doen, en dat Ek hulle baie goed sou verstaan omdat Ek selfs die stilste gedagte van `n mens, hoe ver ook verwyderd, geken en opgemerk het. Daarom moes hulle hulle ook ter harte neem om nooit `n slegte gedagte in hulle te laat opkom nie, omdat Ek dit oombliklik sou weet.
[15] Daarmee was die inwoners tevrede en hulle het begin om alles wat deur hierdie wonderteken ten deel geval het, baie geluksalig in oënskou te neem.
|
|
|
|
|