|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 60
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die onverskilligheid van die kooplui op geestelike gebied
60 Dit was ongeveer drie ure voor die middag toe ons, op My voorstel, ons kamer verlaat en deur `n groot groep gaste na buite gegaan het. Die herbergier, wat baie met die gaste te doen gehad het en met hulle moes praat, het hom by My verontskuldig dat hy aan My vanweë al die gaste so min aandag kon gegee het.
[2] Maar EK sê aan hom: “Wees nie bekommerd daaroor nie! Wie met sy hart by My is, kan met sy ledemate rustig sy noodsaaklike, daaglikse werk doen soos wat hy dit wil en kan, en soos wat sy beroep dit vereis, en dan skenk hy aan My nogtans sy volle, waarlike aandag; elke ander vorm van aandag het vir My ook in elk geval geen waarde nie.
[3] Ons gaan nou tot aan die middag na buite en sal langs die oewer na die see se beweging kyk. Voordat ons egter weer sal terugkom, sal daar deur My opgeroep, `n werklik deeglike reënbui kom wat hierdie kooplui, wat vir My hinderlik is, voor ons uit die huis sal jaag, soos wat Ek alreeds vroeër vermeld het; want vir onweer het hierdie wêreldse mense die grootste angs. As hulle onweer sien nader, sal hulle dadelik in alle haas na die stad teruggaan. Pas maar op dat daar geeneen weggaan sonder om te betaal nie!”
[4] Die herbergier sê: “O Heer, ek dank U vir hierdie raad en baie spesiaal vir die beloofde onweer; want hierdie soort gaste is vir my die lastigste!”
[5] Daarna het ons weggegaan, want die herbergier is deur `n gas geroep, wat vir hom glad nie aangenaam was nie.
6] Toe ons buite was, vra Ek aan Petrus: “'Wel, het jy jou ou vriend nog gesien?! Hoe het hy jou geval?”
[7] Petrus het baie verontwaardig gesê: “Ag, dit is tog wel die toppunt! As hierdie mense ons net `n blik waardig geag het, of minstens onder mekaar gevra het, wie ons sou wees! Maar nee, nog geen blik het hulle ons gegun nie, hoewel hulle U ken en reeds baie van U gehoor het! Waarlik, sulke ontsettende dom, onverskillige mense het ek nog nooit teëgekom nie! As ons vandag in `n trop varke sou beland, sal hierdie diere ons beslis aankyk en vir ons knor; maar vir hierdie mense is ons algeheel niks nie, asof ons gladnie bestaan nie. O slegte, dowe, stokblinde wêreld! O Heer, laat asseblief `n ontsettende onweer met tallose weerligstrale bo hul hoofde losbreek, sodat hulle meer as hulle uiters Stoïsynse kalmte verloor! Ja, waarlik, dit is in werklikheid die varke waarvoor mens nie U lewenspêrels moet werp nie!”
[8] EK sê: “Ek het vantevore aan jou gesê, dat dit met hierdie kooplui so gesteld is! Hulle ken net hul ware en hul geld. Wie met hulle vergeleke geen koopware en geen geld het nie, is in hul oë ook so goed as geen mens nie. Wat hulle oor iemand soos wat ons is, wat geen geld het nie, hulle nog verneder om aan te dink, is net, dat hulle by hulself kan reken en sê: “Sien, wat sou hierdie sukkelende as slaaf werd wees?’ Net as minderwaardige ware sou ons nog enige waarde vir hulle hê; want daar is baie onder hulle wat heimlik slawehandel bedrywe, en jou ou vriend is een van die grootstes onder hulle en hy doen elke jaar sake in Egipte, Rome, Griekeland en ook in Persië. - Wat sê jy daarvan as `n Judeër so-iets doen?”
[9] Petrus sê: “Hy moet gestenig word! Maar ek, en eintlik ons almal, begryp nog steeds nie so goed hoe U, o Heer, hierdie misdade van die walglike mense met soveel geduld en lankmoedigheid kan aansien nie; want dit is immers alreeds erger as in Sodom en Gomorra. As die heidene so-iets doen, is hulle te verontskuldig, - maar `n Judeër nooit as te nimmer nie!”
|
|
|
|
|