Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die sien van die maan deur die geestesoog

157 Maar toe begin die skadu van die aarde op die maan al sigbaar te word. Alle oë was nou op die maan en volg die voortskryding van die skadu. Weldra word die hele maan donker, en by hierdie geleentheid word daar `n baie groter aantal sterre sigbaar as vroeër by die lig van die volmaan.

[2] Toe vra Lasarus My: 'Heer, hoe gebeur dit dat daar nou soveel sterre sigbaar geword het, wat `n mens vroeër nie kon sien nie?'

[3] Ek sê: 'Dit gebeur, beste broer, omdat die sterk lig van die volmaan jou oog nie beïnvloed nie. Die pupil van jou oog is nou baie verwyd en jy kan daardeur ook die baie swak ligskynsel van baie ver weg staande sterre waarneem. Oordag sien jy glad geen sterre nie, omdat die lig van die son die pupil van jou oog noodsaaklikerwys baie verklein. Die oog van die mens is deur God so kunstig gevorm, dat dit elke gradering van die lig kan waarneem en selfs presies kan bereken.

[4] Maar hoe kunstig die liggaamlike oog van die mens ookal gebou is, dit is tog nie te vergelyk met die wonderbaarlike geestesoog nie, wat alles in die korrekte verhoudings en ook deur en deur kan sien.

[5] Let maar eers goed op hoe die kleinste sterre langsaam maar sekerlik sal verdwyn wanneer die maan nou uit die skadu van die aarde kom, dan kan jy jou daarvan oortuig dat dit as gevolg van die steeds sterker wordende lig van die maan kom.

[6] Dit is baie anders met die oog van die siel. Dit word nie beïnvloed deur die aardse lig nie, en nagtelike duisternis van die aarde of helder dag maak vir die oog geen verskil nie. Vir die siel is dit maar net voortdurend dag en nooit nag nie, dit wil sê, vir `n siel wat in My lig leef en werk; maar vir `n siel wat maar net in die lig van hierdie wêreld werk, dit wil sê, volgens die wêreldse leer leef, is daar aan die ander kant ook maar net nag en duisternis.

[7] Let almal nou egter op! Ek sal julle vir enkele oomblikke, in `n sekere sin met geweld, innerlik laat ontwaak en die maan so laat sien asof julle daarop staan!'

[8] Toe wil Ek dit, en almal snak tegelykertyd `n kreet van ontsetting, en Lasarus vra My om sy geestesoog weer te sluit, want hy vind die maan te woes, te verlate en te leeg.

[9] Maar Ek sê: 'Kyk eers ietwat beter, dan sal julle wel wesens ontdek wat soos mense van hierdie aarde lyk!'

[10] Toe span almal hulle in om nog beter te sien en toe ontdek hulle menslike wesens, en wel op die kant wat steeds na die aarde gekeer is, `n soort lugtige, byna geheel deursigtige en daarby tog baie kommervolle uitsiende klein menslike wesens, wat volkome vreemd voorkom; maar op die ander kant van die maan beval dit hulle heelwat beter. Omdat hulle dit egter nou tydens die veertien dae durende die nag van die maan sien, vind hulle ook vanweë heel natuurlike, op die maan heersende toestande dat die mense en die paar diere daar in `n diepe slaap is.

[11] Toe almal die hele maan so besigtig het en begin het deur te sê dat hulle die maan nou meer as lank en goed genoeg gesien het en Ek hulle ook weer die innerlike gesig kan ontneem, doen Ek dit dan ook; want elkeen word `n bietjie bang dat hy nou miskien selfs in hierdie baie treurig uitsiende wêreld sou moes bly.

[12] Toe hulle almal weer die maan met hulle liggaamlike oë sien, was hulle baie bly, en een van die oudstes van die Judese Grieke sê vir My: 'Heer, as daar in U groot skepping êrens `n wêreld is waar die siele as verdoem gekwel word, dan is die maan volkome geskik daarvoor, veral op die kant wat na ons gekeer is! En die vreemde, baie lelike, donkergrys deursigtige en mistige lugtige menslike wesens is sekerlik niks anders as sulke onbenydenswaardige, ongelukkige siele nie. As `n mens op ons aarde deur streke en lande reis, kom hy van die een mooi streek dikwels in `n nog baie mooier streek; maar op die wêreld daarbo is dit presies omgekeerd. Reeds die eerste en sekerlik nog die beste plek wat mens sien, sien al so ontsettend wild en woes daaruit, dat mens daarvan skrik soos vir `n monster. Die ander plekke en streke is egter nog baie afskrikwekkender en ontsettender, en in die streke woon menslike wesens wat so treurig en verskrompel daaruit sien, dat mens die bewoners van ons slegste en stinkendste poele vergeleke met hulle, ware konings sou kon noem. Heer, Heer, wat se wesens is dit tog?'

