Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

`n Groot visvangs

34 Daarna is daar onder die studente, wat agtergebly het, die Judese Grieke en Philopold, nog baie bespreek; ook Ek en Kisjonah het oor alles gepraat, soos oor die ou priesterdom en oor die ou patriargale wyse van regeer wat baie beter was as die wat tydens My aardse tyd geheers het, en so het die oggend gekom en van die hele geselskap het niemand die gevoel gehad dat hy te min geslaap het nie. Kortom, die oggend het daar `n baie opgewekte stemming geheers en ons het na buite na die see gegaan en `n oomblik na die vissers van Kisjonah gekyk wat op die water druk besig was in hul vissersbote, maar tog nie baie gevang het nie. 

[2] `n Paar vissers het na die oewer gekom en aan Kisjonah gesê: “Heer, vandag sien dit maar maer met ons vangste daaruit! Alreeds sedert middernag doen ons ons uiterste bes, maar die fatale oostewind dryf die visse na die bodem, en daarmee is ons byna magteloos!”

[3] Kisjonah vra hoeveel hulle gevang het. 

[4] Die vissers antwoord: “Miskien `n paar klein vaatjies vol; maar wat is dit vir twintig visserskepe en dubbel soveel klein bote?!”

[5] EK sê aan beide vissers: “Vaar nog `n keer uit om julle nette uit te werp, want julle kan die beste visse met sonsopgang kry!”

[6] Toe sê die vissers, omdat hulle My nie geken het nie: “Vriend, dit weet ons goed, maar by die harde oostewind verwag ons ook nie baie daarvan nie! Geen enkele wind is weliswaar gunstig vir ons werk nie, maar die oostewind is die ongunstigste, veral in die wintertyd.”

[7] EK sê: “Doen nou maar wat Ek aan julle gesê het, dan sal julle `n ryk vangs hê!”

[8] Daarop het hulle weggeroei en die boodskap aan die ander vissers oorgebring. Hulle het weliswaar hul skouers opgetrek, maar omdat hulle gehoor het dat Kisjonah dit so wou gehad het, het hulle tog hul nette uitgewerp en so `n groot aantal van die beste en voortreflikste visse gevang, dat die nette byna begin het om te skeur en hulle moeite gehad het om al die visse in die groot vishouers te bêre. Natuurlik was hulle baie verbaas daaroor, omdat hulle nog nooit so `n ryk vangs gehad het nie. Later het Kisjonah dit aan hulle verduidelik, Wie die wonderbaarlike oorsaak van hierdie ryk vangs was. En hulle het daarna almal in My Naam geglo, hoewel verskeie vissers My later as die seun van Josef, die timmerman herken het.

[9] En so het die helfte van die winter met allerlei nuttige lesse en klein dade verstryk, wat vir niemand so belangrik is dat hulle hier spesiaal vermeld moet word omdat dit alles meer te make gehad het met die welsyn van die aardse burgerlike lewe.

[10] So het daar ook `n paar dae later by die aankoms van Maria, die moeder van My liggaam, weinig gebeur wat geskik was om op te skryf, behalwe dat sy baie verheug was om My weer persoonlik te sien, en dat sy haar deur die studente baie laat vertel het oor wat Ek alles gedoen en onderrig het, wat sy alles diep in haar hart bewaar het en waarvolgens sy haar denke, wil en ook haar handel gerig het. Ook beide die oudste broers, respektiewelik seuns van Josef, het na Kis gekom vir `n bouopdrag, waarby Ek hulle self natuurlik met raad en daad bygestaan het. 

[11] En so het die Pasga naby gekom en baie het begin om voorbereidings te tref om na die feeste in Jerusalem te reis.

[12] Kisjonah het My ook gevra of Ek self na Jerusalem sou gaan.

[13] En EK het aan hom gesê: “Ek sal, soos wat afgespreek is, wel gaan, maar My hierdie keer nie by die fees en geensins in die tempel laat sien nie en gou weer na Galilea terugkom, waar Ek dan opnuut met My werk sal begin.”

[14] Toe sê die Judese Grieke: “Maar as U, o Heer, U nogtans in die tempel sou laat sien en weer `n dergelike toespraak sou hou, dan sou daar miskien opnuut `n aantal tempeldienaars begin nadink en net soos ons in U glo?”

[15] EK sê: “O, wees julle maar nie daaroor bekommerd nie, want Ek sal nog dikwels in die tempel onderrig gee; maar van die aanwesige Fariseërs, oudstes en skrifgeleerdes wat tans daar is, sal niemand begin nadink nie en hulle daarna rig om ook salig te word nie, maar hulle sal almal maar net probeer om My te gryp en te dood! En daarvoor is dit nou nog nie My tyd nie; daarom weet Ek baie goed wat Ek moet doen.”

[16] Hulle was almal tevrede met hierdie antwoord en daarom het hulle aan My in hierdie opsig geen vrae meer gestel nie.

[17] Net een episode voor ons vertrek na Jerusalem kan hier nog vermeld word, en dit het betrekking op die terugkoms van Judas Iskáriot.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205