Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Judas Iskáriot in die huis van Kisjonah

35 Almal was alreeds van mening en bly dat hierdie student nie meer sou terugkom nie, omdat hy hom die halwe winter gladnie laat sien het nie, dit wil sê, nie by bekendes nie. Maar sien, opeens het hy ons juis tydens `n werklik opgeruimde middagete verras. Hy het ons almal baie vriendelik gegroet en Kisjonah het hom dadelik aan tafel genooi, wat die student ook dadelik baie dankbaar en vriendelik aangeneem het. 

[2] Kisjonah, `n man wat teenoor almal uiters vriendelik en opreg was, het dan ook aan ons student gevra wat hy gedurende hierdie tyd tuis gedoen het en hoe dit met hom en sy gesin gegaan het.

[3] Daarop het die student lank en breedvoerig begin uitwei oor die wins wat hy in die kort tyd vir sy gesin gemaak het deur buitengewoon hard te werk in sy kuns; dat hy opdrag gekry het om vir `n aantal hoë here baie uitmuntende kombuis- en tafelserviesgoed te maak en dat hy daarvoor baie goed betaal is en so sy huishouding en sy familie, ten minste vir `n aantal jare, uitstekend versorg het. En hy het nog meer dergelike verhale wat aan die ongelooflike grens, vertel.

[4] Toe was die geduld van die ander studente egter op, en selfs ons Petrus, wat andersins nie vinnig iets gesê het nie, het uiteindelik aan hom gesê: “Luister, as van dit alles ook maar die helfte waar is - wat ek baie betwyfel -, dan is jy nou byna immers in elk geval byna so welgesteld soos ons vriend Kisjonah hier, en dan begryp ek heeltemal nie waarom jy nou kon besluit het om weer na ons te kom en moontlikerwys selfs nog verder met ons saam te gaan nie! Sou dit dan vir jou nie baie verstandiger gewees het om ook nou tuis te bly en jou deur jou kunssinnige vlyt nog meer te verryk nie?”

[5] Judas Iskáriot sê: “Dit begryp jy nie! Ek het weliswaar graag fluks gewerk toe ek een maal besig raak; maar ek kan nie ontken dat, ondanks alle vlyt, die herinnering aan alles wat ek gehoor en gesien het, my weer van die werk weggetrek en na julle gevoer het, om nog meer daarvan te hoor en te sien. Want so besonder geesteloos as wat julle, broers, my beskou, is ek nie! As ek so was, dan sou ek beslis nie by julle wou gewees het nie! Maar ek wou graag weer by julle gewees het, en natuurlik die meeste by ons Heer, en daarom moes ek gaan, soos deur `n onsigbare mag getrek, en nou is ek hier. Indien dit egter vir julle onaangenaam is dat ek hier is en ek op een of ander wyse in julle weg staan, dan hoef julle dit maar net te sê en veral die Heer, dan gaan ek weer na waar ek vandaan gekom het, en dan bly ons tog nog goeie vriende!”

[6] Petrus sê: “O nee, dit sal ons nooit doen nie, en jy kan by ons bly soos wat jy was en soos wat jy wil; die enigste rede waarom ek jou vermaan, bestaan net daarin, dat jy sonder om enige rekening te hou met die alwetendheid van die Heer, wat Hy so dikwels aangetoon het, aan ons almal so vrypostig en onbeskaamd in ons gesig leuens kan vertel oor jou groot winste, terwyl jy van die Heer net so goed soos ons behoort te weet dat daar nooit `n onware woord oor ons lippe mag kom nie. As dit met sekerheid aan jou bekend is, waarom kom daar dan sulke leuens oor jou lippe, terwyl jy, net soos ons, deur die Heer uitverkies is tot apostel?”

[7] Judas Iskáriot sê: “Hoe kan jy dan aan my bewys dat ek leuens vertel het?| 

[8] Petrus sê: “Baie maklik! Want in die eerste plek het die Heer deur Sy barmhartigheid my innerlike dermate verlig dat ek presies weet en kan weet of iemand `n leuen vertel of die waarheid praat; bowendien sal, wat ek juis nou gewaar word deur die barmhartigheid van die Heer, baie gou `n ander, nog duideliker bewys hier binnetree, waarvan almal wat jou nou aangehoor het, maar al te duidelik sal verneem in watter mate jy aan ons almal nou leuens vertel het, wat egter nie prysenswaardig van jou was nie! Ons ondervind weliswaar deur jou volkome ydele grootdoenerigheid nòg skade nòg voordeel, maar dink self eers of so-iets onder ons gepas is, en heel in die besonder in die teenwoordigheid van die Heer, van wie jy beweer dat jy, net soos ons almal, in Hom glo en op Hom hoop!”

[9] Hier het ons student baie verleë geword en hy het nie geweet wat hy Petrus daarop moes antwoord nie, want hy het diep getref daardeur gevoel.