[13] Ek sê: 'Ja, ja, dit is nou nie bepaald baie gelukkige wesens nie, en hulle het baie van die hel in hulle, maar hulle kan en sal mettertyd tog na `n beter lewe oorgaan, - maar dit sal nie so gou gebeur nie. Diegene wat hom op die oppervlakte van die maanaarde beweeg en `n bepaalde deursigtigheid gekry het, is in elk geval al beter daaraan toe; maar vir diegene wat nog in die diep hole, gate en kraters woon, gaan dit nog sleg, en dit sal nog `n geruime tyd duur voordat hulle na `n beter lewenstoestand toe sal oorgaan.

[14] Kyk, dit is siele van mense van hierdie aarde, wat tydens hulle liggaamlike lewe hulleself bomatig oorgegee het aan `n ontsettende liefde vir die wêreld en vir hulleself. Hierdie siele, wat feitlik merendeels stoflik ingestel is, kry op die maan uit hulself `n tipe halfstoflike liggaam, waardeur hulle ook nog die bose stoflike indruk, soos koue, hitte, asook die lig van die son en die skaduwee van hierdie aarde en die ander planete kan waarneem; maar hulle kan hulle hebsug nie meer met iets aards stil nie. Hulle sien die aarde baie goed, en weet ook hoe goed hulle eens op haar bodem geleef het, waar hulle baie goedere en aansien besit het en baie mense hulle gedien het; maar nou is hy slegs aan homself oorgelaat en naak, en het behalwe die baie dun lug glad geen voedsel nie, selfs geen water en heeltemal geen wyn nie. Die bodem van hulle aarde is `n soort puimsteen, en daar groei selfs geen mos nie.

[15] En daarom is die maan vir sulke siele `n baie geskikte plek om behoorlik van al die materiële ontdaan te word en tot insig te kom dat alle aardse goedere baie bedrieglik en waardeloos is; en uiteindelik raak die verlange om heeltemal te vergaan en nie meer te bestaan nie, van hulle meester.

[16] Baie probeer om hulleself dood te maak, ander poog om hulleself deur `n soort slaap te onttrek van alle verdere wêreldbeskouings; maar nóg die een nóg die ander slaag. Dan begin hulle te soek of daar nie die een of ander uitweg uit die hole en dale van hulle lyding voer na `n streek waar hulle miskien wyser mense sou kon ontmoet om met hulle oor die oorsaak van hulle baie treurige bestaan te praat nie. En kyk, dan vind hulle met baie moeite en inspanning `n uitweg. Dan kom hulle op `n groot vlakte, klim die baie hoë berge en ontmoet ook wyse geeste daar, wat hulle wyse lesse gee en ook vertel dat daar `n almagtige, wyse, goeie God bestaan, in wie hulle moet glo en wat hulle moet liefhê, en dat dit met hulle ook gou beter sou gaan as hulle dit sou doen.

[17] Dit neem hulle dan graag aan en hulle word daarna gou bevry van hulle materie en kry `n geestelike gewaad en word vervolgens na `n ander aarde, soos byvoorbeeld Venus of Mercurius, later na Jupiter, Saturnus en nog ander planetêre aardes gebring. Daar ontdoen hulle hulleself dan gewoonlik van al die stoflike, juis deur die materie van die klein en groot aardes wat hulle moes deurloop. Daarna kan hulle na die son oorgaan, waar hulle vir hulleself dan baie wysheid en ook liefde hulle eie kan maak. Dan word hulle eers suiwer geeste en gaan hulle oor na die suiwer geestelike son, waar waarlik geen gebrek is aan tallose, baie wyse leerskole nie.

[18] So word sulke mense, wat baie aan die stoflike geheg was, dan na verloop van `n baie lang tyd ook suiwer, en kan geniet van `n groot saligheid; maar hulle kan nooit kom waar een van die minste van My kinders sal kom nie.

[19] Maar ook hierdie ellendige maanbewoners sal verlos word wanneer Ek weer teruggekeer het na die plek vanwaar Ek gekom het. - Dus weet julle nou wat die maan is?'

[20] Lasarus sê: 'Ja, Heer, dit weet ons nou presies, dit wil sê, wat betref die kant wat na ons toe gekeer is! Maar die agterkant skyn meer ooreen te kom met ons aarde. Ons sien daar gewasse en water, en ons sien daar ook wolke aan die hemel. Wat is dan daar?'

[21] Ek sê: Presies sulke natuurlike mense soos byvoorbeeld in die hoë noorde van hierdie aarde, maar natuurlik vanweë die heel ander dag- en nag omstandighede van die maan ietwat anders georganiseerd. Die res sal die gees julle leer. En omdat die verskynsel nou ook verby is, kan ons maar weer na binne gaan en `n ligte nagversterking gebruik.'

[22] Almal was dit nou daarmee eens, en ons gaan na binne, waar Ek elkeen die advies gee om die ander mense niks oor die visioen te vertel nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205