Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die weg om God te leer ken en lief te hê

111 Daarop sê die skrifgeleerde niks meer nie; maar Ek sê vir die priesteres: 'Luister, baie wysgerige priesteres, dit maak nie saak of Ek of hierdie leerling met jou praat nie, want elkeen van My leerlinge wat dit dan ook in My Naam sê, kan maar net dit sê wat Ek hom Self in die mond lê! Hy het jou presies gesê wat Ek jou sou gesê het! Dat jou egosentriese stoïsynisme niks anders as die dood is nie en om die uiteindelike volledige vernietiging van jou bestaan in jou te voel, is maar net jou eie skuld.

[2] Waarom is daar dan soveel heidene wat, net soos die beste Judeërs, maar nie net sonder om te twyfel glo aan die voortlewe van die siel na die dood nie, maar ook innerlik in hoë mate en lewendig daarvan bewus is?! Waarom is dit dan nie by julle die geval nie?

[3] Ek sal julle egter vertel waarby dit lê! Kyk, dit kom deur julle hoogmoed, julle eieliefde, en die begeerte om by die mense as hoogdrawende baie- en selfs allesweters te skitter en elke andereen met julle ou, wysgerige brokke in die stof te laat byt! Wie kan daar iets teen julle sê of julle iets aanraai, as julle altyd maar net daarop uit is dat elkeen na julle luister – maar julle nie na iemand anders wil luister nie? Dit is egter die gevaarlikste soort hoogmoed, en daarop slaan die spreuk: Wie geen raad aanneem nie, is ook nie meer te help nie!

[4] Solank julle vashou aan hierdie hoogmoed, sal julle ook in plaas van die lewe, slegs die ewige dood in julle voel; want hoogmoed dryf die siel met alle krag in die vlees van haar liggaam in, en daardeur word sy, omdat sy haar steeds meer opblaas, volledig één met haar vlees en in die toestand kan sy dan niks anders meer voel en ervaar as die dood van haar liggaam nie.  

[5] As die siel egter heeltemal afstand doen van haar hoogmoed en haarself verdeemoedig, isoleer sy haar ook steeds meer van die growwe vlees van haar liggaam en staan maar net deur die senuweegees, wat aan haar verwant is, daarmee in verbinding. As hierdie situasie eenmaal by `n siel ingetree het, sal sy ook lewe in haar voel, en sal sy daarna strewe om haar ook steeds meer in te span vir die naasteliefde en daardeur ook vir die suiwere liefde tot God, wat sy in haar deemoed ook gou en moeiteloos sal vind. Daardeur wek sy ook haar gees aan die ander kant uit God op en begin één daarmee te word. As dit eenmaal gebeur het, word sy reeds opgeneem in die volmaakte, ewige lewe en sy gaan daardeur steeds meer in alles na God lyk, en het dan `n helder insig in die ewige lewe gekry.

[6] Solank `n siel egter in haar wêreldse hoogmoed volhard en haar deur haar naaste oormatig laat bewierook, begrawe sy haar steeds verder in haar growwe vlees en daardeur ook noodsaaklikerwys steeds verder in die dood van die vlees. Watter woorde en watter dade en tekens moet dan van die dood vervulde siel die bewys kan lewer dat sy na die liggaamlike dood verder leef, en dat daar slegs één waaragtige God is?!

[7] Jy vind nou wel dat `n baie wyse, alwetende, almagtige God so `n mens tog op die een of ander manier wel `n lig sou kon gee, sodat hy gewaar sou kon word hoe hy daarvoor staan. Dit doen God altyd; maar hoogmoed laat nie toe dat die mens dit alles vir homself realiseer nie.

[8] Ek sê julle: Wie ook maar ooit begin om te dink dat daar `n God is wat alles wat bestaan geskape het en alles onderhou en bestuur, die sal ook gou insien dat alles wat bestaan, goed en doelmatig ingerig is. Hy sal deur die wyse bestel ook baie gou besef dat die Skepper van alles wat bestaan, baie goed moet wees. As `n mens dikwels daaraan dink, en so Skepper en skepsel beoordeel, sal hy die Skepper begin liefhê en die liefde tot God sal van dag tot dag steeds in die hart van die mens vermeerder en hegter word, en hierdie liefde is nou die gees van die mens van die ander kant, wat met sy lig die siel deurdring en met sy warmte die siel lewend maak. En as dit eenmaal by die mens die geval is, is dit vir hom ook nie meer moontlik om ooit te dink dat hy die dood in hom het nie.

[9] Dat die moontlikheid vir elke mens bestaan om dit op eenvoudige wyse by en in homself te verwesenlik, is af te lei uit die feit dat elke mens oë het om te sien, ore om te hoor en `n reuksin het en smaak en gevoel, en by dit alles verstand, rede, en hande en voete, en `n vrye wil waarmee hy na willekeur sy ledemate kan aktiveer en sy liefde kan reël. So toegerus, sien hy die son op- en ondergaan, - en ook die maan. Hy sien die sterre en tallose talle soorte skepsele, wat hy kan bekyk en waardeur hy God, die Majesteit steeds meer en beter kan leer ken.