[10] Dit het egter nie lank geduur nie, toe daar egter sommige mense na die huis van Kisjonah gekom het en om `n aalmoes gevra het, en Kisjonah het hulle soos wat hy gewoond was, laat binnekom. Toe hulle in die kamer gekom het, het dit vier reeds taamlik groot kinders blyk te wees wat in baie armoedige, stukkende klere gehul was. Toe Judas Iskáriot hulle in die oog gekry het, het hy sy gesig afgewend om nie deur die vier wat binnegekom het, herken te word nie; want dit was sy oudste vier kinders, `n meisie en drie jong seuns.

[11] Kisjonah het hulle egter opsy geroep, wie hulle was en waar hulle vandaan gekom het, wie hul vader was en hoe hy geheet het.

[12] Die kinders het alles na waarheid geantwoord en het oor hul vader geen besondere goeie getuienis gegee nie.

[13] Kisjonah het daarop opgemerk dat hy gehoor het dat hul vader die eerste helfte van die winter deur sy kunssinnige ywer juis soveel geld verdien het.

[14] Maar die kinders het dit ontken en gesê: “Die vader het wel die een en ander klaargemaak vir `n mark, - maar toe hy op die mark gekom het, het daar `n groot geveg tussen Joodse en Griekse kooplui ontstaan, en by hul vader is alle potte en kanne aan stukke gebreek, en hulle het toe met alles en almal soos pure bedelaars weer na hul huise teruggegaan, waarop hul vader baie verdrietig geword het en van hulle weggegaan het met die woorde: “Kinders, ek kan nou niks meer vir julle doen nie! Gaan na barmhartige mense, wat julle nog wel sal help! Ek sal egter na die wonderbare Heer gaan waaroor ek alreeds soveel vertel het; miskien kan ek Hom oorhaal om minstens vir julle en julle arme moeder te help, indien ek nie meer gehelp kan word nie!” Toe het hy bedroef weggegaan en ons het ook weggegaan soos wat u ons nou sien, om `n aalmoes vir ons, vir ons moeder en vir ons jonger broers en susters te vra, maar tot op hede sonder goeie resultaat. Daarom smeek ons u om u oor ons te ontferm!”

[15] Kisjonah sê: “Hoe lank is dit dan alreeds sedert julle vader julle verlaat het?”

[16] Toe sê die kinders dat dit alreeds sowat agt dae gelede was dat hulle hul vader vir die laaste keer gesien het.

[17] Hierop het Kisjonah die kinders in `n ander vertrek gebring, hulle ander klere laat gee en hulle laat bad, en het aan hulle te ete en te drinke gegee. Toe die vier so voorlopig versorg was, het hulle duidelik te kenne gegee dat hulle begaan was oor die leed van hul vader, wat meegebring het dat hul arme moeder tuis ook baie bedroef was, omdat niemand nou geweet het waarheen hy gegaan het nie.

[18] Kisjonah het hulle getroos en gesê dat hulle hulle daaroor geen sorge hoef te maak nie, omdat ook hul vader voorlopig by hom goed versorg was en hulle hom gou sou sien.

[19] Dit het die kinders baie bly gemaak en hulle het gerusgestel in hul vertrek gebly.

[20] Kisjonah het weer teruggekom, na Judas Iskáriot gegaan en gesê: “Vriend, dit is ver van my om aan jou, `n uitverkore student van die Heer, vanweë jou grootpratery ook maar enige verwyte te gooi, - maar omdat jy my hopelik selfs goed ken soos elke arme uit die wye omtrek, vra ek my af waarom jy nie direk hierheen gekom het nie, en waarom jy my nie oor jou betreurenswaardige omstandighede vertel het nie? Sien, jou kinders is baie opregter as jy en baie besorg oor jou, maar toe hulle binnegekom het, het jy jou aangesig van hulle af weggedraai om nie deur hulle, wat bedroef na jou gesoek het, herken te word nie! Ek vind dit op die minste tog ietwat vreemd van jou! Wat sê jy nou self van dit alles?”

[21] Judas Iskáriot sê met `n diepe sug: “Ag, vriend, ek wou deur my misplaasde grootpratery maar net my totaal gebroke hart verdoof! Maar dit het vir my slegte vrugte opgelewer; want die straf het my boosheid teen myself dadelik gevolg soos `n giftige adder op die hak, en nou staan ek hier ontmasker, vernietig voor elkeen. Kom, laat my na my kinders gaan om hulle te troos en dat ek my verdriet by hulle kan uithuil!”

[22] Maar EK sê: “Nog nie nou nie! Eet en drink nou, en vertel in die vervolg nie meer leuens nie, andersins sal iets erger jou nog oorkom!”

[23] Toe het Judas Iskáriot gebly en begin weer te eet en te drink, en almal het verder baie vriendelik met hom gepraat, en Kisjonah het hom beloof om vir sy behoeftige kinders te sorg, omdat hulle heel onskuldig was aan sy teenspoed, terwyl hy as vader wel in `n meerdere of mindere mate aan hul teenspoed skuldig was.

[24] So is hierdie episode heel rustig en goed afgesluit, en is dit maar net hier vermeld om hierdie student weer te beskryf, en wat se gesindheid hy gehad het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205