Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die besoek by die herberg in Kana. Die genesing van die siek kind. `n Evangelie vir sogende moeders.

80 Daarna het ons gou van hierdie plek vertrek en teen die aand in Kana in Galilea gekom, waar Ek die water in wyn verander het. Ons het in dieselfde huis tuisgegaan, omdat dit ook `n belangrike herberg was. Dat ons daar ook met die grootste vriendelikheid opgeneem was, hoef nouliks in meer besonderhede vermeld te word.

[2] Die jong egpaar het alreeds `n kind gehad, `n seun; maar die kind, wat nouliks `n paar weke oud was, het aan erge krampe gely as gevolg van `n skrik wat die jong moeder nog in die kraambed gekry het, deur `n brand in die huis van die bure, wat egter gou weer geblus is. Die jong ouers, asook hul nog lewende ouers, het alles probeer om die kind van hierdie kwaal te genees; maar alles was tevergeefs.

[3] Toe Ek hul huis binnegekom en hulle My wel herken het, het hulle voor My op hul knieë neergeval en gesê: “O Heer, God het U waarlik hierheen na ons gelei om ons enigste kind te genees! O, dit smeek ons U inniglik! Dat alles vir U moontlik is, weet ons alreeds lankal.”

[4] EK sê: “Staan op, want dit is nie gepas dat mense voor mense op die knieë val nie!”

[5] Die jong egpaar sê: “O Heer, ons weet egter dat U meer is as `n mens, en daarom is dit wel gepas dat mense voor U op die knieë val! O, help ons kind!”

[6] EK sê: “Staan dan op en bring die siek kind na My toe!”

[7] Toe het die ouers vinnig opgestaan en die kind na My toe gebring. Ek het hom die hande opgelê en hom geseën en op dieselfde oomblik het die kind so opgeruimd en gesond geword asof hy nooit iets makeer het nie.

[8] Vervolgens sê EK aan die jong moeder: “Wees egter in die vervolg versigtig! As jy baie opgewonde is deur die een of ander iets, en jy nog `n kind aan die bors het, voed hom dan eers as jy weer heeltemal rustig is! Want deur die moedersmelk kan allerlei kwale in die liggaam en selfs in die siel van die kinders ontstaan. Dink daaraan! - Maar sorg nou dat ons almal `n aandete kry!”

[9] Die ouers het My uitermate gedank vir hierdie weldaad en het gegaan om `n aandete vir ons voor te berei.

[10] Binne `n uur was alles alreeds gereed en mense het ons na `n groot, heeltemal nuutgeboude eetsaal gelei, waar ons die baie goed voorbereide aandete genuttig het. Na die maaltyd het Ek die jong huisheer gevra wanneer en hoe en deur wie hierdie baie mooi, baie ruim eetsaal gebou was.

[11] Toe sê die herbergier: “Ja, Heer, dit het waarlik ook nie so heeltemal op natuurlike wyse gebeur nie! Die boumeesters was Joses en Joël, respektiewelik seuns van Josef en stiefbroers van U. Maar dit het baie merkwaardig gegaan. Hulle het net twee helpers gehad en toe hulle die seders begin bewerk het, het die werk, wat andersins minstens tien dae sou geneem het, nouliks `n dag geduur, en die verbinding van die bome, die opsit van die dak en die lê van die vloere, net soos die vervaardiging van alles wat in die saal is, het net soveel tyd geneem as die tyd wat die Heer volgens Moses nodig gehad het vir die skepping van die wêrelddeel.

[12] Kort en goed, volgens die mening van elke deskundige sou die bou van so `n saal ongeveer ruim `n halfjaar benodig, en dan nog met meer bouliede wat daarby baie fluks sou moes werk, - en hierdie saal is deur net vier bouliede in ses dae in die huidige stand opgerig, en dit moet tog ook wel beslis duidelik `n wonderwerk wees!

[13] Beide broers het self gesê: “Ons word onsigbaar gehelp deur die Gees van ons Goddelike broer!' En dit was seker ook so, omdat selfs U liewe moeder Maria, wat ons dikwels besoek, dit ook as die vasstaande waarheid meegedeel het. - Is dit nie so nie, Majesteit en Heer van alle lewe en bestaan?”

[14] EK sê: “Nou ja, dan moet dit wel so wees! Maar sorg nou ook vir slaapplekke; want ons het almal het liggaamlik moeg geword! Môre sal ons wel tyd vind om verder daaroor te praat.”

[15] Dit is dan ook vinnig bewerkstellig en ons het ons ter ruste begeef.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205