Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Vertrek uit Kis en aankoms by die herberg van Lasarus

36 Ook My liggaamlike moeder Maria het gou daarna aan Judas Iskáriot gesê: “As jy so voortgaan en jou hart en gemoed nie verander nie, sal jou einde `n verskrikking wees vir baie en tot aan die einde van die wêreld in die gedagtenis van die mense bly. Neem jou daarom voortaan goed in ag om te kan standhou in die oë van die Heer! Ek het nog nooit `n goeie droom oor jou gehad nie en sien nou ook waarom. Daarom sê ek nog `n keer: Sorg dat jy standhou in die oë van die Heer!”

[2] Hierdie woorde het alle studente diep in hul harte bewaar.

[3] Na die maaltyd het ons nog die huis van Maria en die besitting wat Kisjonah aan haar gegee het, besoek. Alles het uitstekend daar uitgesien. Ook was daar `n klein skooltjie gebou, waarin moeder Maria onderrig gegee het aan behoeftige kinders in allerlei nuttige dinge, en so die tyd op velerlei maniere nuttig deurgebring het, wat meegebring het dat sy by alle mense van die plek en die omgewing baie geliefd was en geag is. Sy het ook talle siekes genees deur hulle in My Naam die hande op te lê of oor hulle te bid. En so was sy dan ook `n seën vir hierdie streek en vir Kisjonah was sy `n ware kleinood.  

[4] Op die volgende dag, `n Donderdag, nog ongeveer drie weke voor Pasga, het ons afskeid geneem van Kisjonah, met die belofte om hom gou weer te besoek. Hy het dadelik een van sy beste skepe in orde laat bring, wat ons spoedig na die ontbyt bestyg het en waarmee ons vervolgens met `n goeie wind weggevaar het. Kisjonah, Philopold en Maria het ons oor see begelei tot aan die oewer waar die Jordaan die See van Galilea verlaat en hom daarna links deur `n lang dal wat sterk na die ooste geboë is, na die Dooie See wend. Vandaar gaan mens dan oor `n goeie begaanbare weg op na Jerusalem. Van hierdie weg is tot vandag ewenwel niks meer te sien nie, net soos van alle ander plekke aan die Galilese see, wat in ons tyd ook alreeds ruim `n derde kleiner geword het.

[5] Op die landingsplek het net `n tolhuis gestaan, waar mens `n geringe bedrag tolgeld moes betaal as mens koopware saamgebring of vervoer het. Ons het daar aan land gegaan, ons begeleiers geseën en gou ons weg voortgesit, sonder om êrens te rus, en het sodoende taamlik laat in die nag die huis van ons bekende herbergier bereik, wat nog op was, omdat daar `n paar gaste by hom was.

[6] Toe ons daar aankom en die herbergier ons herken het, was hy vol vreugde en hy het dadelik elkeen in die huis aan die werk gestel om ons te versorg, want ons het sedert die oggend niks meer geëet nie. Ook ons ledemate was moeg van die ver voetreis en hulle het duidelik behoefte aan rus gehad. Terwyl die herbergier sy mense `n aandete vir ons laat voorberei het, het hy ons baie dinge vertel wat tydens My afwesigheid gebeur het, - onder ander ook dat die goeie Lasarus ernstig in konflik gekom het met die tempeldienaars vanweë die arbeiders wat Ek hom uit Bethlehem besorg het. 

[7] (Die herbergier:) “Die tempeldienaars het direk daarheen gegaan en alle moontlike moeite gedoen om die arbeiders van Lasarus aan hul kant te kry; maar die arbeiders het die tempeldienaars gedreig as hulle hulle nie met rus sou laat nie. Dit het die tempeldienaars agterdogtig gemaak en hulle het Lasarus daarvan beskuldig dat hy sy arbeiders heimlik teen hulle opgestook het, en hulle het daarom `n formele aanklag by die Romeinse goewerneur ingedien. Hy het Lasarus na hom laat roep en hom na die ware toedrag van sake gevra en daarna ook al die arbeiders ondervra. Die resultaat was dat Lasarus met sy arbeiders van alle skuld vrygespeek is en aan die tempeldienaars heimlik te verstaan gegee is om die dienaars van Lasarus, wat nou ereburgers van Rome was, met rus te laat, omdat die goewerneur andersins genoodsaak sou wees om Lasarus vir sy beskerming `n goeie aantal soldate ter beskikking te stel. Dit het `n uitwerking gehad en Lasarus was nou alreeds ses weke lank volkome deur die tempeldienaars met rus gelaat. Maar of hulle daarom innerlik baie met hom geneë was, betwyfel ek baie, hoewel hulle voor sy gesig baie vriendelik is en hom verseker dat hulle hierdie saak maar net teen sy arbeiders en nie teen hom voor die goewerneur gebring het, omdat hulle hul bedreig gevoel het. En so leef Lasarus in elk geval minstens oënskynlik op goeie voet met die tempeldienaars.”

[8] EK sê: “Ek het goed geweet dat dit so sou gaan; maar dat dit ook nog anders kon gaan, as die saak nog `n paar weke langer sou geduur het. Want dan sou dit tussen die arbeiders en die tempeldienaars tot ernstige handtastelikhede gekom het, wat Ek voorsien het en daarom het Ek ook deur My wil dit geheel so gelei het soos wat dit gegaan het, en dit was goed. Die tempeldienaars het nou weliswaar `n heimlike wrok teen Lasarus, maar dit beteken niks nie, want hulle het ook `n wrok teen alle Romeine en Grieke en die Essene, Sadduseërs en Samaritane. Maar al hierdie wrokke van hulle lyk soos dié van `n dwase man wat byna woedend van toorn word by `n groot rivier, omdat hy geen brug vind waaroor hy die mooi oewerland aan die oorkant kan bereik nie. Die rivier het homself gebly ondanks die wrok en toorn van die dwase man. En waarlik, presies so is dit gesteld met die wrok en die toorn van die tempeldienaars! Dit is soos `n wurm wat in die stof wring en wriemel en teëstribbel in die stof teen die treë van verbygaande kamele. Daarom laat ons dit nou daar en jy, liewe vriend, kyk eers of ons nie alreeds spoedig na ons nagtelike maaltyd kan gaan nie !”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205