|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 2
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die Heer getuig van Homself en van Sy sending as Messias
(Evangelie van Johannes 5: 14-27)
2 Ongeveer `n uur later het Ek saam met My studente na die tempel gegaan, nadat ons eers `n ontmoeting gehad het met die familie van Lasarus uit Bethanië, wat Ek reeds vanaf My twaalfde jaar geken het en wat Ek elke jaar tydens ons pelgrimstogte na Jerusalem besoek en met hulle heelwat bespreek het oor die uitoefening van My taak as leraar. Die familie en ook ons reeds bekende herbergier het ons na die tempel begelei en toe ons in die tempel gekom het, het Ek die geneesde man daar aangetref, wat, toe hy My gesien het, na My toe gekom en My opnuut begin loof en dank het.
[2] EK sê vir hom: “Sorg dat jy, noudat jy gesond geword het, nie verder meer sondig nie, sodat jy nie nog iets erger oorkom nie!” (Johannes 5:14; Johannes 8;11)
[3] Hy het dit plegtig verseker en het by hierdie geleentheid My naam verneem, wat maklik was, omdat baie My van vroeëre ontmoetings geken het. Daarna het die man ons verlaat en na die streng Tempeljode gegaan en aan hulle vertel dat Ek, Jesus, die Een was wat hom genees het. (Johannes 5:15)
[4] Toe het hierdie Tempeljode in woede ontsteek, My gevolg en begin om na My toe te dring om My op staande voet te gryp en te dood, omdat Ek dit - en bowendien nog op so `n belangrike Sabbat! - gedoen het. (Johannes 5:16)
[5] Die Herbergier het toe die Judeërs, wat hy bo alles haat, woedend in My rigting sien kom en My aangeraai om so gou moontlik te verdwyn, omdat iets ergs My maklik andersins sou kon oorkom.
[6] EK het hom egter gerusgestel en gesê: “Moenie bang wees nie; want solank Ek dit Self nie wil nie, sal julle My niks kan aandoen nie! Maar Ek sal aan julle eers, sodra julle aan My vrae begin stel, onomwonde sê wie Ek is en dan sal julle egter eers hulle woede sien, maar op die oomblik hoef niemand egter bang te wees nie!”
[7] Terwyl Ek dit onder vier oë aan die herbergier gesê het, was DIE WOEDENDE JUDEËRS ook alreeds by My en het My toegesnou: “Waarom het jy dit op `n verhewe Sabbat gedoen en het jy dit in die teenwoordigheid van die hele volk ontheilig? Sou jy dit nie môre kon gedoen het nie, dan sou die sieke nog vroeg genoeg geholpe gewees het en die verhewe Sabbat sou nie ontheilig gewees het nie?!”
[8] EK het die woedende Judeërs ernstig aangekyk en eenvoudig aan hulle gesê: “My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook!” (Johannes 5:17; Johannes 9:4)
[9] Daarop het DIE TEMPELJODE nog boser geword en probeer om My te gryp en dadelik te dood; want hulle het vir die volk geskreeu: “Hy vind dit nie genoeg om die verhewe Sabbat te ontheilig nie, maar Hy laster ook God, deur Hom Sy Vader te noem en Hom aan HOM gelyk te stel! Gryp Hom daarom en wurg Hom dadelik!” (Johannes 5:18)
[10] Daar het `n regte oproer in die tempel ontstaan en sommiges het aanstaltes gemaak om My te gryp. Ek het egter toornig geword en hulle gebied dat hulle stil moes wees.
[11] Dadelik het alles ook rustig geword en EK het aan die woedende Judeërs gesê: “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle: Ek, as Seun, kan uit Myself niks doen nie - behalwe dit wat Ek die Vader sien doen! Wat My Vader dus doen, dit doen Ek ook! (Johannes 5:19) Die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy Self doen, en Hy sal Hom nog groot dinge laat sien, sodat julle julleself uitermate daaroor sal verbaas! (Johannes 5:20) Want soos wat die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil. (Johannes 5:21) Ek sê vir julle, blindes: Die Vader in die hemel oordeel nou niemand nie; want die hele oordeel het Hy aan My, Sy Seun, in My hande gegee (Johannes 5:, 22), sodat alle mense - Judeërs en heidene - die Seun op gelyke wyse sal eer as hulle die Vader eer. Wie die Seun egter nie eer nie, eer ook nie die Vader wat Hom gestuur het nie.' (Johannes 5:23)
[12] Toe Ek so gespreek het, het daar volkome stilte geheers en die woedende Judeërs het geswyg; want Ek wou dit so gehad het.
[13] Dus het Ek verder gespreek en gesê: “Voorwaar, voorwaar, wie My woord hoor en waarlik in HOM glo wat My na die mense op hierdie aarde gestuur het, het die ewige lewe en kom met sy siel nooit in `n oordeel wat bestaan uit die dood van die materie nie, maar deur die ernstige en lewende geloof het hy van die dood na die ware, ewige lewe deurgedring! (Johannes 5:24)
[14] En wederom sê Ek vir julle: Voorwaar, voorwaar, die uur kom en is alreeds daar waarop die mense wat na liggaam en siel dood is, die stem van die Seun van God sal hoor, en hy wat Sy stem vol vertroue sal hoor, sal ook ewig daardeur lewe! (Johannes 5:25) Want soos wat die Vader die lewe in Homself het, so het Hy ook die Seun van ewigheid die lewe in Homself gegee. (Johannes 5:26) Ook het Hy Hom mag gegee om gerig te hou oor alle mense, en wel omdat die ewige Seun van God nou vir hierdie tyd ook `n Menseseun (Seun van Adam) is.” (Johannes 5:27)
|
|
|
|
|