[10] Elke berg, elke vlakte met sy talle vrugte, elke rivier, alle verskillende, op allerlei wyse versierde grasse, plante, struike en bome getooi in al hulle skoonheid, en alle diere gee hulself immers tog stof genoeg om oor hulle ontstaan en bestaan na te gaan dink.

[11] As `n mens egter daaroor nadink, sal `n innerlike stem hom sê dat alles nie maar net so vanself en uit homself kon ontstaan nie, maar dat daar `n baie wyse, liefdevolle en almagtige Skepper moet wees wat dit alles geskape en georden het, wat dit nou nog steeds in stand hou en op `n steeds meer veredelde en volkomer wyse ewig verder in stand sal hou, omdat Hy dit sedert, vir die menseverstand, onvoorstelbare tye tot op hede onderhou het. 

[12] Wie vir homself so `n God en Skepper voorstel, moet tog ook wel `n steeds groot agting vir Hom en liefde tot Hom in homself wakker roep. As dit eenmaal daar is, begin die innerlike van die siel ook lewend te word in haar gees, wat toeneem namate die liefde tot God toeneem, watter toename makliker plaasvind omdat die liefdegees die siel steeds meer verlig waardeur sy steeds meer duidelikheid oor die wese van God kry. 

[13] Het `n mens op hierdie wyse die weg na God en dus tot die ware, ewige lewe gevind, dan kan hy dit uit naasteliefde ook aan sy naaste wys en hulle op die korrekte wyse lei, en daarvoor sal hy deur God met nog meer lig en wysheid begiftig word, en sy leerlinge sal hom liefhê en met al die nodige ondersteun.

[14] As julle dit vanaf die begin sou gedoen het - toe julle julle juis deur julle mentor, wat `n volgeling van Plato was, op `n baie goeie weg bevind het, - dan sou julle ons nou nie met julle Diogenes volledig die mond wou snoer nie; want dan sou julle self al van die lewe vervul gewees het. Maar julle Diogenes en julle heimlike, groot hoogmoed het julle heeltemal verander, en daarom sal julle nou julle innerlike lewe heeltemal van voor af aan volgens My gegewe leer moet gaan vorm. Met baie ywer en liefde sal julle weldra groot vordering maak; maar as julle eiesinnig wil bly, sal julle ook in julle innerlike dood bly. - Het julle dit goed verstaan?'

[15] Die priesteres sê: 'Ja, Heer en Leraar, dit was duidelik, en ek het die waarheid daarvan nou baie goed ingesien; maar vir `n enige, ware en almagtige God sou dit tog ook `n kleinigheid gewees het om die gees van ons afgestorwe mentor vir ons te laat verskyn, omdat hy ons dit, as die uiteindelike bewys van sy leer van die sielelewe, so dikwels baie nadruklik onder eed beloof het. As hy aan ons sou verskyn, sou dit die waarheid van sy leer vir ons bevestig en dan sal ons ook ons hele lewe daarvolgens inrig; maar noudat hy ons dit tot op hede steeds skuldig gebly het, is dit tog vanselfsprekend dat ons daardeur aan die waarheid van sy leer moes twyfel. Waarom verskyn hy dan nie aan ons nie?'

[16] Ek sê: 'Hy het sewe maal in julle drome verskyn en het julle steeds dieselfde rede opgegee waarom hy julle nie anders as in julle drome kon besoek nie. Waarom het julle hom dan nie geglo nie? Omdat julle, as knap dogters van `n opperpriester, reeds te ydel en te hoogmoedig geword het, en omdat julle teenoor julle brawe mentor reeds tydens sy lewe slegs meer gelag het as om met blye lewensywer na hom te geluister het! Julle siele het hulleself te vas begrawe in die vlees; daardeur het julle die sien van die geestelike noodsaaklike, uitstralende sfeer van die lewenseter verloor, waardeur dit vir die gees onmoontlik was om homself vir julle sigbaar te maak.

[17] Wie egter deur die oorvloed van sy innerlike lewe ook `n lewensatmosfeer buite sy liggaam kry, kan die siele van gestorwe mense sien en met hulle oor die belangrikste lewenstake onderhoude voer, wanneer en hoe dikwels hy maar wil. Maar daarvoor is daar vanselfsprekend `n innerlike, byna algehele lewensvervolmaking nodig. 

[18] Dink egter nou daaroor na, pleeg oorleg met julle mans, wat My leer reeds gekry het, en dan sal julle self wel tot `n korrekte besluit kom! As dit eenmaal gebeur het, sal ons vanaand nog wel iets daaraan toevoeg wat julle ietwat meer lig sal gee. 

[19] Die mense van hierdie aarde het die hoë bestemming om, soewereine kinders van God te word; daarom moet hy homself ook heeltemal selfstandig oefen en ontwikkel. - En nou is dit genoeg tot vanaand!'

[20] Toe sê die vroue niks meer nie, en Ek gaan met die leerlinge en huisgenote na buite.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205