Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Lasarus vertel die Romeine oor die Heer

184 Die Romein sê: 'Ek kan aan u sien dat u die waarheid praat en nie lieg nie, en ons verlange om die besondere Man persoonlik te leer ken het daardeur nog groter geword. As Hy egter ongetwyfeld so is soos beide van u vir ons met dieselfde woorde beskrywe het, dan sou Hy Hom selfs maklik teen die koning van die Judeërs kon opwerp. Want dan sou die mag van Sy wil tog al voldoende wees om ons Romeine weg te jaag en dit daarna ook so te reël dat daar in die vervolg nooit meer `n Romein in die land sou kom nie! Ons Romeine weet ook al sedert lank gelede dat alle Judeërs volgens die teks van hulle ou profete op `n groot koning wag. Uiteindelik kan dit wel eens so wees dat hulle langdurige hoop deur hierdie groot Man volledig vervul is, en dat ons Romeine op `n mooi môre daar deur Sy almagtige goddelike wil bliksemsnel uitgewerk sal word! Wat dink u daarvan?'

[2] Lasarus sê toe: 'Daarvoor hoef die Romeine beslis nooit as te nimmer bang voor te wees by Hom nie; want ten eerste is Hy `n groot vriend van die Romeine, en ten tweede moet die voorspelling van die ou profete so opgeneem word dat Hy in die verste verte nie van plan is om as Messias, wat nou na waarheid volgens die ou profesieë gekom het, `n aardse ryk op hierdie aarde te vestig nie, maar om `n geestelike ryk van liefde en ware wysheid van God te vestig vir alle mense van die aarde wat Sy leer oor God, oor Sy hemelryk en die ewige lewe van die siel na die liggaamlike dood aanneem en volgens Sy bekendgemaakte wil sal lewe en werk. Kyk, dit is Sy suiwere en ware bedoeling; maar van `n verdrywing van die Romeine uit die land is daar by Hom sekerlik nooit geen sprake nie!

[3] Ja, dat baie geestelik blinde Judeërs dit glo, kan ek sekerlik nie oor stry nie; maar sonder uitsondering beskou hulle ons groot Man nie daarvoor nie. En as Hy vir hulle sê dat Hy die Beloofde is, glo hulle Hom tog nie, ondanks alle wonderwerke wat Hy hulle laat sien, maar beskuldig Hom nog van godslastering, en noem Hom `n sabbatskender, en as dit nou moontlik sou wees, sou hulle die eerstes wees wat Hom sou doodmaak! Wat ek u hier sê is die volle waarheid, en u hoef in elk geval nie in die minste bang te wees dat Hy ooit die Judeërs van u Romeine sal bevry nie, eerder die teendeel!'

[4] Die Romein sê: 'Wel, in daardie geval kan hy maar eerder na Rome gaan; daar sal die mense hom beslis op die hande dra en verafgod! Wat doen so `n groot en unieke man by die bekende dom Judeërs, wat hulle as God se kinders beskou, maar in hulle denke, spraak en handel dommer is as die Skittieërs uit die noorde?!'

[5] Lasarus sê: 'As Hy dit in Sy ondeurgrondelike, diepe wysheid sou wou gehad het, sou Hy ook lankal in Rome gewees het! Wie sou Sy almagtige wil kon weerstaan?! Maar Hy sal wel weet waarom Hy vernaamlik maar net by ons Judeërs bly! Ons mense is almal te dom om vir Hom te kan sê: 'Heer, doen dit, of doen dat!'; want slegs Hy is waaragtig `n Heer in alle Wysheid en alle Mag. Wie kan Hom dan iets aanraai?!'

[6] Die Romein sê: 'Ja, in die geval sal daar moeilik met Hom te praat en te onderhandel wees! Nou, hoe dit ook al sy, ons sal Hom tog in `n hoë mate dankbaar wees as Hy ons slegs één keer waardig sou ag om Hom êrens te siene te kry! Ons sal egter goed weet om U beide te beloon as u ons op een af ander wyse die geleentheid sou gee om Hom te sien!'

[7] Lasarus sê: 'Dit sou baie ligsinnig van u wees! Want as ek en my herbergier hebsugtig sou wees, sou dit nie so moeilik wees om iemand oor te haal om teen goeie betaling hom aan u voor te doen as die groot Man nie; en as u hom sou vra of hy die groot wonderman was, sou hy u dan ook `n baie goeie en waar klinkende antwoord kon gee, - want ook daarvoor sou ons al vooraf kon sorg. Kyk, dit sou dus nie slim wees van u nie en sleg van ons! U sal Hom wel uit uself herken, sonder dat ons, om u klinkende beloning te verdien, aan u sou moes sê: Kyk, die of dit is Hy!'

[8] Toe die Romein die antwoord van Lasarus hoor, loof hy hom en prys hom as `n seldsame verstandige, eerbare man.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205