Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die terugreis na Kapernaum. Die reus en sy preek vir die Judeërs

140 Gedurende die nag bly ons nog in Serrhe en die volgende dag gaan ons onder baie betuigings van liefde weer te voet stroomopwaarts, en wel na Seugma, - ook `n klein ou stadjie aan die Eufraat. Ons kon nie vanuit Samosata na hierdie plek gaan nie, omdat die hoofman vanweë sy familie na Serrhe moes gaan; daarom gaan ons vanuit Serrhe terug daarheen. Van Samosata na Serrhe is die weg wel meer as tweemaal so ver as na Seugma, maar vanuit Seugma is dit dan weer korter na Deba as vanuit Samosata en sekerlik vanuit Serrhe, dit volgens die huidige maatstawwe - omdat daar in hierdie tyd nouliks nog iets van hierdie plek te vinde is - wat wel dertig myl van Samosata vandaan lê.   

[2] Wel, in Seugma doen ons dieselfde dinge as in die ander plekke. Die heidene aan die Eufraat was reëlmatig deur Judeërs besoek en het derhalwe ook kennis van hulle Elohimsbegrip, en daarom was dit nie so moeilik om almal te verstaan nie.

[3] Vir `n korrekte begrip kan hier nog ten oorvloed bygevoeg word, dat die plekke wat deur ons besoek was, wat voor My tyd ongeveer agthonderd jaar aan Sirië behoort het, hulle nou tot Capadocië gereken het; maar Deba, waar Ek na twee dae met My leerlinge heengegaan het, het wel aan Sirië behoort, wat in My tyd aan die eintlike Galilea grens was en eintlik Noord-Galilea was. 

[4] In Deba het ons nie lank gebly nie, omdat daar, vanweë hulle varkhandel, nie baie met die bewoners aan te vang was nie.

[5] Van Deba het ons na Cyrrhus gegaan, `n belangrike Griekse handelstad; daar het ons ongeveer sewe dae gebly, waar ons bykans op gelyke wyse as in Chotinodora `n baie groot aanhang gekry het.

[6] Vandaar het ons na die groot stad Antiochië getrek, waar ons byna `n volle maand gebly het. Antiochië was reeds baie oud, en het `n uitgebreide handel met die hele Klein-Asië en selfs met Europa gehad. Vandaar het My boodskap tot in die mees westelike provinsies van Klein-Asië gekom, en `n klein koning uit Lydia, genaamd Abgarus, het van daar af na Antiochië getrek om My te leer ken. Hy het My leer volledig aangeneem, het hom selfs laat doop, het sy volk tuis bekeer en het verskeie briewe aan My geskryf, wat Ek ook steeds beantwoord het; maar aan sy hartlike uitnodiging om na hom toe te kom, kon Ek om wyse redes geen gevolg gee nie.  

[7] Vanuit hierdie stad het ons onsself weer na ons eintlike Galilea teruggetrek, het daar nog `n aantal klein plekkies en dorpies besoek en het met die nuwe leer steeds baie sukses gehad.

[8] Met hierdie reis, wat baie vrugbaar genoem kan word, was ons die hele somer besig, en toe ons weer by ons herbergier Matthias in Kapernaum aangekom het, was dit al herfs en het die loofhuttefees begin. 

[9] Die herbergier het hom verbaas oor die tien nuwe leerlinge, waarvan veral die ware reus - wat ruim nege handspanne, dus volgens die huidige maatstawwe nege voet lank was - wat hom eerbiedige bewondering afdwing. Hy kon sy oë maar nie van hierdie man afhou nie omdat hy nog nooit so `n reus gesien het nie; maar die reus was ook in sy spraak `n reus en het met sy waaragtig donderende woorde `n baie goeie indruk gemaak. In sy Romeinse bekleding sien hy nog geweldiger daaruit, en dit plaas nog meer krag in sy woorde. Teenspraak duld hy in geen geval nie, want ten eerste was hy nou goed tuis in My leer, wat hy baie oortuigend gebring het, en ten tweede het hy hom ook deur die omgang met die leerlinge, veral in die afgelope tyd met ons sogenaamde Judese Grieke, uit die ou profete baie sy eie gemaak, en so weet hy deur sy besondere redenaarstalent elke ding wat die goddelikheid van My wese teenspreek, en om daarmee elke teenstander, dermate te oordonder, dat hulle alle moed verloor om hulleself langer met hom in `n woordestryd in te laat.

[10] Tydens My rusperiode van ongeveer tien dae in die huis van ons Matthias kom daar baie burgers en handelsliede wat hom na sy beroep vra en wat wou weet wat hy nou van plan was om in Kapernaum te doen. 

[11] Dan kyk hy (Matthias) hulle baie ernstig aan en sê: 'As heiden en Romein sal ek oor julle regspreek, julle ellendige, ongelowige Judeërs! Beëlsebul moes julle verwek het, dat julle so blind kan wees dat julle nie kan sien dat Hy die enigste draer is van dieselfde Gees wat eindeloos lank gelede as hoogste Gees die hemel en hierdie aarde en alles, wat daarop en daarin bestaan, leef, asemhaal en dink, enkel deur Sy wil geskape het en vaste vorm gegee het.

[12] Ons blinde heidene het dit met die eerste teken duidelik herken, hoewel ons niks daarvan geweet het dat Sy koms op hierdie arme aarde reeds verskeie honderde jare gelede al baie eenstemmig deur talle profete voorspel is nie, en dat dit selfs met tyd, plek en `n aantal ander omstandighede presies omskrywe was, wanneer, waar en hoe Hy, die Almagtige Self, uit Sy hoogste hemel as mens na hierdie aarde toe sou neerdaal. Hier by ons bly die Verhewenste! Waarom glo julle dit tog nie? Omdat julle kinders van Beëlsebul is en onmoontlik kinders van God kan wees nie! Maak dat julle wegkom, anders verpletter my toorn julle!' 

[13] Toe hy so begin te praat, maak elkeen hom gou uit die voete, want niemand het sin gehad om hom nog meer te prikkel nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205