|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 127
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die Heer oorwin die rivierrowers
127 Ek het dit nog maar net gesê, of ons vaartuig dryf al op die rustige deel van die stroom, waar die rivier baie breed en ook baie diep was. Ons het nouliks twee morge verder op die rustige deel gedryf, toe beide ons skippers die roeirieme ter hand neem om stroomafwaarts te roei; maar Ek sê vir hulle dat hulle dit nie nou moes doen nie.
[2] Die skippers sê egter: 'Heer, dit is `n onveilige plek, waar jy maklik deur gemene rowers aangehou kan word wat, elke vlot wat hulle inhaal, te veel skatting laat betaal! As ons ons vaartuig egter vinniger laat gaan, haal hulle ons nie voor die volgende stroomversnelling in nie, en dan sal ons al veilig wees, omdat hulle hulle nie verby die rustige deel waag nie.'
[3] Ek sê: 'Ja, ja, daarin het julle wel gelyk, maar Ek wil hierdie rivierrowers juis ontmoet en hulle hier vir die toekoms heeltemal onskadelik maak. Hou daarom selfs op om te roei!'
[4] Daarop hou beide ons skippers op met roei en geen tien sekondes later haal baie verdagte uitsiende manne in `n breë boot ons vaartuig in en eis dadelik dat ons vrywillig ons hele besitting en dit wat ons het, moet afgee.
[5] Ek staan egter van My sitplek af op en vra met geweldige stem aan die rowers: 'Met watter reg eis julle dit van ons en van elkeen wat julle kan voorkeer?'
[6] `n Reusagtige rower sê: 'Ons is vrybuiters en ken geen ander reg as die van die sterkste nie!'
[7] Ek sê: 'Maar wat sou jy doen as ons hier die sterkste sou wees en van julle julle besit of julle lewe sou eis?'
[8] Die rower sê: 'Dan sou ons dit ook moet toelaat! Maar omdat dit nie die geval is nie, moet julle nie talm om ons te gee wat ons wil hê nie, omdat ons andersins op onaangename wyse ons krag sal moet toon!'
[9] Ek sê: 'Ons het niks en gee daarom ook niks nie; as jy My egter nie wil glo nie, dan moet jy maar dadelik gebruik maak van jou reusekrag!'
[10] Toe hef die rowers geweldige knotse op om ons te slaan. Maar Ek laat hulle oombliklik verstyf, sodat hulle daar so onbeweeglik staan soos standbeelde, en van pyn baie jammerlik begin te skreeu.
[II] Ek vra toe aan die sterkste rower: 'Wel waar is jou reg nou?'
[12] Hy skreeu egter: 'O almagtige, U is `n god! Help ons, dan sal ons voortaan vir altyd die werk neerlê en alles doen wat U van ons verlang!'
[13] Ek sê: 'Goed dan, wees vry; maar julle geroofde goud gee julle aan My twee skippers, anders sal dit met julle baie sleg gaan!'
[14] Toe sê die groot rower: 'Heer, nie net die goud nie, maar ook al die silwer gee ons af; maar staan ons met so `n tiende toe dat ons U, waarheen U ook gaan, mag begelei, - want ek vermoed dat U baie ander en baie gewigtiger skatte besit as die van ons, en van die skatte van U sou ons onsself iets wil toe-eien!'
[15] Ek sê: 'Gaan haal dan julle goud en silwer!'
[16] Toe gaan hulle vinnig na die rotsagtige linkeroewer van die stroom, waar hulle in gate gewoon het. Binne `n kwartier was hulle al weer by ons terug en oorhandig aan My ongeveer honderd pond goud en driehonderd pond suiwer silwer, bowendien nog pêrels en edelstene.
[17] Op hierdie oomblik kom die grootste vaartuig met die twintig leerlinge agterop ook aan, en die vaar nader na ons toe, omdat hulle skippers vir hulle gesê het dat ons beslis deur die berugte rowers aangehou was. Maar toe hulle by ons kom, verbaas hulle hulle oor ons skatte en wil vra hoe ons daaraan gekom het.
[18] Maar Ek sê: 'Vaar nou maar deur, al die ander sal julle nog gou genoeg te wete kom! Hierdie skatte is nou egter die eiendom van ons vyf skippers, en hierdie tien manne wat hulle afgegee het, het gekom om My te volg. En sorg nou dat julle verder kom!'
[19] Toe vaar die twintig verder, maar onder mekaar sê hulle: 'Dit is tog `n vreemde saak met ons Heer! Nou neem Hy al heidene en tollenaars en diewe en rowers as leerlinge aan; maar al die leerlinge uit Jerusalem laat Hy in Kapernaum sonder `n woord gaan! Ja, ja, ons sal nog beleef dat Hy ook hoere en egbreeksters as leerlinge sal aanneem! Dit is werklik baie vreemd! Maar wat kan ons daaraan doen? Hy is en bly nou eenmaal `n profeet wat met alle krag van God vervul is en niemand kan Hom weerstaan nie, en ons moet Hom Sy reg laat geskied, - daarteen kan niks ingebring word nie!'
[20] Maar toe hulle so praat, het ons hulle saam met die tien rowers, wat ons in hulle breë boot vinnig agterna gevaar het, ook al ingehaal, en Ek sê vir die twintig: 'Julle vind dit vreemd dat Ek so maak, - Ek vind dit egter tienmaal vreemder van julle dat juis julle hierdie dade en handeling van My vreemd vind. Die mense is My werk, en Ek ken die werk die beste, Ek ken al hulle bekwaamhede en weet daarom goed wat Ek doen. Laat daarom verder niks meer van wat Ek doen vir julle vreemd voorkom nie, anders sou dit vir julle baie vreemd moet voorkom dat Ek julle aangeneem het, terwyl julle nog duisendmaal erger was as hierdie tien rowers, wat nog niemand gedood het nie, maar slegs die ryk- en swaarbelaaide vlotte ietwat ligter gemaak het!'
[21] Daarop kry die twintig moed en vra My om vergewing. Ek laat ons boot egter weer voor hulle vaar en wys hulle die veilige weg deur die stroomversnelling. Toe ons dit agter ons het, sien ons dadelik vir Samosata en ons bereik hierdie plek na `n uur.
|
|
|
|
|